Prysuitdeling 2016 beste trofeewenners:

Corin de Waal is Hoërskool Dirkie Uys se sportvrou (beste prestasie van die jaar). Sy was lid van SA-tennisspan wat in Tunisië gaan speel het.

 

Garlin Cleophas is Hoërskool Dirkie Uys se sportman van 2016 (beste prestasie van die jaar). Hy was lid van Wes-Kaap atletiekspan wat aan SA-byeenkoms deelgeneem het in Durban.

Gerrit Bester is aangewys as Dirkie Uys se veelsydigste sportman. Hy het Boland Cravenweek rugby gespeel, asook in die eerste krieket-, 2e tennisspan en deelgeneem aan atletiek. 

 

Sydney Crow is Hoërskool Dirkie Uys se veelsydigste sportvrou. Sy was lid van die Boland Atletiekspan en Wes-Kaap netbalspan.

 

Johan van der Westhuizen van Hoërskool Dirkie Uys het die Emmeri Serdyn-trofee vir beste prestasie in nie-skoolsport ontvang. Hy was lid van Protea hengelspan wat internasionaal deelneem en het 4de plek behaal.  

Suzanne Kotzé van Hoërskool Dirkie Uys het die Rapportryers-trofee ontvang vir beste kultuurprestasie. Sy was die nasionale kampioen by die SA Jeugskou (met die hoogste punte) in die senior wolskaapafdeling.

 

Breadcrumbs