HUIS
BOTHA
Geagte
Ouer / voog 8 Desember 2010
Ons
gee graag die volgende inligting aan u deur:
Losiesgelde:
Die
losiesgelde vir 2011 beloop
R 2 600 per kwartaal. Dit
is vooruitbetaalbaar by aanvang van elke kwartaal. Enige afwykings
hiervan moet skriftelik met die Superintendent getref word.
Aansoek om losiesbeurse van die WKOD moet op die voorgeskrewe formaat
voor die einde van Januarie 2011 ingedien word by die Superintendent.
LW.
Vanaf 2011 word daar op die eerste dag van die skooljaar en by
toelating, vir nuwe leerders, ‘n
verpligte bedrag / deposito van
R 500 vereis.
Klere en persoonlike besittings:
U
word vriendelik versoek om te verseker dat alle klere, handdoeke
en persoonlike besittings met onuitwisbare ink gemerk moet wees,
selfs al was die koshuis nie u kind se wasgoed nie. Dit moet alles
te alle tye in die kas toegesluit wees. Gebruik liefs
nommerslotte.
Beltye:
Daar
word ‘n beroep gedoen op alle geliefdes om asb. by die beltye
te hou. Dit is baie steurend vir die res van die leerders as daar
buitenstyds gebel word. In noodgevalle kan
die Superintendent by 022 433 1219 te alle tye geskakel word.
Die ander telefone se nommers is: 022 433 3983,
022 433 3981 en 022 433 3996. Die beleid vir selfone is
dieselfde. Indien ‘n selfoon buitenstyds gebruik word, selfs SMS
‘e, word dit afgeneem vir ‘n tydperk. Beltye
is buite studie en etenstyd.
Netheid van kamers:
Onderhoud
aan die koshuis jaag ons duisende rande uit die sak. Kamers word
tans teen groot koste skoongemaak en opgeknap. Leerders kry dus
‘n skoon kamer met die aanvang van 2011. Moedswillige beskadiging
van eiendom en vuil mors van die nuut geverfde mure sal daartoe
lei dat kosgangers van die betrokke kamer daarvoor verantwoordelik
gehou word. Hulle sal dus die herstelkoste dra.
Koshuisprefekte vir 2011:
Die
koshuisprefekte vir 2010 is: Hoofdogter
– Andri de Villiers;
Onder
– Hoofdogter – Janita Visser
Prefekte-
Katriena le Fleur
Baie
geluk en sterkte aan hierdie dogters.
Aanvang: 2011:
Die
koshuis sal vanaf 17 Januarie om 08:00 oop wees. U kan dus dan die kind kom “intrek”. Ruim gerus
tyd in om ‘n koppie tee saam met ons te geniet.
Algemeen:
Ons
wil langs hierdie weg vir elke ouer bedank vir goeie samewerking
en ondersteuning tydens 2010. Dankie vir die ondersteuning aan
u kind(ers). Dankie vir die opofferinge wat u maak ter wille van
u kinders. U word ‘n aangename feesseisoen saam met u kinders
toegewens. Geniet u kinders tuis!
Vriendelike
groete
Die
uwe
A
Lamprecht
Superintendent.