TRINITY MUSIEK-EKSAMEN

Diana Kotzé slaag haar Trinity-eksamen, graad 7, in rock en pop “vocals” met meriete.  

TRINITY MUSIEKTEORIE EKSAMENS

Nicol Hanekom slaag graad 4 Teorie

Jeugskou: Weskaap streek

Saterdag 5 Maart 2016 het ‘n groepie skoumanne aan ‘n kwalifiserende Weskaap Streekskou deelgeneem op Swellendam.  Sowat 110 Skoumanne van die Wes-Kaap Streek het die dag bygewoon.  In die Junior Wolskaap Vertoonklas neem die Swartlandstreek (HDU),  drie van die top 5 plasings tussen skoumanne van Oakdale en Augsburg Landbouskole.

Junior Wolskaap Skoumanne:

1ste Plasing – Pieter Fourie, graad 8

3de Plasing – Pierre van Heerden, graad 8

5de Plasing – Hannes Mostert, graad 8

Senior Wolskaap Skoumanne:

In die Senior Wolskaap Vertoonklas neem die twee meisies deel teen Oakdale en Augsburg Landbouskole en Swartlandstreek (HDU) neem twee van die top 3 plasings in baie strawwe kompetisie.

2de Suzanne Kotze, graad 10

3de Lené Mostert, graad 11

PERDRY

Anneke Steyn het ook deelgeneem aan Swellendam se Jeugskou.  Sy het 1ste plek gekry in die Junior perde-afdeling.

Boland Atlete 2016

Hierdie atlete is in die Wes-Bolandspan wat aan die Boland byeenkoms deelgeneem het.

Voor v.l.n.r. Raché Marcus, Jay-Cee Hoogbaard,Sydney Crow, Mikiala Kaboni, Elmari Nieuwoudt.

Agter: Charlton Andrew, Nienke Senekal, Bradley Danster, Johandri Truter, Galin Cleophas, Tracy Swartz, Wilene Venter, Michaela Mouton, Anelche Truter, Reagan Roman, Ryan Prinsloo en Darren Arendse

Agnes Pauw-tennistoernooi 2016

 

Die tennisspan van Hoërskool Dirkie Uys het in hul jaarlikse Agnes Pauw-tennistoernooi vir meisies afgereken met Hoërskool Lutzville, Stellenbosch, Bredasdorp, Bloemhof en Hugenote. Alhoewel Dirkie Uys al hul wedstryde gewen het, eindig hulle tweede in die toernooi (met 62 punte algeheel) na Bloemhof (63 punte).

Mnr en Mej Valentine 2016

Jason Coetzee en Delané Kotzé is Hoërskool Dirkie Uys se mnr. en mej. Valentine

Boland Tennisspan 2016


Lenka en Corin de Waal (voor) verteenwoordig die O.19A-span wat gaan deelneem aan die SA Hoërskole Interprovinsiale toernooi in Pretoria.  

MJ van Zyl en Ané de Waal (agter) is gekies vir die Boland O.15B-span. 

Corin is ook gekies vir die SA O.16-span wat in Januarie aan die African Junior Cup Zonals-toernooi in Johannesburg deelgeneem het.

Tennis: Boland Platteland en WP Slazengertoernooi

BOAND PLATTELAND:

Die onderstaande leerders is gekies vir die Boland Platteland span

  • O/15               MJ van Zyl en Ané de Waal
  • O/18               Reinhardt Erwee, Lenka de Waal en Kayla Thiersen

 

WP SLAZENGERTOERNOOI:

Lenka en Corin de Waal eindig as naaswenners in die vroue ope dubbels. 

Corin wen die gemengde dubbels.


Corin is gekies vir die SA O/16-span wat in Pretoria vanaf 8 Januarie aan die Internasionale Tennis Federasie se Suidelike Afrika toernooi speel. Sy was derde gekeur vir die toernooi.  Sy klop die eerste gekeurde in die semi-finaal, maar verloor ongelukkig net-net in drie stelle in die finaal.

Proteas Rots- en strandhengel

Johan van der Westhuizen 

Johan is opgeneem in die Proteas Rots- en strandhengelspan wat in die Desember 2015 vakansie in Jeffreysbaai aan 'n internasionale kompetisie teen Namibië deelgeneem het, wat deur die Proteas gewen is. Johan was in die individuele kompetisies oor die 3 dae onderskeidelik tweede, vierde en vyfde.

SUID-AFRIKAANSE KUSHENGEL ASSOSIASIE

 

Johan van der Westhuizen is opgeneem in die Suid-Afrikaanse Protea O/16-Kushengelspan

wat vanjaar in Namibië gaan deelneem.


Boland Platteland Krieketspan

Jason Coetzee

 

Jason Coetzee is kaptein van die Boland Platteland krieketspan. In hul wedstryd wat hulle middel Januarie teen Boland met 7 paaltjies gewen het, het Jason in 10 boulbeurte slegs 30 lopies afgestaan en 1 paaltjie geneem.

Breadcrumbs