header.jpg

Toneel

Die skool bied jaarliks ‘n toneelstuk aan waar daar aan elke leerder die geleentheid gegun word om ook hul kultureel te ontwikkel.

 

Revue 2019 – The Greatest Show

Vanjaar het ons vir die eerste keer ooit ‘n revue in volle glorie aangebied. Die teks is vanaf die bekende film, The Greatest Showman, deur die toneelgeselskap en regisseuse verwerk na The Greatest Show. Die danse is gechoreografeer deur ons eie Dirkie Uyssers - Elanza Truter (ouer), Magdel Coetzee (oud-Tier), Lehandi Eygelaar (regisseuse), Bella du Toit (danser & aktrise), Nienke Smit (damser & akrise) en Junitte Noordeman (danser). 55 Tiere het die geselskap van die produksie uitgemaak waarvan 12 toneel gespeel, 17 gesing en almal gedans het.

Nie net was die eindproduk op die verhoog ‘n wonderlike produksie van professionele gehalte nie, maar die samehorigheid van die Tiere – ouers, personeel en leerders – wat saamgewerk het om die produksie op die planke te bring, is ‘n onvergeetlike ervaring.

Ons is baie trots op ons THE GREATEST SHOW-Tiere!