Gerrie Berner Tennis 2016

Die Gerrie Berner Dubbelstoernooi word aangebied deur Hoërskool Dirkie Uys.  Ag spanne van oor die hele Wes-Kaap neem deel. Hoërskool Dirkie Uys en Hoërskool Hugenote het in die finaal gespeel.  Dirkie Uys het hierdie kragmeting met 15 – 12 gewen.  In Dirkie Uys se ander wedstryde het hulle Hoërskool DF Malan met 23 – 4,  Hoërskool Bredasdorp met 26 – 0 en Somerset College met 22 – 5 gewen.  Hoërskool Durbanville het in die derde plek geeindig.

V.l.n.r. Ané en Corin de Waal, Martine Scott, Suzanne Kotzé, Gizelle Kitshoff, Francis van Heerden. Agter: Marnus Kitshoff, Reinhardt Erwee, Christiaan Hanekom, Nicol Hanekom, Jano Brand en MJ van Zyl (heel agter).

Breadcrumbs