

Op Moorreesburg, mooi Moorreesburg,
Waar die grane golwend waai,
Lag die veldblom op die lande,
Groei die saad van boer gesaai.
Kom voorwaarts, trou, slagvaardig,
Ons skool moet altyd groei,
Met hand en voet, met hoof en hart,
Tot ongekende bloei.
Laat Moorreesburg op ons trots wees,
Al is ons ook lank reeds weg.
Bly net trou aan ideale
Staan vir opgang en vir reg.
- Om ‘n christelike, positiewe, veilige en gelukkige leeromgewing te skep;
- waar alle leerders sukses, waardes, vriendskap en trots sal ontwikkel;
- waar leerders die diverse talente en kulturele agtergrond van elke leerder sal respekteer;
- hul volle potensiaal sal bereik;
- en sal strewe om as verantwoordelike jong burgers ‘n positiewe bydrae tot die groei en ontwikkeling van Suid-Afrika te lewer.
HOËRSKOOL DIRKIE UYS ONTVANG 'N TOEKENNING VIR ALGEHELE VERBETERING IN AKADEMIESE PRESTASIE: GRAAD 9
Dit is vir skole met 'n leerdertal van minder as 600
Dankie aan al ons borge wat deur die jaar by ons staan op vele vlakke. Ons is trots op ons Tiere vriende!!
Hoërskool Dirkie Uys
Posbus 212
Moorreesburg
7310
Tel. (022) 433 2253
Faks (022) 433 3901
E-pos: ontvangs@dirkieuys.co.za