Op Moorreesburg, mooi Moorreesburg,
Waar die grane golwend waai, Lag die veldblom op die lande, Groei
die saad van boer gesaai. Kom voorwaarts, trou, slagvaardig, Ons
skool moet altyd groei, Met hand en voet, met hoof en hart, Tot
ongekende bloei. Laat Moorreesburg op ons trots wees, Al is ons
ook lank reeds weg. Bly net trou aan ideale Staan vir opgang en
vir reg.