Kultuur

Sport

 

 

 

SPORTKODES

 

SPORTKODE: Atletiek

Organiseerder: Mnr A. Bester

 

 

Doelwitte en riglyne:

•Om aan elke leerling die geleentheid te bied om die talente wat hy vir die sportsoort ontvang het,   maksimaal te ontwikkel.
•Om gesonde oefening aan soveel as moontlik leerlinge te bied.
•Om die regte gesindheid en dissipline teenoor sport en oefening by leerlinge tuis te bring.
•Om leerlinge te leer hoe om te oefen, hoe om oefenprogramme uit te werk sodat hulle in die volwasse lewe kan voortgaan met oefening sonder om totaal afhanklik van ‘n afrigter te wees.
•Om ‘n liefde vir die sportsoort by leerlinge tuis te bring sodat hulle eendag iets vir die sport sal    terugploeg as afrigters en/of beamptes.

Betrokkenheid:

•Kompetisie tussen spanne i.v.m. meeste oefeninge bygewoon en % deelname aan kleure-atletiek.
•Motiveer matrieks om deel te neem sodat hulle die res van die skool kan motiveer.
•Kinder swat “niks” doen nie, moet ‘n geldige rede gee.

 
Oefendae en tye:
Tot kleure-atletiek: Maandae, Dinsdae en Woensdae van: 16:14 tot 17:30
Daarna reël elke afrigter met die atlete wat betrokke is ‘n tyd wat geskik is.
Minimum van 2 oefeninge per week.

•Ouers moet kinders aanmoedig om aan die kleure-atletiek deel te neem.
•Ons wil weer, soos in die verlede, massa-deelname hê.
•Kleure-atletiek en Wes-Bolandbyeenkoms is vir HDU ‘n groot fondsinsamelingsgeleentheid. Ons bedank al die ouers wat bereid is om as beampte op te tree of diens te doen in die kafee.


SPORTKODE: Tennis

Organiseerder: Mev A Bester


Doelwitte en riglyne:

•Om so hoog as moontlik in die liga te presteer.
•Leerlinge moet die spel, tennis, geniet.
•Ekstra wedstryde te reel.

 

SPORTKODE: Swem

Organiseerder: Mnr A Volschenk


Doelwitte en riglyne:

•Om met behulp van die personeel meer kinders aan die sport te laat deelneem.

Betrokkenheid:

•Personeel moet entoesiaties teenoor die sport wees.

 

SPORTKODE: Golf

Organiseerder: Mnr J Wessels

 

Doelwitte en riglyne:

•Om meer leerlinge te betrek by die uiters mededingende sport, wat baie lewenswaardes te voorskyn bring en intregiteit as ‘n prioriteit gestel word.

 

 

SPORTKODE: Skaak

Organiseerder: mev T Brand

 

Doelwitte:

•Kry meer leerders betrokke.
•Reel vriendskaplike wedstryde teen buurskole.

 

Leerders wat aan proewe wil deelneem moet op hul eie oefen, daar is verskeie rekenaarprogramme beskikbaar.

 

SPORTKODE: Krieket

Organiseerder: Mnr J Wessels

 

Doelwitte en riglyne:

•Om jong krieketspelers die geleentheid te gee om hul talente te ontwikkel op alle vlakke, sodat elke speler sy volle potensiaal kan bereik.
• Dat leerders op ‘n informele manier selfdissipline kan aanleer en hoe om hulself te kan uitleef in sport en dit te kan geniet.

 

 

SPORT: Rugby

Organiseerder: Mnr F Joubert

 

 


SPORT: Hokkie

Organiseerder: Mev Y de Wet



SPORT: Netbal

Organiseerder: Mev A   Bester



Tennis

2018

 

TENNISTOER NA SUN CITY

Uitslae:
• HDU verloor teen Menlopark 22 – 2
• HDU verloor teen Potchefstroom Gimnasium 17 – 8
• HDU wen Fourways van Jhb met 17 – 9
• HDU verloor teen Sasolburg 16 – 11
• HDU wen Framesby van PE met 16 – 9

Die ander skole wat daar was het almal tussen 1 000 en 2 000 leerders! 

 

T4J TENNISTOERNOOI IN BREDASDORP


HDU wen vs Augsburg Landbougimnasium 32 – 17
HDU verloor vs Hoërskool Volkskool 22 – 23
HDU wen Hoërskool Strand 28 – 21
Semi-finaal en finaal:
HDU wen vir Hoërskool Bellville 32 – 17
HDU verloor vs Hoërskool Durbanville 28 – 17
HDU eindig 2de uit 12 spanne en wen dus die silwer medalje.


VS HS Piketberg


HDU eerste tennisspan wen 23-9
HDU se tweede tennisspan wen 25-9

 

 

Anges Pauw Tennistoernooi

 

1ste     Boemhof

2de     Hugenote

3de     HTS Drostdy

4de     Dirkie Uys

5de     Girls High

6de     Swartland

7de     Augsburg

8ste    Hermanus

9de     Charlie Hofmeyr

10de   Bredasdorp

DU: verloor teen HTS Drostdy 26-16

       verloor teen Augsburg 28-17

       wen teen Charlie Hofmeyr 25-20

       wen teen Girs High 23-21

       verloor  teen Bloemhof 32-9


VS HS Swartland

 

HDU 1ste span :  verloor  17-18

HDU 2de span :   wen 22-15

 

VS HS Porterville

 

1ste span wen 28-0

2de span wen 28-0

 

vs HS Vredenburg

 

3de span wen HS Vredenburg se 1ste span met 20-6

Swem


Minke Koch het as volg presteer:
Gala te Porterville
50 meter vlinderslag Silwer
50 meter rugslag Silwer
50 meter borsslag Brons

CTMA Inter District JL Invitational Champs te Vishoek
50 meter rugslag Silwer
50 meter vlinderslag Silwer
50 meter borsslag Silwer
50 meter vryslag Goud
200 meter vryslag aflos Silwer
CTMA Level 1 Intra Provincial A/Group Champs te Durbanville

200 meter wisselslag Goud
50 meter vlinderslag Goud
100 meter rugslag Goud
50 meter vryslag Goud
200 meter vryslag aflos Goud
100 meter borsslag Goud
50 meter rugslag Goud
100 meter vryslag Goud
50 meter borsslag Goud

Sy kwalifiseer vir die senior liga.



Skaak

VS JAN VAN RIEBEECK

Gelykop 3-3


VS HS SWARTLAND

 

Gelykop 4 – 4

 

Breadcrumbs