AAN DIE STUUR
KOSHUISE
BRIEWE
Uit die
Hoof se
Kantoor

Top 10

Personeel
Kwartaal-
program
Kontak-
besonderhede
Aanwysings
Skoolkode
NUWE DIRKIE UYSERS
BUITEMUURS
ARGIEF
FOTO'S 2010
 

BEHEERLIGGAAM 2011

Voorsitter: Tertius Groenewald
Onder-Voorsitter asook Finansies: 

Leon Maree

Bemarking:  Kobus van Niekerk
Sport: Elré Schoeman
Personeel:  Bertie Verster
Infrastruktuur:  Samie Laubscher
Koshuis:  Hanna-Maré de Jongh
DUMA: Johan Cloete
Dissiplinêre Voorsitter: Tertius Groenewald
Skool:
Mnr D J Ross Skoolhoof
Mnr L Smit Opvoeder
Me T Brand Opvoeder
Jana Strydom SBL-personeel
Me M Weber Notulerende Sekretaresse
(gekoöpteer)
   

SKOOLBEHEERLIGGAAM

VOORSITTERSVERSLAG NOVEMBER 2011

Die jaar 2011 snel ten einde en dit is alweer tyd om ‘n oorsig te gee oor die werksaamhede van die Skoolbeheerliggaam van die Hoërskool Dirkie Uys. Dit was in baie opsigte ‘n moeilike jaar met vele probleme wat opgelos moes word, maar oor die algemeen was dit net ‘n plesier om die skool en sy ouers te dien. Gelukkig is daar ‘n lang vakansie wat voorlê waarin die meeste van ons die batterye weer kan herlaai.

Ek wil weereens almal wat hul vertroue in my gestel het, bedank. Dit sluit u as ouer, maar ook my mede beheerliggaam-lede en veral die onderwysers van hierdie spogskool in. Sonder my Hemelse Vader, my eggenote Hanette, my kinders en u almal, sou ek hierdie taak nie kon behartig nie en ek wil hiermee aan almal ‘n opregte woord van dank betuig.

Soos elke jaar, het 2011 ook weer sy kwota drama opgelewer, sy teleurstellings en hartseer gehad, maar gelukkig ook sy suksesse en vreugdes. Die SBL moes verskeie leerlinge dissiplinêr verhoor, maar gelukkig was nie een van die gevalle so ernstig dat enige leerders uit die skool gesit was nie.

Ek wil egter nie die negatiewe bespreek nie en my beperk tot die vele suksesse en mylpale wat bereik is. Interskole is altyd ‘n hoogtepunt in die skoolkalender en vanjaar was geen uitsondering nie. Ons was gelukkig om interskole vanjaar plaaslik aan te bied en dit was ‘n reuse sukses – nie net wat die uitslae aan betref nie, maar ook die bydrae van die ouers deur middel van die OOV en veral die gasvryheidstent vir die eregaste. Die pragtige gedrag van ons leerlinge, hul skooldrag en die gees op en langs die velde was opmerklik en die vertoning net voor die hoofwedstryd was skitterend.  Baie dankie aan almal wat meegewerk het. 

Die suksesse wat vanjaar behaal is, is te veel om op te noem. Die volgende staan egter uit.

  1. ‘n Nuwe skool sweetpak is ontwerp wat met die verloop van tyd infaseer word. Dit lyk werklik pragtig en is ‘n groot verbetering op die oue.
  2. ‘n Data projektor vir die EBW-klas is aangekoop.
  3. Twee netbal/tennisbane is herstel teen baie groot onkoste. Die Onderwysdepartement het geen bydrae gemaak nie.
  4. Lugversorgers is in die opslaanklasse geïnstalleer en ons sal die komende somer die werklike nut daarvan geniet. Die leerders hoef dus nie meer in die “sauna” onderrig te word nie.
  5. Die groot boom in die hoofvierkant het gevrek en ‘n groot risiko veroorsaak.  Die boom is afgesaag en daar sal eersdaags ‘n ander boom geplant word.
  6. ‘n Baie geslaagde looitjieprojek was geloods en ±R33 000.00 is ingesamel.  Die onkostes moet egter nog afgetrek word.  Baie dankie aan almal wat meegewerk het en veral die onderwysers wat met die administrasie opgesaal was.
  7. Soos die meeste van u seker al opgemerk het, is ‘n nuwe aankondigershok by die Gene Louw sportgronde opgerig. Dit het baie jare se smeek en soms dreig gekos tot die Swartland Munisipaliteit uiteindelik ingegee het en die nuwe hok staangemaak het.  ‘n Spesiale woord van dank aan Raadslid Marlene van Zyl.  Vandat ek haar persoonlik genader het, is die wiele uiteindelik aan die rol gesit.
  8. Tydens die jaarlikse prysuitdeling is sertifikate aan al die huidige personeellede van die skool oorhandig as ‘n blyk van waardering vir wat hulle vir ons kinders doen.
Vergun my weereens die geleentheid om die SBL lede te bedank vir hul ondankbare taak. Sonder julle sou ek nie my taak kon verrig nie.  Baie dankie dus aan Leon Maree, Bertie Verster, Samie Laubscher, Hanna-Maré De Jongh, Elré Schoeman, Jana Strydom, Kobus van Niekerk, Hanette Groenewald en ook die 3 onderwysers, Daneil Ross, Louwtjie Smit en Tianni Brand, asook die hoofleiers, Phillip Geldenhuys en Su-Mari Fourie.

Die 2 Sekretaresses, Tossie van Heerden en Marnelle Weber, wil ek in die besonder hartlik bedank vir hul toewyding en ywer. Ek val meestal ongereeld en onverwags by hulle in met SBL sake en word altyd vriendelik ontvang en gehelp. Ook ‘n besondere woord van dank aan Albie Koch en sy personeel wat die skool altyd skoon en netjies hou.

Die skool kan nie behoorlik funksioneer sonder die OOV nie. Feitlik alle fondsinsamelings word deur hulle behartig en sodoende klop die skool se begroting altyd, selfs in moeilike finansiële tye. Die OOV het pal ‘n tekort aan helpende hande, wat meebring dat die enkele ouers wat wel daarop dien, hulle self afsloof.  Aan Elna Faasen en haar span – ‘n besondere woord van dank.

Ek vertrou dat die Matrieks almal sal slaag, maar  so ook alle ander leerlinge. Vir almal wat hard gewerk het, sal die resultate dit weerspieël. Ek hoop en vertrou dat almal ‘n heerlike rustyd sal hê, lekker vakansie sal hou en volgende jaar weer uitgerus die nuwe jaar kan aanpak.  ‘n Baie geseënde Kerstyd word u toegebid en mag ons Hemelse Vader ons almal behoed en bewaar van onheil. Indien u op die pad gaan, ry versigtig, hou u mede padgebruikers goed dop en kom veilig by u bestemmings.

Kersgroete

Tertius Groenewald

Voorsitter : SBL