Sport

AGRI EXPO WESKAAP JEUGSKOU KAMPIOENSKAPPE 2017

WP SPAN – 2017

Wolskape Jnr

Wolskape Snr

 

19 – 21 Maart 2017 het die volgende leerders van HDU aan die jaarlikse Wes- Kaap Jeugskou Kampioenskappe te George deelgeneem.  Hulle neem onderskeidelik aan die Junior en Senior Wolskaapklasse deel.

In die Senior Wolskaap Skoumanklas word die plasings soos volg gedoen:

Derde Plasing – Suzanne Kotze, Graad 11

Reserwe Kampioen 2017 – Pierre van Heerden, Graad 9

Kampioen 2017 – Hannes Mostert, Graad 9

Dit is die tweede opeenvolgende jaar dat die Top 3 Senior Wolskaap Skoumanne van HDU is.

Die finale uitslag nadat die punte van teorievraestel, was, voorberei en skoumanklas gekombineer is, is:

1ste Suzanne Kotzé

2de Hannes Mostert 

3de Pierre van Heerden

Juniors:

 

Helize Dippenaar, Graad 8 is die Wes-Kaap Junior Wolskaap Skouman Kampioen 2017.

Die bogenoemde skoumanne is opgeneem in die Wes-Kaap Jeugskouspan wat in Oktober 2017 aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem te Bathurst in die Oos-Kaap.

Atletiek Wes-Kaapkampioenskappe 2017

Wilene Venter het tydens die Wes-Kaapkampioenskappe 'n derde plek in diskus behaal!

DUMA

Marcelle Crous het 96% in die UNISA teoretiese musiek-eksamen behaal.

Marina Hanekom het ‘n onderskeiding van 91% in die praktiese klaviereksamen behaal.

WES-BOLAND EISTEDDFOD: KATEGORIE WENNERS

Louwrens Smit    Elektriese Kitaar H/S Solo

Willie Hanekom  Baskitaar H/S Solo

Marcell Crous & Nicol Hanekom Higher Strings H/S Duet

Breadcrumbs