NETBAL: Weskus Topskole Kampioene

Die top netbalskole in die Wes-Boland en Noordwes-Boland het op 1 Mei aan ‘n kompetisie deelgeneem om die Topspanne in die WESKUS aan te wys.  Dirkie Uys se 0.19A-span het die kompetisie gewen en neem nou op 6 Junie aan die Wes-Kaap Topskole-kompetisie deel.  Dirkie Uys het vir Vredendal met 33 – 21,  Porterville 34 – 17 en Augsburg 42 – 20 gewen.  Hoërskool Dirkie Uys se 0.14A- en 0.16A-span het albei tweede in hierdie kompetisie geeïndig.

Breadcrumbs