AAN DIE STUUR
KOSHUISE
BRIEWE

Top 10

ADMINISTRATIEF
Personeel
Kwartaal-
program
Kontak-
besonderhede
Aanwysings
Skoolkode
NUWE DIRKIE UYSERS
KULTUUR
ARGIEF
FOTO'S 2008
 

BUITEMUURS 2009

 

 

Boland Krieketraad het verlede naweek hul pette-funksie (capping function) gehou, waar verskeie Boland krieketspelers hul pette ontvang het.

 

Du Toit Maree ontvang sy pet van mnr. Angelo Cornelissen

 

 

 

 

 

 

 

Michael Harvie ontvang sy pet van mnr. Angelo Cornelissen

Hierdie leerders van Hoërskool Dirkie Uys is opgeneem in die Boland O.15-rugbyspan. Hulle is v.l.n.r. Thomas du Toit, Flippie Jacobs en Pierre du Preez.  By hulle is die skool se O.15-afrigter, mnr. Anton Volschenk, wat ook die afrigter was van die Wes-Boland O.15-span wat aan ‘n Elite-toernooi in Hermanus deelgeneem het.
Du toit Maree (links) en Michael Harvie (regs) van Hoërskool Dirkie Uys is opgeneem in die Boland O.17-krieketspan. By hulle op die foto is hul krieketafrigter, mnr. Johan Jacobs, , wat ook afrigter en keurder is van die Wes-Boland O.16-krieketspan.
HDU se top 3 akademiese sterre vanjaar  in gr. 12 saam met die skoolhoof, mnr. Daneil Ross, (v.l.n.r.) Annine van der Westhuizen (3e), Janice Farmer (2e) en Tienke du Toit (1e).

Du Toit Maree (links)  is aangewys as veelsydigste sportman. Hy het die Boland O.17-krieketspan verteenwoordig, speel vir die skool se eerste hokkie-, tennis- en krieketspanne, speel ook rugby  en neem deel aan atletiek en  gholf.

Claudia Rhoode is aangewys as veelsydigste sportvrou. Sy het Wes-Boland verteenwoordig in  atletiek, was deel van die Boland swemspan wat deelgeneem het aan die Wes-Kaap-gala, asook van die Wes-Kaap O.14-netbalspan wat in die SA-kampioenskappe ‘n goue medalje verower het. Vir laasgenoemde prestasie het Claudia ook die trofee verower vir die beste dogters-sportprestasie van die jaar.

OB van Rooy (regs) het die trofee verower vir die beste sportprestasie van die jaar deur ‘n seun. Hy het die Boland Akademiespan (rugby) verteenwoordig in Pretoria en het reeds 49 wedstryde vir die skool se eerste rugbyspan gespeel.

Anlea Rode het die trofee verower vir die beste musiekpresteerder. Sy het vanjaar 2 Unisa-eksamens met lof geslaag (gr. 3 in altviool en gr. 4 in viool). Sy het ook die toekenning verower vir die beste prestasie in beeldende en uitvoerende kunste. Sy was lid van die skoolkoor, Duma strykers ensemble, strykers trio en Duma-orkes wat by die Wes-Boland eisteddfod goue en cum laude toekennings verower het. Sy het ook by die Kaapse Afr. Eisteddfod goue toekennings verwerf vir strykinstrumente in romantiese en klassieke barok.

Die leerders verteenwoordig 47 streeks- en provinsiale sportkleure wat vanjaar verwerf is en vyf medaljes by Nasionale Kampioenskappe (4 brons en 1 goud).

Die gasspreker was Clinton van Rensburg, kaptein van die eerste rugbyspan van Hamiltons. Nasionale Klubkampioene vir 2009.

EISTEDDFOD 2009

1

Duma orkes

 

 

cum laude

2

Tienke du Toit

gr. 12

Afr. Lees

cum laude

trofee

3

Tienke du Toit

gr. 12

Eng. Voordrag

cum laude

4

Amelia vd Westhuyzen

gr. 11

klassieke kitaar

cum laude

5

Amelia vd Westhuyzen

gr. 11

trom solo

cum laude

6

Mariechen Kotzé

gr. 10

strykers trio

cum laude

7

Anlea Rode

gr. 8

strykers trio

cum laude

8

Chris Cloete

gr. 9

trom solo

cum laude

9

Melissa du Bois

gr. 8

sang

cum laude

10

Koor

 

 

goud

trofee

11

Duma orkes

 

 

goud

12

Danerice Blaauw

gr. 12

Afr. Lees

goud

13

Amelia vd Westhuyzen

gr. 11

trom solo

goud

14

Carin Koch

gr. 10

blokfluit solo

goud

15

Carin Koch

gr. 10

blokfluit ensemble

goud

16

Chris Cloete

gr. 9

trom solo

goud

17

Jóleen Martin

gr. 10

Sang

goud

18

Natanja Botes

gr. 8

Eng. Voordrag

goud

19

Strykers ensemble

 

 

goud

20

Tienke du Toit

gr. 12

Eng. Short story

silwer

21

Carin Koch

gr. 10

blokfluit solo

silwer

22

Elné van Niekerk

gr. 10

fluit solo

silwer

23

Elné van Niekerk

gr. 10

trio fluit

silwer

24

Lezandri v Molendorff

gr. 10

sang

silwer

25

Jason Alkaster

gr. 9

viool duet

silwer

26

Jasmine Lewis

gr. 8

Afr. Voordrag

silwer

27

Natanja Botes

gr. 8

Afr. Voordrag

silwer

28

Wihan Kitshoff

gr. 8

Afr. Lees

silwer

29

Belinda Faasen

gr. 10

Afr. Opstel

brons

30

Heinrich Eksteen

gr. 12

Eng. Opstel

brons

31

Jasmine Lewis

gr. 8

Eng. Lees

brons

32

Jóleen Martin

gr. 10

Skryf: Poësie

brons

33

Marli Coetzer

gr. 9

klavier solo

brons

Die tweede tennisspan van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg was die afgelope seisoen die Wes-Boland liga-wenners.

Op die foto is voor v.l.n.r Mariechen Kotzé,  mev. H Maree (afrigter), Esna vd Merwe.

Agter:  Tomé Rossouw, Lise-Marié Laubscher, Elné van Niekerk.

Vyf leerders van Hoërskool Dirkie Uys was deel van ‘n groep van 12 Suid-Afrikaners wat saam met 19 ander lande die Eurokamp in Duitsland (Guntersberge) bygewoon het van
9 – 19 Julie.

Die Suid-Afrikaanse groep was gesellig, entoesiasties en het gewys dat hulle trots is op hul land. By die amptelike opening was hul Afrika-danspassies ‘n wenner. Hulle het ‘n vol program gehad met verskillende aktiwiteite en besoeke aan interessante plekke. By die sokkies (danse) is Afrikaanse musiek soos Loslappie en Kaptein van Kurt Darren so geniet, dat almal teen die einde van die kamp Loslappie hartlik kon saamsing.

Esna van der Merwe was genooi om Suid-Afrika te verteenwoordig by die kinderwêreldraad. Sy moes by vergaderings insette lewer oor die veiligheid, opvoeding en regte van kinders in haar land. Sy kon in die Magdeburg-parlement vrae aan politici stel. Sy het ook “huiswerk” gekry: ‘n projek waaraan sy die res van die jaar moet werk.

Dit was vir die Dirkie Uysers ‘n geleentheid om ander lande se kultuur te leer ken, baie nuwe vriende te maak en ‘n wonderlike lewenservaring wat hulle nooit sal vergeet nie.

Op die foto is v.l.n.r. Ralph Rabbets, Kim de Bruyn, Esna van der Merwe en Anrich Losper. (afwesig: Marli Coetzer)

Clayton Mentoor, gr. 11 leerder van HDU, het uitstekend gevaar in vanjaar se Absa Wêreldkennis-olimpiade. Hy het in die gr.  11-groep tweede plek behaal in die Wes-Kaap en derde plek nasionaal. Hiermee het hy ook ‘n R1 000 prysgeld losgeslaan.
OB van Rooy van Hoërskool Dirkie Uys is gekies vir die Boland O.18-Akademiespan wat van 28 Junie tot 2 Julie aan die SARU-Akademieweek in Pretoria gaan deelneem.
HDU se personeel het aangetrek soos skoliere vir 'n Civvi-dag
Drie van Hoërskool Dirkie Uys se netbalspeelsters is in die finale provinsiale spanne wat van 5-9Julie aan ‘n SA.-netbaltoernooi in Boksburg gaan deelneem. Claudia Rhoode (middel) is in die O.14-Wes-Kaapspan en Jeane-Maré Carstens (links) en Kelly Fatagodien is in die finale Boland O.16A-span opgeneem.
Hierdie netbalspeelsters van HDU is almal opgeneem in die Wes-Bolandspanne. Op foto v.l.n.r. voor: Alicia van Rooy, Melissa Steyn, Elche Schoeman, Hannemie de Jongh, Jeane-Maré Carstens, Mariechen Kotzé. Middel: Su-Mari Fourie, Ceaneth van Rooy, Hilmarie van der Ross, Jo-Ann Willemse, Kelly Fatagodien. Agter: Arné Kotze, Esna van der Merwe, Johanel Hugo, Claudia Rhoode.
HDU se Wes-Boland-rugbyspelers is  v.l.n.r. voor:  André Wesson, Bradwell van der Merwe en OB van Rooy.  Agter:  Dirk Kotzé en Jason Kriel.
Hierdie leerders van HDU is opgeneem in die Boland-netbalspanne – v.l.n.r voor Kelly Fatagodien en Jeanne-Maré Carstens; agter Elche Schoeman, Claudia Rhoode en Hannemie de Jongh.
HDU leerders in die Boland-skaakspan is voor v.l.n.r. Belinda Faasen en Helena Conradie; agter Wade Hosking en Wian van Schalkwyk
'n Muntlegging is deur die leerders gehou om fondse in te samel vir kinders wat honger lei.
Drie leerders van Hoërskool Dirkie Uys het deurgedring na die finale rondte van 6 finaliste in ‘n Toptienerkok-kompetisie wat deur die VLV van Piketberg gereël word. Hulle gaan Donderdag sake uitkook om ‘n wenner aan te wys.

Op die foto is v.l.n.r. Lismé Koch, Mariechen Kotzé, mev. Ronel Henning (Verbruikerstudie-onderwyseres) en Chamoné Wendzich

Johanel Hugo en Elrique Heynes is twee O.19-hoogspringatlete van Hoërskool Dirkie Uys wat onder die bekwame leiding van hul afrigter, mev. Lottie van der Westhuizen, al groot hoogtes bereik het. Albei is vanjaar in die Bolandspan opgeneem en by die Wes-Kaap-byeenkoms het Johanel eerste plek en Elrique vierde plek behaal.

Dit is vanjaar die negende agtereenvolgende jaar (sedert gr. 4) dat Johanel in die Bolandspan is. Dit is ook die sewende keer dat sy deurdring na die SA-byeenkoms, waar sy al ‘n brons, 2 keer silwer en ‘n goue medalje verower het.

Elrique is vanjaar vir die sesde agtereenvolgende jaar in die Bolandspan en het sy tweede goue medalje by ‘n Bolandbyeenkoms gewen.

Op die foto is v.l.n.r. Elrique Heynes, mev. Lottie van der Westhuizen (afrigter) en Johanel Hugo.

Michael Harvie, krieketspeler van Hoërskool Dirkie Uys, het deurgedring na die finale Boland krieketproewe.
Sparks Esterhuyzen het 'n motiveringspraatjie vir die seuns van HDU aangebied. Hier is hy saam met Barend Brand (links) en André Wesson voor die verrigtinge begin het.
Jacquelene Meyer (gr. 11) is aangewys as HDU se mej. Valentine en Dane Elsdon, 'n nuwe gr. 12-leerder en inwoner van die seunskoshuis, is mnr. Valentine.
Francisco Adams, kaptein van Hoërskool Dirkie Uys se krieketspan, het 'n skitterende vertoning gelewer in 'n spannende wedstryd teen Hoërskool Hottentots-Holland. Hy het 90 lopies n.u.n aangeteken en 3 paaltjies geneem vir 19 lopies. Die wedstryd het gelykop geëindig nadat Michael Harvie met die eerste bal van die laaste boulbeurt HHH se laaste man uitgehaal het. Op die foto is Francisco saam met die afrigter, mnr. Johan Jacobs.
Dieter Kotzé, vorige hoofseun van HDU, is aan die einde van verlede jaar in die O.19-Boland krieketspan opgeneem. Hier is hy saam met die hoof, mnr. Daneil Ross.
Hierdie atlete van Hoërskool Dirkie Uys is opgeneem in die Wes-Boland-atletiekspan - agter v.l..n.r. Jeane-Maré Carstens, Lilanie Steyn, Thomas du Toit, Claudia Rhoode, John-Lee Persens, Elche Schoeman. Voor v.l.n.r. Ceaneth van Rooy, OB van Rooy, Elrique Heynes, Johanel Hugo, Monica Loubser.

Leerders van HDU wat by die Swartland atletiekbyeenkoms eerste plekke behaal het.

Voor v.l.n.r. Monica Loubser, OB van Rooy,  Alicia van Rooy,  Ceaneth van Rooy, Elrique Heynes, Jeane-Maré Carstens, Thomas du Toit (wat die rekords in O.14 Diskus met 4m verbeter het en in gewigstoot met 1,6m).

Agter v.l.n.r. Lilanie Steyn, Claudia Rhoode,  André Wesson,  Sonja Kruger.

Philip en Janine Gillespie (broer en suster) is by HDU se swemgala aangewys as snr. victor en victrix lodorum. Philip het in 7 van die 8 items waaraan hy deelgeneem het die rekords verbeter. Janine het die rekord in 25m rugslag (DO.16) verbeter.

Claudia Rhoode is by HDU se swemgala aangewys as jnr. victrix lodorum. Sy het 4 rekords in hierdie byeenkoms verbeter. 

 

 

Die jnr. victor lodorum is Junior Fourie, op die foto saam met mnr. Ross, skoolhoof.

Die goues se leiers is v.l.n.r. Jacquelene Meyer, Ceaneth van Rooy, OB van Rooy en André Wesson.

Goud het die byeenkoms gewen - beker vir meeste punte.

Blouspan se dansers. Hulle het die beker vir die beste optog en sang gewen.
Blouspan se kapteins, onderkapteins en gelukbringers.  V.l.n.r. Monica Loubser, Johanel Hugo, Elrique Heynes en Barend Brand.