SAWMGA Wes Kaap en Swartland skou

Lizelle Steyn is gekies vir die SAWMGA Wes Kaap L1 Span as een van die beste  ruiter-en-perd-kombinasies, om deel te neem aan die SAWMGA Nasionale Kampioenskappe wat sal plaasvind oor drie dae vanaf Vrydag 30 September tot Sondag 2 Oktober 2016 te Misty Meadows Equestrian Centre in Tshwane.  Ruiter-en-perd-kombinasies. 


Michaela Mouton het as volg presteer by die Swartland Skou te Moorreesburg:

Sy het albei haar kwalifiserende kinderklasse (3 –en 5-gang) gewen. Sy en haar perde het ook albei die groot kinder-kampioenskappe gewen.  Met haar pa se hings was sy derde in die kwalifiserende klas vir plesierperde en vierde in die groot kampioenskap. 

Breadcrumbs