SA Skole Tennis 2016

Corin de Waal is gekies vir die O.17-tennisspan wat in Junie in Engeland gaan deelneem. Corin het gedurende die vakansie aan verskeie tennistoernooie deelgeneem. 

Sy was naaswenner in die dubbelsfinaal in die NWU Pukke ITF tennistoernooi in Potchefstroom. 

Sy het as 7e gekeurde vir die SA O.16-span aan die African Cup toernooi deelgeneem en derde geëindig in die enkels. 

Sy was ook die wenner van die O.16 dubbels en gemengde dubbels in die SA Junior nasionale toernooi in Bloemfontein.

Sy het ook saam met haar suster, Lenka, vir die Boland O.19-span deelgeneem aan die SA Skole interprovinsiale toernooi in Pretoria, waar Boland derde geëindig het.

Breadcrumbs