Akademie

WES-KAAP NETBAL 2018

Hierdie netbalspelers van Hoërskool Dirkie Uys is gekies vir die Wes-Kaap netbalspanne wat aan die SA-netbaltoernooi gaan deelneem: Nienke Smit (0.14), Sydney Crow (0.18),  Tracy Swarts(0.16) en Amy vd Westhuizen (0.16).


Trampoline Distrik Kompetisie 2018

Sandri Steyn het vir Level 1 met Black Trasmpoline, ‘n brons lint gekry en vir Mini Trampoline Level 1, ‘n goue lint. Sy het die Distrik span gemaak vir beide en gaan haar distrik die 21ste Junie 2018 by die South Zone Trails verteenwoordig.

Marné van Schalkwyk het met Blacktop ‘n goue lint en vir Mini Trampoline ook ‘n goue lint. Sy het beide die Distrik span en die Weskus Distrik span gehaal en verteenwoordig hulle by die South  Zone Trails 21 Junie 2018.

FUNDURO

JEUGSKOU KAMPIOENSKAP 2018

Vier leerders het 20 en 21 Maart deelgeneem aan die WP Jeugskou-Kampioenskappe wat in George gehou is.
Christiaan Eksteen in graad 8 neem deel in die Junior Wolskaapafdeling.
Hy kom eerste met skouman en na sy toets-, was- en voorbereidingspunte bygetel is, word hy aangewys as die Junior Wolskaapkampioen van WP.

Helize Dippenaar in graad 9, Pierre van Heerden en Pieter Fourie, beide graad 10, neem deel aan die Senior Wolskaapafdeling. Met skouman behaal hulle die volgende plekke: Pierre van Heerden 5 de, Helize Dippenaar 3 de en Pieter Fourie eerste.
Na die toets-, was- en voorbereidingspunte bygetel is, word Pieter Fourie aangewys as die Senior Wolskaap Kampioen van die WP, met Helize Dippenaar in 2 de plek en Pierre van Heerden 4 de.
Christiaan, Pieter en Helize word opgeneem in die WP span wat in Oktober aan die Nasionale Jeugskou-Kampioenskappe in George gaan deelneem.

Breadcrumbs