AAN DIE STUUR
KOSHUISE
BRIEWE
Uit die
Hoof se
Kantoor

Top 10

Personeel
Kwartaal-
program
Kontak-
besonderhede
Aanwysings
Skoolkode
NUWE DIRKIE UYSERS
BUITEMUURS
ARGIEF
FOTO'S 2010
 
RAAD VAN LEERDERS 2011

 

Leerlingraad vir 2012:

Du Toit Maree

Om 'n hoofleier van Hoërskool Dirkie Uys te wees is vir my 'n voorreg en ek sien daarna uit om die uitdaging in 2012 aan te pak.

'n Hoofleier se taak is om leiding te gee in vele aspekte en ek sal graag met nederigheid en regverdigheid die leiding wil gee an my medeleerlinge en VRL-lede.

As hoofleier van HDU sal dit my primêre doelwit wees om 'n ambassadeur vir ons skool te wees in woord en daad. Ek wil elke Dirkie Uyser uitnooi om betrokke te raak en om jul talente te gebruik en te ontwikkel om Hoërskool Dirkie Uys 'n spogskool te maak. Mag ons in 2012 fokus op verhoudings: respekteer mekaar, vertrou mekaar en gee werklik om vir mekaar.

Kom ons gebruik Mnr. Ross se aanhaling op sy blog, 25 Februarie 2011, om 'n sukses van 2012 te maak:

"Pak elke dag met geesdrif aan, 'n mens weet nooit waarheen dit sal lei nie."

Esna van der Merwe

Dit is werklik 'n groot voorreg om Hoofmeisie van Hoërskool Dirkie Uys te wees. Ek, as trotse Dirkie Uyser, strewe daarna om elke leerder te motiveer en te inspireer om 'n beter individu te wees waarby die skool kan baat. Ek glo dat HDU se personeel, VRL en leerders soos 'n eenheid kan saamwerk om die skool tot hoër hoogtes te neem in 2012.

"Champions keep on playing until they get it right."

Ek weet dat almal nie met middelmatigheid tevrede sal wees nie, maar dat ons elkeen sal streef na uitnemendheid en nie sal opgee totdat ons dit bereik het nie.