Boland tennis en ander

Reinhardt Erwee speel vir Boland O/18 en Ané de Waal vir Boland O/15.  Die Bolandspan wen beide hierdie kragmetings gemaklik!



Corin het deelgeneem aan die NWU Pukke ITF 2-tennis-toernooi in Potchefstroom en speel in haar eerste ITF-dubbelsfinaal.  Sy en haar maat is die naaswenners.

Daarna neem Corin deel vir SA se O/16A-span deel aan die African Cup-toernooi wat in Pretoria deur SA-tennis aangebied word.  29 Afrika-lande neem deel en slegs die beste 32 spelers in Afrika in die O/14– en O/16-ouderdomsgroepe neem deel.  Corin is 7de gekeur vir die toernooi en eindig derde in die enkels.

Corin neem ook deel ana die SA Junior Nasionale toernooi in Bloemfontein waar sy die wenner is van die O/16-dubbels– en gemengde dubbels.

Daarna is Corin terug na Pretoria om deel te neem aan die SA Skole Interpro.  Boland se O/19-span, waarvan Lenka de Waal ook lid is, eindig derde uit 16 provinsies.  Corin word gekies vir die SA Skole O/17-span wat in Junie na Engeland toer. 

Breadcrumbs