|
Omsendbriewe |
2010-04-19
Beste Ouer/Voog
Hierdie omsendskrywe handel oor:
1. Slaagvereistes
vir graad 9
2. Gemeenskaplike
take van assessering graad 9
3. Akademiese
versuim
4. Kwartaaldatums
1.
SLAAGVEREISTES GRAAD 9
1.1
Die Nasionale Beleid aangaande Assessering
en Kwalifikasies vir Skole in die AOO-band (Staatskoerant
Nr 29626 van 2007) bepaal die vereistes vir vordering in
graad 1-8, en bevordering in graad 9.
1.2
WKOD-omsendbrief 0030/2009 het genoem
dat die nuwe vorderings- en bevorderingsvereistes
wat bekendgemaak is in Omsendbrief 0018/2009 uitgestel sou
word tot 2010. Daar is ook genoem dat Staatskoerant 29626 in
die proses was om hersien te word.
1.3
Let asseblief daarop dat die huidige
vorderings- en bevorderingsvereistes, soos bepaal in Staatskoerant
Nr. 29626, in 2010 gebruik sal word.
2.
STAKING VAN DIE GEMEENSKAPLIKE TAKE
VIR ASSESSERING (GTA’s) IN GRAAD 9
3.
AKADEMIESE VERSUIM
3.1
Dit het onder my aandag gekom dat enkele leerders
- wat nie hul huiswerk volledig doen of take/aktiwiteite
nie ingelewer het nie - onderwysers se opdragte om die versuimklas
direk na skool by te woon blatant verontagsaam.
U sal verstaan
dat soortgelyke gedrag nie geduld kan word nie.
3.2
Hierdie
stelsel word gebruik om te verseker dat u kind op datum
is met sy of haar werk voordat daar met die volgende dag
se akademiese lading begin word.
3.3
Daar sal in die vervolg baie streng teenoor
hierdie leerders opgetree word.
4.
KWARTAALDATUMS
4.1
Die tweede kwartaal begin op Maandag 12 April 2010
en eindig op Woensdag 9 Junie.
4.2
U word as ouers gevra om hierdie datums te
eerbiedig. Die skool kan nie alternatiewe reëlings tref
om aan te pas by ouers se programme nie.
4.3
Om
maksimum akademiese tyd te benut sal die Junie-eksamen eindig op Woensdag 9 Junie 2010 en geen veranderinge of aanpassing sal
vir individuele leerders gemaak kan word nie.
Rapporte sal in die eerste week van die derde kwartaal
aan ouers gestuur word.
4.4
Die
wegbly van leerders in die laaste week van ‘n kwartaal is
‘n kommerwekkende verskynsel wat ook by ons skool voorkom.
Die vermorsing van hierdie akademiese tyd sal nie
verder toegelaat word nie en soortgelyke eksamens- en toetsprosedures(soos
met die Junie-eksamen) sal waar
moontlik in die toekoms tot in die laaste week van die
skoolkwartaal gevolg word.
Die HS Dirkie Uys is ‘n akademie-plus-skool
wat beteken dat akademie die belangrikste komponent in die
vorming van u kind is. Let op die minimum slaagvereistes waarna leerders
moet strewe op die agterste bladsy van Kwartaalbrief
1 aan die einde van die eerste kwartaal aan u gestuur. Bestudeer die akademiese handleiding wat
in harde kopie aan elke ouer gestuur is of die elektroniese
voorbeeld op die skool se webtuiste by www.dirkieuys.co.za
onder “akademie”.
Ek wens u en u kind alle sterkte toe met
sy of haar akademiese vordering hierdie kwartaal en nooi
u vriendelik uit om die onderskeie oueraande vir graad 8
en 9-12 by te woon. Kom
gesels gerus met u kind se onderwyser.
Groete
Daneil J. Ross
SKOOLHOOF
|
|