FUNDURO
JEUGSKOU KAMPIOENSKAP 2018
Vier leerders het 20 en 21 Maart deelgeneem aan die WP Jeugskou-Kampioenskappe wat in George gehou is.
Christiaan Eksteen in graad 8 neem deel in die Junior Wolskaapafdeling.
Hy kom eerste met skouman en na sy toets-, was- en voorbereidingspunte bygetel is, word hy aangewys as die Junior Wolskaapkampioen van WP.
Helize Dippenaar in graad 9, Pierre van Heerden en Pieter Fourie, beide graad 10, neem deel aan die Senior Wolskaapafdeling. Met skouman behaal hulle die volgende plekke: Pierre van Heerden 5 de, Helize Dippenaar 3 de en Pieter Fourie eerste.
Na die toets-, was- en voorbereidingspunte bygetel is, word Pieter Fourie aangewys as die Senior Wolskaap Kampioen van die WP, met Helize Dippenaar in 2 de plek en Pierre van Heerden 4 de.
Christiaan, Pieter en Helize word opgeneem in die WP span wat in Oktober aan die Nasionale Jeugskou-Kampioenskappe in George gaan deelneem.
Boland–Wes (Noordwes en Wes–Bolandstreek) krieketspan
0.17
Rossouw Greeff
Esra Pietersen
Matthew Somers
Reinhardt Jordans
Heinrich Dippenaar
0.15
Derick Bester
Keewan Titus
BOLAND-WES KRIEKET 2018
Die volgende leerders was gekies vir Boland–Wes (Noordwes + Wes–Boland streek) krieket span:
0.17
Rossouw Greeff
Esra Pietersen
Matthew Somers
Reinardt Jordans
Heinrich Dippenaar
0.15
Derick Bester
Keewan Titus
SUNCITY TENNISTOER 2018
Dit was ‘n fantastiese ondervinding. Eerstes het ons ons verkyk aan al die groen gras en wilde diere wat tussen mense rondstap en tweedens het die meeste van die spanlede die beste tennis van hulle lewe gespeel. Die ander skole wat daar was het almal tussen 1 000 en 2 000 leerders!
Uitslae:
• HDU verloor teen Menlopark 22 – 2
(Dit is nie ‘n ware weergawe van die tennis wat gespeel is nie, want ons verloor van die wedstryde bv. 7 – 5, 6 – 4 en dan kry Menlopark 2 punte en ons 0.)
• HDU verloor teen Potchefstroom Gimnasium 17 – 8
• HDU wen Fourways van Jhb met 17 – 9
• HDU verloor teen Sasolburg 16 – 11
• HDU wen Framesby van PE met 16 – 9
SWELLENDAM JEUGSKOU 2018
Die volgende leerders het deelgeneem aan die skou en die uitslae was as volg:
Junior wolskaap-afdeling - Christiaan Eksteen eerste.
Senior wolskaap-afdeling – Pieter Fourie eerste, Pierre van Heerden derde en Helize Dippenaar vyfde.
Suzanne Kotzé het by verskeie afdelings as ringgids opgetree.
Mnr. en Mej. Valentine 2018
Magdel Coetzee en Nicol Hanekom (middel) is aangewys as Hoërskool Dirkie Uys se mnr. en mej. Valentine. Marina Hanekom en Deon-Thys Smit (regs) was tweede en Wouter Bester en Gizelle Kitshoff (links) derde.
T4J Tennistoernooi 2018
Dirkie Uys se span speel tydens die toernooi te Bredasdorp. Hulle wen vir Augsburg Landbougimnasium 32 – 17
Hulle verloor in ‘n spannende stryd teen Hoërskool Volkskool met 22 – 23
Hulle wen vir Hoërskool Strand met 28 – 21
Saterdag speel hulle in die semi-finaal en finaal. Hulle wen vir Hoërskool Bellville met 32 – 17, maar verloor teen Hoërskool Durbanville met 28 – 17.
HDU eindig 2de uit 12 spanne en wen dus die silwer medalje.
Boland Tennisproewe 2018
Ane de Waal eindig 1ste in die 0.17- afdeling
MJ van Zyl eindig 5de in die 0.17- afdeling.
Hengel 2018 Junior Nasionale Toernooi
Junior o/21
Wes- Kaap beindig 1ste van 5 ander hengel unies.
Johan van der Westhuizen :
Individuele punte stelsel 2de plek
Die rangorde na 3 jaar 1ste plek
Chris van der Westhuizen:
Individuele punte stelsel 1ste plek
Die rangorde na 3 jaar 5ste plek
TENNIS : BOLAND PLATTELAND-PROEWE 2017
MJ van Zyl en Anlia Erwee het aan die finale Boland Platteland tennisproewe deelgeneem.
MJ eindig derde en Anlia sewende.
More Articles...
- Internasionale Hengelkompetisie teen Namibië
- WESKUS MUSIEK-AKADEMIE 2018
- PERDRY WP-KAMPIOENSKAPPE TE ROBERTSON
- SA WESTERN MOUNTED GAMES WP LEVEL 1
- LIVESTOCK STREEKS JEUGSKOU TE SANDRINGHAM PLAAS
- NASIONALE JEUGSKOU KAMPIOENSKAPPE TE BATHURST
- WES-BOLAND TENNISPROEWE 2017
- PERDRY SAMESA EM SKOU
- JEUGSKOU-UITSLAE 2017
- WES-BOLAND EISTEDDFOD – MUSIEKITEMS 2017