Jeugskou: Weskaap streek

Saterdag 5 Maart 2016 het ‘n groepie skoumanne aan ‘n kwalifiserende Weskaap Streekskou deelgeneem op Swellendam.  Sowat 110 Skoumanne van die Wes-Kaap Streek het die dag bygewoon.  In die Junior Wolskaap Vertoonklas neem die Swartlandstreek (HDU),  drie van die top 5 plasings tussen skoumanne van Oakdale en Augsburg Landbouskole.

Junior Wolskaap Skoumanne:

1ste Plasing – Pieter Fourie, graad 8

3de Plasing – Pierre van Heerden, graad 8

5de Plasing – Hannes Mostert, graad 8

Senior Wolskaap Skoumanne:

In die Senior Wolskaap Vertoonklas neem die twee meisies deel teen Oakdale en Augsburg Landbouskole en Swartlandstreek (HDU) neem twee van die top 3 plasings in baie strawwe kompetisie.

2de Suzanne Kotze, graad 10

3de Lené Mostert, graad 11

PERDRY

Anneke Steyn het ook deelgeneem aan Swellendam se Jeugskou.  Sy het 1ste plek gekry in die Junior perde-afdeling.

Breadcrumbs