Kultuur

2014 Matriek uitslae

Met "Tiere Trots" maak ons die uitslae bekend:

 

• 100% Slaagsyfer (58 leerders)
• 77,6% Matrikulasie-vrystelling (Leerders wat kwalifiseer om verder aan ‘n universiteit te gaan studeer)
• 100% van die leerders kwalifiseer om verder te gaan studeer aan ‘n tersiêre instelling.
• 91,3% van die leerders het meer as ‘n 50% gemiddeld. Dit is 53 uit die 58 leerders.
• 11 leerders (19%) het ‘n A-gemiddeld behaal.


1. Rouxnelle van Dyk 92,4%
2. Marcelle Eksteen 91,7%
3. Petro Rossouw 90,7%
4. Tinè Kisthoff 88,6%
5. Lara Coetzee 88,0%
6. Jeanette Coetzee 87,0%
7. Danèl van der Westhuizen 85,9%
8. Corika van Niekerk 84,6%
9. Eric Bester 81,1%
10. Anette Coetzer 80,6%
11. Nicoline Bronkhorst 80,4%


• 3 Leerders lê op die grens van ‘n A-gemiddeld
1. Nadine Bester 79,9%
2. Marli Coetzee 79,7%
3. Johan Laubscher 79,3%


• Al die vakke het tussen 10% en 35% bokant die WKOD-gemiddeld presteer. Uitsonderlike vakprestasies met die vakgemiddeldde tussen hakies is:


1. Fisiese Wetenskappe (65,7%) 20,7% bokant WKOD-gemiddeld
2. Rekenaarstoepassingstegnologie (79,7) 23,3% bokant WKOD-gemiddeld
3. Lewenswetenskappe (66,3%) 23,5% bokant WKOD-gemiddeld
4. Wiskundige Geletterdheid (74,6%) 27,7% bokant WKOD-gemiddeld
5. Wiskunde (75,5%) 29,9% bokant WKOD-gemiddeld
6. Rekeningkunde (79,9%) 35,0% bokant WKOD-gemiddeld


Dit is met groot dankbaarheid teenoor ons hemelse Vader wat ons terugkyk op die uitslae van 2014. Die tema van 2014: “Doen die gewone dinge buitengewoon goed” het neerslag gevind in die uitslae.

By Hoërskool Dirkie Uys is die vennootskap tussen leerder, ouer en onderwyser verseker een van die groot bydraende faktore tot die mooi uitslae. Gesamentlik streef ons om die skool se visie: “Skool sonder Grense” op alle gebiede uit te leef en te verseker dat elke leerder sy volle potensiaal bereik.

Baie geluk aan elke matriekkandidaat, as Tiere is ons baie trots op elkeen van julle. Dit is voorwaar ‘n voorreg om met die matriekklas van 2014 geassosieer te word. Mag die Here julle seën op julle toekomspad.

Baie dankie aan elke onderwyser vir u harde en ekstra werk met die leerders

Akademiese inligting

WÊRELDKLAS ONDERRIG VIR WÊRELDKLAS LEERDERS

Die HS Dirkie Uys beskik oor die volgende akademiese tegnologie:

  1. Lokale " RTT-rekenaarsentrum (35 rekenaars)
  2. Taallaboratorium /Mediasentrum(25 rekenaars)
  3. 4 klasse met Interaktiewe witborde
  4. Alle klasse het dataprojektors

Sagteware beskikbaar vir die leerders

  1. Mindset
  2. Master-Maths vir inskerping van wiskunde en wiskundige geletterdheid
  3. Cami Reader
  4. Wireless-Lan skoolomgewing
  5. Internettoegang vir leerders
  6. PACE-program vir graad 9-leerders (vak/beroepskeuses)
  7. Ander vakverwante (tegnologie-siviel en geografie) sagteware.

Studie Wenke

STUDIEWENKE VIR LEERDERS

Studiewenke:

“Nothing comes from doing nothing”

(William Shakespeare)

Studeer beteken om te lees en te ondersoek met die doel om te leer en te verstaan.

Indien jy reeds ‘n student is met die regte ingesteldheid, die nodige motivering en ‘n bepaalde doelwit voor oë, kan jy spring na die algemene wenke. Vir die res is dit dalk nodig om eers deur die inleiding te werk.


Inleiding:

Hoe word jy ‘n student met die regte ingesteldheid en die nodige motivering en wat bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar om jou doelwitte te bereik? Lees en bedink die volgende en beantwoord die vrae baie eerlik teenoor jouself.


Regte ingesteldheid:

Weet jy waarom jy skool toe gaan? Is hierdie daaglikse aksie jou eie keuse of dink jy dit is maar soos dinge werk of soos jou ouers van jou verwag? Dit is baie belangrik dat jy die noodsaaklikheid van jou skoolloopbaan besef en dat jy bereid sal wees om die verantwoordelikheid van die suksesvolle voltooiing daarvan te aanvaar. Dit is die eerste noodsaaklike stap om die regte ingesteldheid te kweek. Die regte ingesteldheid is dus ‘n keuse wat jy uitoefen.


Motivering:

Wie dink jy is verantwoordelik om jou te motiveer om jou skoolwerk te doen? Is jou gebrek aan die nodige motivering regtig iemand anders (onderwyser of ouers) se skuld of dalk jou eie? Motivering kom van binne af. Wanneer jy werklik besluit om verantwoordelikheid vir jou eie sukses te neem, sal jy ook die nodige motivering om tot aksie oor te gaan ontwikkel. Jy moet egter besef dit is nie maklik nie en jouself gedurig aan jou besluit herinner.


Doelwitte:

Weet jy waarheen jy op pad is? Wat gebeur na matriek? Gaan jy verder studeer of gaan jy werk? Jy is die een wat jou omstandighede die beste ken. Praat met jou ouers of onderwysers indien jy hulp nodig het om realistiese besluite oor jou toekoms te neem. Jy kan jou gesindheid regkry, jy kan jouself motiveer om verantwoordelikheid te neem, maar dit is jou doelwitte wat jou aan die gang gaan hou wanneer dinge moeilik raak of wanneer jou studies baie moeite gaan verg.

Indien jy nou bereid is om te erken dat jy self vir jou studies verantwoordelik is, dat jy jouself sal moet motiveer en dat jy, wanneer dinge moeilik raak, moet vashou aan jou droom of doelwit, moet jy dit nou aan iemand gaan vertel dit kan jou ouers, ‘n onderwyser of ‘n goeie vriend wees. Die persoon kan jou aanmoedig om vol te hou wanneer dinge moeilik raak of nog beter: Die persoon kan deel in jou suksesse.


Algemene studiewenke: Gr 10 tot 12

Beplanning en toewyding is noodsaaklik indien jy goeie studiegewoontes wil aanleer.


Hier is ‘n paar algemene wenke wat kan help:

  1. 1.Sukkel jy om die tyd in die klas te benut? Onthou dan die volgende:
  •      Dit is die beste en mees effektiewe tyd van studie elke dag. Tyd wat hier verkwis word, word nie maklik ingehaal nie.
  •      Dit verminder jou verpligte studietyd by die huis en skep geleentheid vir ander aktiwiteite.
  •      Vra as daar enige iets is wat jy nie verstaan nie. Wees verseker dat jy nie die enigste een met ‘n vraag is nie.
  •      Sorg dat jou huiswerk altyd gedoen is en dat jy sodoende voorbereid is vir die klas.

(Verwys ook na die Studiewenke vir die klaskamer vir graad 8 en 9, later in hierdie dokument, spesiaal verwerk uit Study secrets for Maths and Science & other subjects; Author John Bransby)

 

  1. 2.Voel jou akademiese werk vir jou te veel? Probeer die volgende:
  •         Beplan vooruit wanneer jy al jou take en voorbereiding van toetse gaan doen.
  •         Stel vir jou doelwitte, wees gedissiplineerd en hou daarby.
  •         Kort jou sosialetyd in totdat jy weer op datum is, maar handhaaf altyd ‘n balans.
  •         Beloon jouself na harde werk met ontspanningstyd.
  •         Gebruik ‘n taaklys wat jy kan afmerk soos jy vorder.

 

  1. 3.Sukkel jy om te konsentreer? Doen die volgende:
  •      Verdeel jou studietyd in sessies van 25 tot 40 minute.
  •      Fokus daarop dat jy eers net een sessie suksesvol kan voltooi. Praat jouself aan indien jou gedagtes dwaal. Fokus dus op een sessie op ‘n slag.
  •     Wees rustig indien jy ‘n probleem nie kan oplos nie. Die onderwysers sal bereid wees om jou te help indien hulle sien dat jy ernstig is met jou studies.
  •     Indien jy persoonlike probleme ondervind, probeer dit so gou moontlik oplos, vra hulp indien nodig.
  •     Baie belangrik kry genoeg rus en oefening. (onthou: daar is iets soos te veel rus”J)

 

  1. 4.Hindernisse
  •     Wanneer jy iets nie verstaan nie, gaan terug na die vorige stap. Die kans is goed dat daar ‘n konsep of term is wat jy nie heeltemal verstaan nie.
  •      Maak seker dat jy elke liewe woord wat jy hoor of lees, verstaan. Vra vir iemand of gebruik ‘n woordeboek. Dit is die enigste manier om nuwe konsepte korrek aan te leer en dit reg te integreer met bestaande kennis. Indien jy nuwe kennis baie gou vergeet, weet jy nou waar jou probleem lê.
  •     Jy moet jouself doelbewus instel is om te leer en bewustelik die nuwe kennis integreer met bestaande kennis. Luister dus om regtig te hoor wat gesê word – en ja, dit verg nogal baie moeite.


Onthou! Iets wat jy kry sonder moeite is ook nie juis baie werd nie.

 

Studiewenke vir die klaskamer gr 8 en 9

 

Ons fokus hierdie jaar op studiewenke wat jou sal help om die tyd in die klas elke dag effektief te benut. Hier volg ‘n paar algemene wenke. Indien julle reeds in gr 8 en 9 hierdie vaardighede en gewoontes aanleer, gaan jy die VOO-fase met vertroue aanpak.

 

Vlug-lees elke hoofstuk reeds voordat die onderwyser die werk gaan verduidelik in die klas. Dit behoort so 5 na 10 minute te neem.

Luister altyd aandagtig in die klas. 70 – 80% van leer en verstaan vind in die klas plaas terwyl die onderwyser die werk verduidelik.

Maak seker dat jy elke woord of term van die les of leesstuk goed verstaan. Gebruik die woordelys in jou handboek of ‘n woordeboek.

Fokus en konsentreer op elke stap van die gedeelte wat onderrig word. Moenie toelaat dat jou gedagtes afdwaal nie.

Neem aktief deel en wees betrokke by die les deur vrae te vra of te antwoord.

Maak seker dat jy elke stap soos wat die onderwyser verduidelik, verstaan.

Hersien elke dag die werk wat in die klas behandel is. Lees die paar bladsye aandagtig deur.

Voltooi al jou werk volledig – poog altyd om self die klaswerk of huiswerk te doen eerder as om die antwoorde by die onderwyser of maats te kry.

Maak opsommings van elke afdeling van die werk.

Poog om elke dag verskillende tipe vrae te identifiseer en maak aantekeninge daaroor.

Vra vir hulp as jy dit benodig Dit is belangrik om alle werk te verstaan voordat jy aangaan na die volgende afdeling.

 

N.B. Studiemetodes evaluasie:

(Vertaal uit Study Secrets for Maths and Science & other subjects; Author John Bransby)

 

Studie vaardighede word verdeel in 9 belangrike katagorieë of komponente nl.:

luistervaardighede, motivering, organisasievermoë, woordeskat, leer, notas-afneem, geheue, probleemoplossing en toetsing.

 

Dit is belangrik dat ‘n student vaardig is in elk van hierdie komponente, om studies so effektief moontlik te maak.

 

Die doel van die vraelys: lig die sterk en swakpunte van jou studiemetodes uit sodat jy jou studietyd   meer effektief kan benut deur swakpunte uit te skakel.

 

Instruksies:

Daar is 45 vrae wat baie eerlik beantwoord moet word. Moenie die antwoord merk volgens wat jy dink dit behoort te wees nie.

 

Omkring die letter wat jou studiegewoonte die beste beskryf.

 

A = Selde waar vir my (d.w.s gewoonlik nie waar nie).

B = Soms waar vir my (somstyds tipies van my)

C = Gereeld waar vir my (gewoonlik waar vir my)

 Indien jy iets nie verstaan nie, vra jou onderwyser om te verduidelik.

 Hier is twee voorbeeld vrae:

                                                                                 Selde        Soms      Gereeld

1.   In ‘n veelkeuse-vraag skakel ek eers die antwoorde

uit wat ek dink verkeerd is                                                                   A            B               C

 

 

Nr

Stelling / Vraag          

Selde

Soms

Gereeld

1

My onderwysers slaag daarin om hul vak interessant te maak.

A

B

C

2

Alhoewel ek goed voorbereid is vir ‘n toets, is ek steeds senuagtig.

A

B

C

3

Ek onthou die werk wat ek geleer het vir ‘n toets baie moeilik.

A

B

C

4

Ek gebruik die woorde rondom ‘n onbekende woord om af te lei wat die woord beteken.

A

B

C

5

Ek maak verskonings om nie huiswerk te doen nie.

A

B

C

6

Wanneer ek studeer, konsentreer ek op dit waarmee ek besig is.

A

B

C

7

Ek glo dat probleme opgelos kan word met ‘n geordende metode.

A

B

C

8

Wanneer ek ‘n toets beantwoord, begin ek dadelik om vrae te beantwoord sodat ek nie tyd mors nie.

A

B

C

9

Wanneer ek die presiese betekenis van ‘n woord benodig, gebruik ek ‘n woordeboek

A

B

C

10

Wanneer ek luister in die klas, let ek op sleutelwoorde.

A

B

C

11

Ek vind dit moeilik om ‘n toets in die gegewe tyd klaar te maak.

A

B

C

12

By veelvuldige-keusevrae kies ek die eerste een wat reg lyk.

A

B

C

13

Dit is die moeite werd om hard te werk om nuwe idees aan te leer.

A

B

C

14

Wanneer ek na iemand luister, vind ek dit moeilik om die hoofgedagtes te onderskei.

A

B

C

15

Ek dink die metode om skoolverwante probleme op te los, verskil van die metode om probleme buite die skool op te los.

A

B

C

16

Ek hou al my werk op datum.

A

B

C

17

Ek verminder die steurnisse in die omgewing waar ek studeer.

A

B

C

18

Ek gebruik die hoofstuk-indelings en afdelings se opskrifte om te help as ek uit die handboek studeer.

A

B

C

19

Ek werk hard, al hou ek nie van die vak nie.

A

B

C

20

Ek studeer volgens ‘n studierooster.

A

B

C

21

Voor ek ‘n opsteltipe vraag beantwoord, skryf ek eers ‘n kort opsomming.

A

B

C

22

Wanneer ek notas afneem in die klas, probeer ek alles wat die onderwyser sê so vinnig as moontlik neerskryf.

A

B

C

23

Ek dink dat oplossings vir moeilike vrae meer navorsing benodig.

A

B

C

24

Wanneer ek na ‘n les luister, probeer ek dit vergelyk met wat ek reeds weet.

A

B

C

25

Voordat ek lees, maak ek seker dat ek ‘n vraag in gedagte het oor waarom ek die gedeelte lees.

A

B

C

26

Ek gee moeilik aandag in die klas tydens die les.

A

B

C

27

Ek probeer ‘n ander aanslag as die eerste metode van probleemoplossing nie werk nie.

A

B

C

28

Ek het ‘n bepaalde metode van notas afneem.

A

B

C

29

Ek probeer altyd ‘n prentjie in my kop vorm wanneer ek na iemand luister.

A

B

C

30

Ek vind die tempo waarteen my onderwysers nuwe werk afhandel te vinnig.

A

B

C

31

Ek vertrou my instinkte vir probleemoplossing wanneer geordende metodes nie werk nie.

A

B

C

32

Wanneer ek ‘n hoofstuk lees, slaan ek tabelle, sketse en grafieke oor aangesien ander inligting belangriker is.

A

B

C

33

Ek verstaan die betekenis van ‘n onbekende   woord beter as dit in ‘n sin is.

A

B

C

34

Al is ‘n projek vervelig, voltooi ek dit behoorlik.

A

B

C

35

Ek sal ‘n woordeboek gebruik aan die einde van ‘n paragraaf om onbekende woorde op te soek.

A

B

C

36

Wanneer ek uit ‘n handboek leer, het ek ‘n stelsel om die werk deur te gaan, soos bv. om notas neer te skryf en my eie notas ook deur te gaan.

A

B

C

37

Aan die einde van ‘n hoofstuk gaan ek dit weer vlugtig deur.

A

B

C

38

Ek probeer belangrike feite onthou deur dit in my gedagtes voor te stel en dit te vergelyk met wat ek reeds weet.

A

B

C

39

Ek dink goeie notas is ‘n padkaart wat lei na belangrike idees.

A

B

C

40

Ek beskik oor metodes om inligting te memoriseer sodat ek dit langer kan onthou.

A

B

C

41

Ek sal feite wat gememoriseer moet word, in my eie woorde stel en dit aan myself herhaal.

A

B

C

42

Ek luister in die klas maar sal tog gereeld die hoofpunte van die les mis.

A

B

C

43

Ek ondervind probleme om moeilike woorde in wiskunde, wetenskap, tale of geskiedenis te verstaan.

A

B

C

44

Ek ondervind probleme om feite en idees te onthou.

A

B

C

45

Ek leer my klasnotas net wanneer ek voorberei vir ‘n toets of eksamen.

A

B

C

Instruksies vir die gebruik van Tabel 1 en Tabel 2:

 

1.Die syfer onder die A, B of C in Tabel 1 dui die punt aan wat vir elke antwoord toegeken word.

2.Die komponent waarin elk van die vrae val, word ook aangedui.

3.In Tabel 2 moet jy vir elk van die komponente jou puntetelling inskryf.

4.Let op dat die syfer onder elke lyn die vraagnommer aandui.

5.As voorbeeld: indien jy in vraag 10 vir C gemerk het sal jy 5 punte verdien. Die 5 word bokant die 10 in die tweede kolom van Tabel 2 langs Luistervaardighede geskryf.

6.Tel vir elke komponent die punte op, dit is ‘n totaal uit 25.

7.Dit is ‘n aanduiding van jou sterk of swak punte. Hoe hoër die totaal, hoe sterker is jou studuievaardighede in die komponent.

8.Indien jou punt vir enige komponent laag is,, kyk weer na die vrae en besluit wat jy moet doen om jou studiemetodes te verbeter.

9.Enige van jou onderwysers sal jou ook daarmee kan help.

 

Tabel 1: Puntetoekenning  

 

 

 

A

B

C

 

 

 

A

B

C

 

 

 

A

B

C

1

Motivering

0

2

5

 

16

Organisasie-

vermoë

0

2

5

 

31

Probleem-

oplossing

0

2

5

2

Toets skryf

5

2

0

17

Organisasie-

vermoë

0

2

5

32

Handboek-

gebruik

5

2

0

3

Geheue

5

2

0

18

Handboek -

gebruik

0

2

5

33

Woordeskat

0

2

5

4

Woordeskat

0

2

5

19

Motivering

0

2

5

34

Motivering

0

2

5

5

Organisasie-

vermoë

5

2

0

20

Organisasie-

vermoë

0

2

5

35

Woordeskat

0

2

5

6

Organisasie-

vermoë

0

2

5

21

Toets skryf

0

2

5

36

Handboek -

gebruik

0

2

5

7

Probleem-

oplossing

0

2

5

22

Notas afneem

5

2

0

37

Handboek

gebruik

0

2

5

8

Toets skryf

5

2

0

23

Probleem -

oplossing

0

2

5

38

Geheue

0

2

5

9

Woordeskat

0

2

5

24

Luister-

vaardighede

0

2

5

39

Notas afneem

0

2

5

10

Luister-

vaardighede

0

2

5

25

Handboek-

gebruik

0

2

5

40

Geheue

0

2

5

11

Toets skryf

5

2

0

26

Luister -

vaardighede

5

2

0

41

Geheue

0

2

5

12

Toets skryf

5

2

0

27

Probleem -

oplossing

0

2

5

42

Notas afneem

5

2

0

13

Motivering

0

2

5

28

Notas afneem

0

2

5

43

Woordeskat

5

2

0

14

Luister-

vaardighede

5

2

0

29

Luister -

vaardighede

0

2

5

44

Geheue

5

2

0

15

Probleem-

oplossing

5

2

0

30

Motivering

5

2

0

45

Notas afneem

5

2

0

 

 

TABEL 2: Punteberekening

 

Luister-vaardighede

__

10

+

__

14

+

__

24

+

__

26

+

__

29

=

 

25

Motivering

__

1

+

__

13

+

__

19

+

__

30

+

__

34

=

 

25

Organisasie-

vermoë

__

5

+

__

6

+

__

16

+

__

17

+

__

20

=

 

25

Woordeskat

__

4

+

__

9

+

__

33

+

__

35

+

__

43

=

 

25

Handboek

gebruik

__

18

+

__

25

+

__

32

+

__

36

+

__

37

=

 

25

Notas afneem

__

22

+

__

28

+

__

39

+

__

42

+

__

45

=

 

25

Geheue

__

3

+

__

38

+

__

40

+

__

41

+

__

44

=

 

25

Probleem-

oplossing

__

7

+

__

15

+

__

23

+

__

27

+

__

31

=

 

25

Toets skryf

__

2

+

__

8

+

__

11

+

__

12

+

__

21

=

 

25


 

Studiewenke per vak:

 

Afrikaans:

  •          Lees ten minste 20 minute per dag, hetsy koerant of leesboek.
  •          Lees koerant om algemene kennis vir taalgebruik op te bou.
  •          Sorg dat die inhoud van die voorgeskrewe roman of drama ten volle geken word.
  •          Maak deeglik gebruik van notas uitgegee oor voorgeskrewe werk.
  •          Gaan stelwerk weer deeglik deur voor inhandiging met die oog op blantante foute.
  •          Vir gr 8 en 9: Wanneer woorde geleer moet word, skryf die woorde uit vir oefening.

 

Engels:

  •      LEES, LEES en nogmaals LEES. Hoe dikker die boek, hoe beter. Tydskrifte en comics tel nie regtig nie.
  •      Terwyl die boek gelees word en daar is ‘n woord wat nie verstaan word nie, moet die woord in die woordeboek nageslaan word. Dit is die beste manier om woordeskat uit te brei en sommer die spelling te verbeter.
  •      Blokkiesraaisels is ook ‘n baie goeie manier om spelling en woordeskat te verbeter.
  •      Met voorgeskrewe is dit van die allergrootste belang dat leerders seker is hulle ken hul boeke/stories/gedigte. Die leerders MOET self hulle boeke deurlees en seker maak hulle verstaan al die woorde, temas ens.
  •      LUISTER in die klas. Die meeste van die werk wat in die klas bespreek word, word in die toetse/eksamens gevra. As daar in die klas geluister word, hoef daar nie eers vreeslik geleer te word nie.
  •      Bring elke dag jou boeke skool toe en DOEN JOU HUISWERK!!! Indien jou boeke nie by die skool is nie of jou huiswerk is nie gedoen nie, gaan jy agter raak.
  •      Daar is nie iets soos ‘n mens leer nie vir Engels nie”! Sekere taalkonsepte MOET geleer word, bv. tenses, direct and indirect speech, active and passive voice, ens.
  •      Maak seker wanneer daar mondelinge gedoen word, dat jy voorbereid is. Moenie weier om mondelinge te doen nie, dit is ‘n baie groot deel van die DASS-punt.
  •      En VRA!! As iets nie verstaan word nie, vra vrae daaroor. Die konsep sal deeglik verduidelik word tot alles duidelik is.
  •      En moet asseblief nie net Engels as ‘n self-verdedigingstaal beskou nie. Praat Engels om jou taalvermoë te verbeter en om meer selfvertroue te kry.


Verbruikerstudie:

Leerders moet die volgende besef oor huiswerk en leerwerk:

  •      Hersiening beteken nie dat jy die werk net hoef deur te lees nie.
  •      Daar is slegs een persoon om mee te wedywer  - en dit is jouself.
  •      Streef altyd daarna om jou eie beste prestasie te oortref en altyd hoër doelwitte te bereik.
  •      Moenie jouself met ander vergelyk nie - dit lei tot bitterheid en weersin.
  • Huiswerk mag nie voor die TV of radio wat kliphard speel, gedoen word nie.
  • Leerders kan nie werk hersien met bulderende musiek in hul ore nie.
  • Jy lê nie op die bed of vloer en huiswerk doen nie.
  • Jy moenie jou selfoon in die hand hê om kort-kort mxit-boodskappe te antwoord nie.


RTT:

  •      Maak seker jou opsommings van Teorie is volledig. Jy moet oor die vorige jare se werk ook skryf.
  •      Maak gebruik van breinkaarte om jou opsommings makliker te onthou.
  •      Hersien gereeld. Die hoeveelheid teorie is te veel om dit in ‘n paar dae alles te leer.
  •      Die praktiese aktiwiteite wat elke dag in die dag in die klas gedoen is, moet weer by die huis deurgewerk word. ‘n Rekenaar tuis is nie noodsaaklik nie. Jy moet jou funksies so goed ken dat jy dit kan sê sonder dat   jy ‘n rekenaar voor jou het.
  •      Jy moet teen tyd kan werk. Die vraestelle moet teen tyd beantwoord word. Indien jy nie gaan oefen om teen tyd te werk nie, gaan jy dit ook nie regkry in die eksamen en toetse nie.


Tegnologie Siviel:

  •      Som elke dag se werk kortliks op.
  •      Begin betyds met take en opdragte.
  •      Doen pligsgetrou huiswerk.


Rekeningkunde en EBW:

  •      Doen daagliks getrou huiswerk.
  •      Huiswerk moet volledig (niks is te moeilik vir ‘n probeerslag nie) en teen tyd gedoen word
  •      Maak die werk jou eie deur dit te

deurdink

te ontleed

en in te oefen.

  •      Pas rekeningkundige beginsels deurlopend toe.
  •      Werk uit meer as een handboek( soos in klas beskikbaar).
  •      Vra vrae in klas...neem aan klasgesprekke deel.
  •      Dink na oor wat gedoen is en vra vrae soos “hoekom” en “waarheen gaan dit lei” , m.a.w. dink analities.
  •      Oefen verskillende voorbeelde vir ‘n toets en eksamen.


Besigheidstudies:

  •      Gaan elke dag die werk wat die dag gedoen is, deur.
  •      Maak seker dat jy alle terme verstaan.
  •      Maak agter in jou boek ‘n opsomming van nuwe terminologieë.
  •      Identifiseer moontlike langvrae, en som dit op.
  •      Lees die koerante! Skryf alle praktiese voorbeelde wat in die klas bespreek word en ook ander waarvan jy weet, by jou notas. Praktyk, Praktyk.....
  •      80% van leer gebeur in die klas, let dus op in die klas.
  •      Berei behoorlik voor vir toetse met studiemetodes wat jou persoonlik pas.


Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid:

  •      Jy moet jouself elke dag oopstel om bewustelik te leer en te doen - in die klas en by die huis.
  •      Jy moet dadelik vrae wanneer jy enige iets nie verstaan nie.
  •      Jy moet aktief luister en deelneem aan die klasbesprekings en verduidelikings.
  •      Jy moet elke dag jou huiswerk getrou self doen.
  •      Jy moet vir jouself of enige iemand anders jou werk in woorde kan verduidelik.
  •      Jy sal Wiskunde geniet indien jy saamwerk! Dit is ‘n vak wat baie bevrediging bied.


Lewenswetenskap:

  •      Konsentreer op die terminologie van die vraag, bv. definieer, motiveer, benoem ens. Daaruit kan jy aflei wat van jou verwag word.
  •      Maak seker dat jy presies weet watter materiaal geleer moet word vir ‘n toets of eksamen.
  •      Verkry eers kernkennis d.m.v. breinkaarte, oorkoepelende prentjies van die werk, ens. Sit daarna detail by.
  •      Luister aktief in die klas; gee dus aandag en wees stil. Skryf die hoofpunte neer en vrae as jy iets nie verstaan nie.
  •      Wanneer vrae beantwoord word, skryf die kern van die antwoord eerste neer en brei dan uit.

 

Fisiese Wetenskappe:

  •      Let op in die klas; dit is waar jou studie begin.
  •      Ken die definisies.
  •      Oefen genoeg voorbeelde. Gebruik ou vraestelle en ekstra handboeke.
  •      Vra dadelik as jy iets nie verstaan nie, volgende week is te laat.
  •      Sukkel eers ‘n rukkie met ‘n probleem. Moenie dadelik besluit jy kan dit nie doen nie.
  •      Moenie dadelik na die oplossings kyk nie. Die idee is juis om self te weet waar om te begin.

 

Natuurwetenskappe:

  •      Doen alles wat jy doen na die beste van jou vermoë.
  •      Luister aktief in die klas en maak aantekeninge.
  •      Gaan daagliks die werk self weer by die huis deur.
  •      Doen altyd jou eie werk.
  •      Verdeel die werk in kleiner komponente wanneer jy voorberei vir die eksamen. Moenie alles op eenslag probeer leer nie.


Geskiedenis en Geografie:

  •      Maak seker dat jy in die klas 100% oplet en die onderwerp volg en verstaan.
  •      Vra as daar enige iets is wat jy nie verstaan nie ( vreemde woorde, begrippe, ens.)
  •      Gaan elke dag se klaswerk weer deur en hou jou opsommings in joe werkboek op datum.
  •      Sorg dat jy vir ‘n toets of eksamen lank genoeg voor die tyd begin leer.
  •      Dit is ‘n inhoudsvak, wat beteken dat jy sal moet studeer en memoriseer. Vind ‘n studiemetode wat jou die beste pas
  •      Herhaling is een van die doeltreffendste metodes om jou langtermyngeheue te stimuleer.

  

Minimum Akademiese Standaarde

1.Ten minste 50% vir elke toets.

2.Hoër as 50% vir take, prakties en projekte

3.100% slaagsyfer vir ELKE leerarea.


“Dis belangrik om te weet dat jy tot soveel meer in staat is as wat jy dink jy ooit kan wees.”
(Anoniem)

 

 

MY AKADEMIESE ROETEKAART


Naam: ____________________________________ Klas: ______


Opdrag:

  1. Indentifiseer persentasiegewys die akademiese roete wat jy vanjaar in elke vak wil stap. Wees realisties, maar moenie jou potensiaal onderskat nie.
  2. Skryf die leerareas neer.
  3. Skryf nou die persentasie wat jy behaal het in elke leerarea aan die einde van die eerste kwartaal neer.
  4. Bepaal die interval % vir daardie leerarea vir die Junie-, September- en uiteindelik finale eksamen in potlood (sodat jy dit kan verander). Gebruik eerder intervalle van 5%, bv. tussen 65% en 70% vir Afrikaans.
  5. Voltooi nou die interval % soos die jaar vorder. Mik vir September 5% hoër as Junie en uiteindelik vir die finale eksamen weer 5% hoër as in September.
  6. PLAK HIERDIE ROETEKAART OP JOU LESSENAAR BY DIE HUIS.

 

Leerareas

% in Maart

Interval% vir Junie

Interval% vir September

Interval% Finaal

1

Afrikaans

 

 

 

 

2

Engels

 

 

 

 

3

LO

 

 

 

 

4

Wisk/WG

 

 

 

 

5

 

 

 

 

 

6

 

 

 

 

 

7

 

 

 

 

 

8

 

 

 

 

 

9

 

 

 

 

 

10

 

 

 

 

 

 

Handtekening: ______________________________

“Ek leef my potensiaal met passie”

 

Breadcrumbs