Akademie

Huis Morelig

Huis Môrelig Seunskoshuis

 

Boodskap van ons Hoofseun 2017: Ruan Louw 

Dit is vir my, as jare lange inwoner van Huis Môrelig Seunskoshuis, ‘n ongelooflike groot voorreg om as hoofseun gekies te kon word. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat na my kant toe gekom het. Dankie aan almal wat my ondersteun. Sonder God en julle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Die koshuis is die wonderlikste plek om te kan bly en ek sal dit vir niks verruil nie. Die lewe in die koshuis kan baie opwindend wees. Dit is die ideale plek waar jy tot op jou mees potensiële vlak kan presteer. Huis Môrelig is ‘n tuiste waar ons almal mekaar bystaan, mekaar se belange op die hart dra en waar ons herinneringe skep.

Vir die leerders wat saam met my gaan deel maak van 2017, wil ek vra dat ons 2017 ‘n suksesvolle jaar sal maak. En dat ons elke geleentheid wat oor ons pad kom sal aangryp. Ek vertrou dat ek en my mede-prefekte dit die beste jaar vir julle sal maak.

Ons wag vir julle met ope arms. Kom raak gerus deel van die koshuis-familie, sodat julle ook sal sê: in Huis Môrelig wil ek graag bly, dis die koshuis net vir my.

 

2017 Prefekte

 

 


Agter van links: Deon-Thys Smit en Nesher Piek

Voor van links: Ruben Booysen en Ruan Louw


 







Huis Botha

Huis Botha Meisiekoshuis

  

 2017 Prefekte


Boodskap van die hoofdogters:

Lené Mostert

 

 

Huis Botha het elf jaar gelede my tweede huis geword. As Laerskool dag-leerder het die dissipline en roetine van die dogterskoshuis my begin vorm.

 

Elkeen betrokke by ‘n koshuis weet dat die afwesigheid van ouers jou ongelooflik vinnig leer om selfstandig te wees. Ons meisies word dus baie vinnig ‘n hegte familie en koester elke vriendskap wat vorm.

 

Dit is ons visie om ‘n onblusbare trots vir Huis Botha in elke dogter aan te spoor. Mag elkeen wat hierdie trots in ons ervaar dit as ‘n getuigskrif vir die dogterskoshuis sien!

 

Dankie vir die vertroue in my en die prefek-span. Ons gaan regtig probeer om ons visie in ‘n werklikheid te verander en ons inwoner getalle te vermeerder soos dit was in die verlede. Dit alles, met die krag wat ons Vader ons gee, gaan ons 2017 ‘n ongelooflike jaar van opwinding maak.


Breadcrumbs