SPAAR WATER

PERDRY WP-KAMPIOENSKAPPE TE ROBERTSON

Michaela Mouton neem deel aan bg en haar uitslae is as volg:
1ste in 3-gang-ruiter 18jr en onder.

2de in 3-gang plesierperd ope.
2de in 5-gang-ruiter 18jr en onder.
2de in 5-gang natuurlike maanhare en stert.

Michaela is:

WP-kampioen 3-gang kinderruiter vir 2de agtereen-volgende jaar.
Reserwe kampioen 3-gang plesierperd.
4de in die 5-gang kinderryperd.
Michaela is ook gekies om die WP te verteenwoordig in beide die 3 –en 5-gang ruiterkunsspanne by die SA-proewe.

SA WESTERN MOUNTED GAMES WP LEVEL 1

357 Perde het deelgeneem aan 12 items in 4 verskillende vlakke, opgedeel oor 3 dae. Anneke Steyn het deelgeneem vir Westelike Provinsie SANESA A-span met haar twee perde, Angel en Kolbooi. Met Angel het sy 2de en 4de plek behaal uit 90 deelnemers. Met Kolbooi het sy na ‘n hoër vlak opgeskuif. Anneke ontvang dus nasionale erkenning vir albei perde. Sy ontvang 2 SANESA-balkies vir haar skoolbaadjie. 
Anneke het deelgeneem aan die Malmesbury Skou met 2 perde:
Angel in die Ope Klasse:
1ste Beste stap uit 15 perde
4de Beste galop

Kolbooi in die SA Riding klasse:
5de Beste galop
3de Driegangruiter
3de Beste ryperd

LIVESTOCK STREEKS JEUGSKOU TE SANDRINGHAM PLAAS

Senior Wolskaapklas: 1ste – Helize Dippenaar; 2de - Pierre van Heerden; 4de – Pieter Fourie
Lené Mostert – Beoordelaar vir die Junior en Senior Wolskaapklasse asook die Junior en Senior Vleisskaapklasse.

NASIONALE JEUGSKOU KAMPIOENSKAPPE TE BATHURST

1-5 OKTOBER 2017
Skoumanne van HDU wat deelgeneem het is Helize Dippenaar, Pierre van Heerden, Hannes Mostert en Suzanne Kotze.
In die finale punteberekening van die 4 klasse vir die junior en senior wolskaapklasse is die uitslae soos volg
vir die seisoen 2016/2017.
Junior Wolskaapklas:
Nasionale Reserwe Wolskaap kampioen 2017: Helize Dippenaar (WP) Hoërskool Dirkie Uys 91,6% gemiddeld.
Senior Wolskaapklas:
Nasionale Kampioen Senior Wolskaap 2017: Suzanne Kotzé (WP) Hoërskool Dirkie Uys 93,6% gemiddeld.
Nasionale Reserwe Kampioen Senior Wolskaap 2017: Hannes Mostert (WP) Hoërskool Dirkie Uys 90,4% gemiddeld.
Nasionale 4de plasing Senior Wolskaap 2017: Pierre van Heerden (WP) Hoërskool Dirkie Uys 83,6%
gemiddeld.

WES-BOLAND TENNISPROEWE 2017

Baie geluk aan die volgende leerders met hul uitslae:
O/19

Nicol Hanekom 2de
Francis van Heerden 2de
Suzanne Kotzé 3de
O/17

MJ van Zyl 1ste
Devan Dirgaardt 4de
Anlia Erwee 3de
Danielle Kitshoff 4de
Annoushka Truter 5de
O/15

Marné Bester 2de
Fränzel Basson 4de

PERDRY SAMESA EM SKOU

SANESA (SOUTH AFRICAN NATIONAL EQUESTRIAN SCHOOLS ASSOCIATION)
Anneke Steyn neem onder HS Dirkie Uys se naam deel.

Anneke neem vanaf 21 September 2017 – 23 September 2017 by Malmesbury skou deel. SAR-klasse met haar perd Kolbooi O/18 (South African Riding) en Ope-klasse met haar perd Angel (enige perderas en alle ouderdom ruiters.)
Vanaf 26 September 2017 – 3 Oktober 2017 neem Anneke deel aan die Afridom Nasionale Kampioenskappe te Parys, Vrystaat deel. Sy neem deel vir die WP Level 1 met haar perde Kolbooi en Angel.

 

SWARTLAND SKOU
Michaela Mouton is die die tweede agtereenvolgende jaar bekroom as die 3-gang kinderkampioen.
Michaela wen ook die 5-gang natuurlike maanhare en stertklas en ‘n 4de plek in die 3-gang plesierperd kampioenskappe.
Daar is ook nou op Moorreesburg begin met die 1ste van 3 proewe vir die WP-ruiterkuns-span. Michaela was verlede jaar deel van die WP 5-gang ruiterkuns-span. Hierdie jaar probeer sy om nie net die 5-gangspan te behaal nie, maar ook die 3-gangspan.

JEUGSKOU-UITSLAE 2017

Die volgende leerders het op 6 September 2017 aan die Swartland Jeugskou Kampioenskappe deelgeneem teen skoumanne van Augsburg, Oakdale en Boland Landbou.

Senior Wolskaap Skoumanklas:
Kampioen Wolskaap Skouman Hannes Mostert Graad 9
Reserwe Kampioen Skouman Pierre van Heerden Graad 9
5de Plasing Skouman Helize Dippenaar Graad 8

Beoordeelaars: Lené Mostert, graad 12, was in die Wol- en Vleisskaap klas, die Junior Beoordelaar.
Ringgids: Suzanne Kotzé, Graad 11, was in die Wol- en Vleisskaap klasse die ringgids.

Senior Vleisbees Skoumanklas:
4de Plasing Vleisbees Skouman - Anthony Alexander, Graad 10


Die volgende leerders het op 21 September aan Boland Streekskou op Malmesbury deelgeneem. Daar was 115 kinders van skole Augsburg, Boland landbou, Swartland en FD Conradie. Hul uitslae was as volg:

Senior Wolskaap Skoumanklas:
Kampioen Skouman – Pieter Fourie
Reserwe Kampioen Skouman – Hannes Mostert
Derde Plasing – Helize Dippenaar
Vierdie Plasing – Pierre van Heerden

WES-BOLAND EISTEDDFOD – MUSIEKITEMS 2017

Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik uitslae:
Merisa van der Merwe Gr 9 Drum-kit, Band - 1 Goud, 2 Silver
Nina Hanekom Gr 9 Kitaar, Band - 3 Goud
Marchay Kalumpie Gr 10 Klavier - 2 Silwer
Gizelle Kitshoff Gr 11 Kitaar, Band - 2 Goud
Marcéll Crous Gr 11 Klavier, Viool, Band - 1 Cum Laude, 1 Goud, 1 Silwer
Marina Hanekom Gr 11 Klavier, Kitaar, Band - 3 Goud, 1 Silwer

WES-BOLAND EISTEDDFOD KATEGORIEWENNERS 2017

Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik prestasies:
Magdel Coetzee - ballet: solo 15-16 jr
Jana de Waal - Afr. voordrag: poësie gr. 8
Jana de Waal - Eng onvoorbereide lees gr. 8
Carla Bester - Afr. onvoorbereide lees gr. 11


Hulle het medaljes ontvang by die Prestige aand/pryswennerskonsert op Vrydag 22 September.

GERRIE BERNER TENNIS TOERNOOI 2017

10 Spanne neem deel. 300 Wedstryde word oor 2 dae gespeel. Die finale uitslag na ‘n paar spannende wedstryde, is as volg:

1ste Hoërskool Durbanville
2de Hoërskool Hugenote
3de Hoërskool Dirkie Uys

Breadcrumbs