Boland 0/17 Krieket 2018

Heinrich Dippenaar en Matthew Somers is gekies vir die Boland 0.17 Krieketgroep.

Trinity Praktiese Musiekeksamen 2018

Marcéll Crous het haar Graad 6 Trinity Praktiese Musiekeksamen geslaag.

Wes-Kaap gimnastiek 2018

Marné van Schalkwyk is gekies vir die span wat van 1-2 Oktober 2018 aan SAGF Gym Games gaan deelneem in Gauteng. Sy doen twee items - Trampolien en tuimel.

South African Western Mounted Games 2018

Anneke het dubbele WP-kleure ontvang vir South African Western Mounted Games. Met Kolbooi het sy 4de gekom in die provinsie in Level 3 (Level 4 is die vinnigste in die land) en met Angel het sy 1ste gekom in Level 3. Sy rig haarself af. Die sport is gebaseer op die Kanadese Gymkana en het 12 items waaraan jy deelneem. Elke item ry jy 2 keer en dan neem hulle jou vinnigste en akkuraatste tyd. Anneke neem deel in Parys in die Vrystaat van 23 September to 1 Oktober 2018 aan die nasionale byeenkoms.

WES-BOLAND EISTEDDFOD 2018

Hierdie leerders van Hoërskool Dirkie Uys het almal by die Wes-Boland eisteddfod cum laude behaal vir voordrag en onvoorbereide lees. Voor: Christiaan Bester (vir 2 items), Franzel Basson (2). Middel: Judy Swarts, Jana de Waal (3), Anoshke Jansen, Bianca Engelbrecht. Agter: Luhzé Puren (2), Nesher Piek (2), Pierre van Heerden, Carla Bester (2).

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH TOP 100 VOEDERSKOLE

RUGBYPROEWE 2018

Bradley Danster en Ashwell van der Merwe aan die finale Boland rugbyproewe deelgeneem.

WES-KAAP NETBAL 2018

Hierdie netbalspelers van Hoërskool Dirkie Uys is gekies vir die Wes-Kaap netbalspanne wat aan die SA-netbaltoernooi gaan deelneem: Nienke Smit (0.14), Sydney Crow (0.18),  Tracy Swarts(0.16) en Amy vd Westhuizen (0.16).


Trampoline Distrik Kompetisie 2018

Sandri Steyn het vir Level 1 met Black Trasmpoline, ‘n brons lint gekry en vir Mini Trampoline Level 1, ‘n goue lint. Sy het die Distrik span gemaak vir beide en gaan haar distrik die 21ste Junie 2018 by die South Zone Trails verteenwoordig.

Marné van Schalkwyk het met Blacktop ‘n goue lint en vir Mini Trampoline ook ‘n goue lint. Sy het beide die Distrik span en die Weskus Distrik span gehaal en verteenwoordig hulle by die South  Zone Trails 21 Junie 2018.

FUNDURO

JEUGSKOU KAMPIOENSKAP 2018

Vier leerders het 20 en 21 Maart deelgeneem aan die WP Jeugskou-Kampioenskappe wat in George gehou is.
Christiaan Eksteen in graad 8 neem deel in die Junior Wolskaapafdeling.
Hy kom eerste met skouman en na sy toets-, was- en voorbereidingspunte bygetel is, word hy aangewys as die Junior Wolskaapkampioen van WP.

Helize Dippenaar in graad 9, Pierre van Heerden en Pieter Fourie, beide graad 10, neem deel aan die Senior Wolskaapafdeling. Met skouman behaal hulle die volgende plekke: Pierre van Heerden 5 de, Helize Dippenaar 3 de en Pieter Fourie eerste.
Na die toets-, was- en voorbereidingspunte bygetel is, word Pieter Fourie aangewys as die Senior Wolskaap Kampioen van die WP, met Helize Dippenaar in 2 de plek en Pierre van Heerden 4 de.
Christiaan, Pieter en Helize word opgeneem in die WP span wat in Oktober aan die Nasionale Jeugskou-Kampioenskappe in George gaan deelneem.

Breadcrumbs