Akademie

Personeel

 

HS Dirkie Uys personeel 2019

 

PERSONEEL

VRL

2019

VRL 2019

 

HOOFLEIERS VIR 2019

 

Boodskap van die Hoofdogter 

Boodskap van die Hoofseun 

Lisa Coetzee

 

Graag bring ek eer aan diegene wat ‘n groot impak op my groei as mens gehad het en wat nog steeds sal hê: aan my Hemelse Vader in wie se beskerming ek leef en ontwikkel; aan my ouers vir hulle opvoeding en voorbeeld; aan Hoërskool Dirkie Uys se onderwysers vir hulle insette in my menswees en laastens aan die mede leerders van Hoërskool Dirkie Uys wat elke tree saam met my loop.
Dirkie Uys is ‘n klein plattelandse skool. Hier is ons soos ‘n familie. Dankie vir die groot voorreg om verkies te wees as hoofmeisie vir 2019.
Baie dankie aan my mede VRL-lede vir die vertroue wat julle in my stel. Saam as span, kan ons net suksesvol wees.
My visie vir 2019 is dat elke leerder op akademiese-, sport- en kultuurgebied net sy beste sal gee, dat elke leerder en opvoeder mekaar sal respekteer en ondersteun, dat die waardes van die skool elke leerder se persoonlike waardes sal wees en dat ons skool dus regtig bekend sal staan as ‘n waardegedrewe skool.
“In our school, we do Teamwork, we do Respect, we do Help, we do Laughter, we do Friendship, we Communicate and Listen, we do Motivation. Together we do great things.”
Baie dankie

 

Louwrens Smit

 

Ek het van kleins af altyd opgekyk na die hoofleiers van Hoërskool Dirkie Uys en hulle gesien as my rolmodelle. Daarom is dit vir my ‘n reuse voorreg om hoofseun te wees.
Ek was nog altyd ‘n trotse Dirkie Uyser en het ‘n groot passie vir die Tiere.

As hoofseun sal ek probeer om ‘n voorbeeld vir ander te wees en aan te hou om met integriteit te leef. Ek sal alles in my vermoë doen om die skool se naam hoog te hou en die Tiere as ‘n familie saam te bind.

Dankie vir die onderwysers wat elkeen ‘n impak op my lewe gemaak het. Dankie vir die VRL wat die kans vir my gegee het en in my vermoë glo. Dankie vir my ma en pa wat my na die beste van hul vermoë grootgemaak het en nog altyd 100% agter my staan.

Laastens, baie dankie aan my Hemelse Pappa wat in beheer is van my lewe en die hoofrede is waarom ek vanaand hier staan. Ek is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en sien uit om dit saam met die skool en gemeenskap aan te pak.

“Leadership is not a position or a title, it is action and example.”

 

HOOFLEIERS 2019

Hoof en onderhoof leiers 2019

 

VRL VOORSITTER EN ONDER-VOORSITTER 2019

Kern VRL hoofleiers 2019

Beheerliggaam

2018


Voorsitter:                                        Mnr A de Waal

Onder-voorsitter:                             Mnr W Markus

Mev Francette Basson
Mev Annalie Bester
Mnr Hennie Bester
Ds Gerhard Louw
Mnr Johan Mostert
Mnr Louwtjie Smit
Mev Tianni Brand
Me Marie Rossouw

Breadcrumbs