AAN DIE STUUR
KOSHUISE
BRIEWE
Uit die
Hoof se
Kantoor

Top 10

Personeel
Kwartaal-
program
Kontak-
besonderhede
Aanwysings
Skoolkode
NUWE DIRKIE UYSERS
BUITEMUURS
ARGIEF
FOTO'S 2010
 

Huis Môrelig Seunskoshuis

Boodskap van ons Hoofseun 2012


Dit is vir my as inwoner van Huis Môrelig 'n groot voorreg om as hoofseun gekies te kon word. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid wat na my kant toe gekom het en sal van die geleentheid gebruik maak om 'n hoofseun se werk tot die beste van my vermoë te doen.

Die koshuis is een ongelooflike plek om te wees en ek sal dit vir niks verruil nie. Ons is soos een groot familie en almal kom met almal oor die weg. Persoonlik dink ek dat almal maklik aanpas en vriende maak in die koshuis. Die koshuis is soos my eie huis en dit is een van die belangrikste aspekte in Huis Môrelig, dit moet vir jou soos 'n tuiste voel en wees.

In die koshuis toon ons respek vir ander en hul eiendom, want as jy ander respekteer sal ander jou respekteer. Almal is vriendelik met mekaar en geniet mekaar se geselskap, sonder vriendskap het jy niks.

Ek dink 2012 gaan 'n goeie jaar vol uitdagings wees vir ons almal. Ek weet ek en die ander prefekte sal alles in ons vermoë doen om die koshuis nog net 'n beter plek te maak vir alle inwoners. 2011 was 'n goeie jaar vir almal in die koshuis en ons mik in 2012 vir nog meer sukses.

Ek wil afsluit om te sê dat al die inwoners van Huis Môrelig mik altyd hoog met alles wat ons doen. Ons wys hart en ons is hard.

 

Weereens dankie vir die geleentheid.

JP Kotze

2012 Prefekte

 

 Kwartaalbrief 02/2011

Geagte Koshuisouers

Met al die vakansiedae en druk program was dit ‘n aangename kwartaal wat betref sport. Ons koshuismanne doen skitterend in hul onderskeie spanne. Dankie en lekker ontspan saam met jul ouers! Onthou, fiks bly.

Interskole-dans

Ons hou die naweek van die 20ste Augustus weer Interskole en die Vrydagaand van die 19de ‘n lekker Dans en Steakbraai. Ons sal dit opreg waardeer as u dit kan bywoon! Skakel asseblief vir Jana by 022-4331275 vir navrae! Onthou, ons doen dit vir ons seuns!

Akademie

Ek hoop van harte dat ons manne beter gevaar het gedurende die eksamen! Van hulle is maar baie lui en dink hul gaan punte op ‘n skinkbord kry. Met ekstra studietyd by die koshuis sowel as skool het, “ons al die perde by die krip gebring”! Hulle moet net ‘n slag “drink”!

Kamers – Verf

Baie dankie aan al die skenkings en aan Damon wat van die kamers so mooi geverf het. Dit lyk pragtig. As u nog ‘n kamer wil mooimaak, sê net!

Misbruik van selfone

Dit het onder my aandag gekom, dat van die leerlinge nie net hul selfone gebruik as ‘n kommunikasiemiddel nie! Vrye toegang tot die Internet, video’s wat geneem kan word en Mxit word misbruik om kwaad te stook. Groot asseblief! Praat met u seun oor selfoonetiket! As hy dit nie verantwoordelik kan doen nie, moet hy dit nie besit nie! Ons seuns beskou ‘n selfoon as ‘n status simbool. Help hul tog reg asseblief!

Personeel

Mev. Jana Strydom verlaat ons gedurende die 3de kwartaal. Baie dankie vir haar onbaatsugtige diens en voorvat by die koshuis. Ons is opreg dankbaar daarvoor. Sterkte ook by haar nuwe blyplek daar in die Oos-Transvaal!

Ek hoop u en u seun geniet die vakansie. Doen dinge saam en gee asseblief baie aandag. Hulle het dit nodig.

Ek dank u.

Mnr. A Truter

Die Superintendent

KWARTAALBRIEF 1/11

Geagte Ouer

Dankie dat u u seun in Huis Môrelig Seunskoshuis geplaas het. Die seuns het die lang kwartaal oorleef. Ons as ouers en onderwyspersoneel besef soms nie hoe baie druk op die manne geplaas word om te “perform” nie, akademies sowel as op die sportterrein.

Gun dus die manne ‘n ruskans en gee mekaar baie liefde en aandag. Net gou die volgende inligting.

Akademie

Van ons seuns het akademies baie goeie werk gelewer. Dankie manne. Van die nuwe inkomelinge sowel as van die Graad 12’s sal hul sokkies moet optrek en besef dat kindwees nie net oor lag en speel gaan nie. Hulle het ‘n plig teenoor hulself, u en die skool om akademies baie te verbeter. Kom manne, wys ons!

Opknap van kamers

Van ons kamers is reeds opgeknap en u is welkom om dit te kom besigtig. Dit lyk pragtig! Baie dankie aan die ouers wat reeds ‘n bydrae gelewer het en ook groot dank aan Mev Jana Strydom en Damon Willems wat voor gevat het met die reuse taak. Onthou ook dat nog borge benodig word! Skakel die matrone by die koshuis.

Naweekreëlings

Van ons seuns en ouers neem ons naweekreëlings nie ernstig op nie. Seuns skrik laat wakker en ouers maak beloftes om kinders te kom haal wat nie realiseer nie. Ek moet ten alle tye op hoogte wees van u seun se doen en late. Waar gaan hy bly? Het almal toestemming gegee? Dra u kennis van die reëlings? ens. Dis vir my baie belangrik dat daar ‘n oop kommunikasie lyn is tussen ons.

Sportdeelname

Ons het skitterende sportmanne in ons koshuis maar ook manne wat middae ledig rondlê en moeilikheid soek. Ai! Ek wil asseblief ‘n beroep doen op u as ouer om u seun aan te moedig om ten minste een somer- en een wintersport te doen. Verskonings soos geen toks of dis te koud, sal nie geduld word nie! Sport is soos voedsel vir die siel. Kom manne! Ek wil almal op die veld sien!

Finansies

Baie dankie aan ouers wat so getrou betaal. As u seun subsidie ontvang, moet u asseblief in gedagte hou dat u verantwoordelik gehou word vir die hele uitstaande saldo tot die beurs goedgekeur word. Reël asseblief betyds wanneer en hoe u  uitstaande bedrae gaan betaal! Maak ook asseblief seker dat u vir alle betalings kwitansies ontvang.

Personeel

Eerstens, baie dankie aan ons diensdoenende personeel vir hul bydrae. Ek weet dit is baie opofferings en baie reëlings om alles ingepas te kry. Nogmaals baie dankie. Dankie ook aan die koshuispersoneel vir hul getroue en goeie werk. Ek sien dit raak en waardeer dit. Laaste maar nie die minste nie aan Mnr Ross wat oorhoofs altyd maar die fort moet hou, baie dankie!

Ek sien uit na ‘n nuwe kwartaal met al sy sport en natuurlik, nuwe verwikkelinge.

Groete

Mnr A Truter
Die Superintendent
29/03/2011

Beplanning vir 2010

Dinsdag 12 Januarie

 - Alle prefekte moet teen 16h00 netjies in skooldrag geklee ingeskryf wees.

 - Jakobus ontvang die ouers en leerders by die deur.

 - Die prefekte sal die kamers aanwys.

- Alle koshuisgangers moet 17h00 ingeskryf wees.

 - Koshuisvergadering word gehou om 17h30, alle ouers en leerders moet

 teenwoordig wees.

 - Sap/ koffie en tee vir die ouers.

 - Die Gr 8 leerders gaan na die skool waar hulle saam met hulle ouers ‘n ete

 sal bywoon.

- Gr 8’s keer terug na koshuis

- 21h00 ietsie lekkers te ete! 

Vrydag 15 Januarie

Vrydagaand 15 Januarie 2010 is verpligte inwoning vir al die koshuisleerders. Die Gr 8 leerders sal vanaf die skoolkamp koshuis toe kom en ook die verpligte koshuiskamp die aand bywoon. Die doel van die kamp is sodat die leerders die kans kry om mekaar beter te leer ken en ook om goed tuis te raak in die koshuis. Ons be-oog ‘n lekker braai en kuier om die vuur die aand en versoek elke leerder om die volgende saam te bring:

Slaapsak, muskietafweermiddel, instrumente soos kitare ens, Bybel, pen en notaboekie. Hier is ‘n snoepie, so jy kan maar ‘n ekstra geldjie saambring! Die leerders kan Saterdagoggend na ‘n lekker ontbyt huistoe gaan!

Maandag 18 Januarie

-       Alle kosgangers moet die koshuislied ken

-       Die aand sal daar ‘n amptelike toets geskryf word oor die koshuisreëls soos in jou blou boekie uiteengesit.

-       80% is die slaagsyfer en ‘n toepaslike straf sal gegee word totdat die slaagsyfer bereik word.

Dinsdag 19 Januarie 

-       Oggend oefensessie vir die Gr 8’s

-       Middag na skool – watersport

Woensdag 20 Januarie

-       Oggend oefensessie

-       Middag – “ Huis Môrelig Fear Factor”

-        

Donderdag 21 Januarie

 -  Oggend oefensessie

   - Aand  - Verken die dorp.

-       Alle Gr 8’ s moet asseblief vir hulle ‘n langmouhemp, das, dik trui en “dummy” saambring op 12 Januarie.

-       Prefekte sal byname gee wat op ‘n bord om sy nek gedra moet word. 

Ons hoop jy sien uit na jou verblyf in 2010!

Groete

...........................

Mnr A Truter

Die Superintendent

25/11/09

Vooraansig van koshuis

Die koshuis het ook vir ontspanning 'n TV kamer, snoekerkamer en gimnasium