GERRIE BERNER TENNISTOERNOOI 2015

Die seuns en dogters het Vrydag en Saterdag (4-5 September) aan die dubbelstoernooi deelgeneem wat op ons bane aangebied is. Hierdie spelers is as toernooiwenners gekroon nadat hulle met al 9 die ander skole afgereken het.

HDU wen DF Malan 22 – 2  

HDU wen HS Hermanus  24 – 0 

HDU wen Sometset College 22 – 3
HDU speel finaal teen HS Durbanville en wen 20 - 5

TAALBOND TWEETALIGHEIDSEKSAMEN

Nelia Bester behaal graad 1 (bo 70%) in die senior afdeling en Louise van der Westhuizen en Tamlyn February graad 1 in die junior afdeling.

Marige Carstens, Janita van Zyl en Leske Brand behaal graad 2 in hierdie eksamen.

Marige se opstel is opgeneem in die boekie met beste stelwerkstukke wat jaarliks uitgegee word.

ROOIVLEISPRODUSENTE-ORGANISASIE INLIGTINGSDAG

Suzanne Kotze en Lené Mostert is genooi na die Rooivleisprodusente-organisasie inligtingsdag. Na afloop van die dag moes hulle 'n vraestel skryf.
S
uzanne kry 19/20 vir haar vraestel en Lené 20/20.  Lené is een van 3 skoliere wat volpunte het en neem deel aan die Skouman-uitdunne om die wenner van die dag te bepaal.  Lené wen die Stockman Wisseltrofee geborg deur Wes-Kaap Lewendehawe-Agentskap.

WCMA

Die volgende DUMA leerders het goed presteer:

Rockschool Musiekeksamens – 23 Junie 2015

Louwrens Smit     Kitaar    Graad 4    71%     Slaag 

UNISA Musiekeksamens – Junie 2015

Marcell Crous       Musiekteorie   Graad 2  96%   EREROL vir UITBLINKERS

Afrika Goju Ryu Karate Kampioenskappe

Die Afrika Goju Ryu Karate Kampioenskappe het op 15 en 16 Mei 2015 by die DF Malan Saal, Stellenbosch plaasgevind.  Lené Mostert en TJ Liebenberg,leerders van Hoërskool Dirkie Uys, het deelgeneem.  Lené het ‘n silwer medalje in die kata-afdeling, dogters 14 -17jr groen-tot blougordel, gewen.

Boland Rugby 2015

Gerrit Bester is in die O/18 Boland Akademiespan opgeneem 
Hierdie span neem 5 tot 10 Julie aan die Nasionale kampioenskappe deel.

Wes-Kaap Netbal

Die volgende leerders is in die Wes-Kaapspan opgeneem:
Corin de Waal O/15
Sydney Crow O/15
Jaclyn Engelbrecht O/17
Kim Viloen O/14

Boland Hokkie

Johan vander Westhuizen, Johandri Truter en Jano Brand is ingesluit in die O/14 Boland Barlinka Streekspan.

JEUGSKOU 2015

Suzanne Kotze, Lenè Mostert en Lizelle Steyn het die afgelope naweek tydens die Wes-Kaap provinsiale toernooi gewys die TIERE staan nie terug vir die seuns van bekende Landbouskole nie en dat dit nie nodig is om in 'n Landbouskool te wees op op hierdie terrein te presteer nie.

Suzanne het 'n tweede plek en Lenè 'n derde plek behaal in die wolskaap senior afdeling.


Lenè Mostert (Wolskaap snr afdeling) en Lizelle Steyn (Perde snr afdeling) is opgeneem in die Wes-Kaap wat in Oktober aan die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe in Williston gaan deelneem.

NETBAL: Weskus Topskole Kampioene

Die top netbalskole in die Wes-Boland en Noordwes-Boland het op 1 Mei aan ‘n kompetisie deelgeneem om die Topspanne in die WESKUS aan te wys.  Dirkie Uys se 0.19A-span het die kompetisie gewen en neem nou op 6 Junie aan die Wes-Kaap Topskole-kompetisie deel.  Dirkie Uys het vir Vredendal met 33 – 21,  Porterville 34 – 17 en Augsburg 42 – 20 gewen.  Hoërskool Dirkie Uys se 0.14A- en 0.16A-span het albei tweede in hierdie kompetisie geeïndig.

NETBAL: Wes-Boland 2015

Die volgende spelers is in die Wes-Bolandspan opgeneem:
O/14 Danika Odendaal, Anika Bester, Marchay Kalumpie, en Kim Veloen
O/15 Gizelle Kitshoff, Corin de Waal, Sydney Crow en Marsha-Lee van der Ross 
O/16 Marike Bester
O/17 Janine Heynse, Jaclyn Engelbrecht en Johanna Skippers
O/18 Anushka Odendaal en Thana Kitshoff

Breadcrumbs