Die
Hoërskool Dirkie Uys staan bekend as ‘n “akademie-plus-skool”.
Hieronder word verstaan dat akademie die prioriteit van hierdie
top opvoedkundige instelling bly.
Hoërskool
Dirkie Uys strewe daarna om wêreldklas opvoeding vir elke leerder
te bied. Die skool is een van min skole in die provinsie wat “wire-less
LAN” en interaktiewe witborde in die onderrigproses gebruik. Ons
is besig met ‘n projek om die top graad 11-leerder met ‘n “lap-top”uit
te reik wat hy/sy in matriek kan gebruik. HDU is ‘n Afrikaans-medium-skool
en alle onderrig sal in Afrikaans plaasvind.
Daar
word gepoog om ‘n wye vakkeuse aan ons leerders beskikbaar te
stel. HDU sal die Algemene Akademiese Stroom en assesseringskriteria
volg. Dit word soos volg gegroepeer:
A:
Kernvakke
B:
Fundamentele keuse vakke
C:
Addisionele vakke
Om
hierdie ideaal te verwesentlik, groepeer ons leerareas soos volg:
Leerareas:
Grade 8 en 9
KERN-
EN FUNDAMENTELE VAKKE
Afrikaans
Primêre Taal
Engels
Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale
Wetenskappe
Tegnologie
Ekonomiese
Bestuurswetenskappe
Kuns
en Kultuur OF (Musiek as fokus by Musiekakademie)
Lewensoriëntering.
BELANGRIK:
Kandidate
wat in grade 8 en 9 aansoek doen, sal volgens hul prestasie
in Tale en Wiskunde in klasgroepe ingedeel word.
EKSTRA
VAKKE
Alle
graad 8 en 9-leerders doen ‘n rekenaargeletterdheidskursus by
die skool. Tydens hierdie kursus word ook aandag gegee aan syfer-
en leesvaardighede. Die bekende Eye-Read program word ingespan
om hierdie vaardighede van die leerders op te skerp. Hierdie verpligte
leerarea dien ook as oorbruggingsfase tussen voederskole en HDU.
Leerareas:
Grade 10 tot 12
A
KERNVAKKE
Die
volgende vakke is verpligtend en moet deur alle leerders geneem
word:
1.
Afrikaans Primêre Taal
2.
Engels Addisionele Taal
3.
Lewensoriëntering
4.
Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid
B
FUNDAMENTELE KEUSE VAKKE
Een
leerarea uit elkeen van die volgende groepe moet gekies word:
5.
Fisiese
Wetenskappe (Wiskunde ‘n voorvereiste)
OF
Geskiedenis
OF
Rekenaartoepassingtegnologie (RTT)
6.
Lewenswetenskappe
(Biologie)
OF
Tegnologie
Siviel (Fisiese Wetenskappe ‘n aanbeveling)
OF
Bedryfstudies
7.
Rekeningkunde
OF
Verbruikerstudie
OF
Aardrykskunde
C:
ADDISIONELE VAKKE
Die
Hoërskool Dirkie Uys beskik oor ‘n Musiekakademie (DUMA). Musiek
as fokusareas in die plek van Kuns en Kultuur (Algemene Baan)
kan in grade 8 en 9 by die Akademie gevolg word. Musiek as byvak
kan in grade 10 tot 12 gevolg word. Indien Musiek as leerarea
in grade 10 tot 12 gevolg wil word, sal die kandidaat aan die
minimum vereistes van die Musiekakademie moet voldoen. Bestudeer
die Musiekakademie se webbladsy vir meer inligting.
BELANGRIK:
Kandidate
kan slegs aan die einde van graad 10 toegelaat word om van leerarea
te verander, en dan slegs om grondige redes.
Minimumvereistes
om Grade 10 tot 12 te slaag, en om die Nasionale Senior Sertifikaat
te verwerf:
o
Behaal minstens 40% in die vereiste amptelike taal op Huistaalvlak
en nog 2 ander vakke.
o
Behaal minstens 30% in enige 3 ander vakke.
o
In 7de vak ten minste 'n volledige protefeulje bewys van skoolgebasseerde
(deurlopende) assesering.
Let
Wel: Hierdie slaagvereistes kan te enige tyd deur Nasionale
Onderwys verander word.
Minimum
toelatingsvereistes vir tersiêre sertifikate, diplomas of grade:
-
Vir
toelating tot die Hoër Sertifikaat, ‘n Nasionale
Senior Sertifikaat (NSS).
-
Vir
toelating tot ‘n diploma: ‘n Nasionale Senior Sertifikaat
met ‘n prestasieaanslag van 3 (dus 40% tot
49%) of beter in vier erkende NSS 20 - kredietvakke.
-
Vir
toelating tot ‘n B-graad: ‘n Nasionale Senior Sertifikaat
met ‘n prestasieaanslag van 4 (dus 50% tot 59%) of
beter in vier erkende vakke gekies uit die NSS 20 – kredietvaklys.
-
Bostaande
is die minimum toelatingsvereistes en elke inrigting mag addisionele
kriteria hê vir besonderse kursusse.
Leerarea
inligting:
Leerarea |
Leerarea
uitkoms |
Keuse
groep |

Mnr.
Faf Joubert
LEERAREA
HOOF |
AFRIKAANS
PRIMÊRE
TAAL
Om saam met UGO te help om
taalonderrig duidelik te fokus op die bereiking van die
uitkomste en sodoende alle leerders in staat te stel om
volgens hulle vermoë te presteer. |
VERPLIGTEND |
Me Yolande de Wet
LEERAREA HOOF |
ENGELS EERSTE ADDISONELE
TAAL
I
want to open up the minds of pupils, I want them to be able
to express themselves logically in speech as well as writing.
I want them to learn the importance of words and their meanings,
to acquire respect for language. I want them to become readers
because through reading one acquires knowledge and understanding
of others. I also want them to become tolerant of those
who are different. I want them to acquire general insight.
These are my teaching goals. |
VERPLIGTEND |

Me
Tianni Brand
LEERAREA
HOOF |
WISKUNDE
EN WISKUNDIGE GELETTERDHEID
Wiskunde ontwikkel
leerders se logiese en kritiese denkprosesse. Dit stel leerders
in staat om bestaande kennis te gebruik om veralgemenings
te maak en probleme in die alledaagse lewe op te los.
Wiskundige Geletterdheid
berei die leerder voor om ‘n selfbesturende persoon, bydraende
werker en deelnemend landsburger te wees. Dit ontwikkel
die effektiewe gebruik van numeriese vaardighede wat in
die praktyk (alledaagse situasies) benodig word. |
VERPLIGTEND |
Me
Ronel Henning
LEERAREA
HOOF |
PRAKTIESE
VAKKE (RTT, VERBRUIKERSTUDIE, TEGNOLOGIE SIVIEL)
In RTT doen
leerders praktiese kennis op oor die gebruik van sagteware.
Hulle verkry ook teoretiese kennis oor rekenaars en die
omgewings waarin dit gebruik word. Die korrekte sleutelbord
vaardigheid is ook ‘n komponent van die vak.
Verbruikerstudie
is ‘n opwindende en diverse veld wat baie verskillende aspekte
van die daaglikse lewe dek. Jy word blootgestel aan entrepeneurs
geleenthede wat jou in staat stel om jou eie besigheid te
begin. Die doel is om ingeligte, verstandige verbruikers
te ontwikkel, wat 'n besigheidsvisie het vir die toekoms.
Die vak bestaan uit vier hoof areas: Voeding, Kleding, Verbruikerstudie
en Behuising. Dit sluit 'n groot deel prakties in waar leerders
vaardighede aanleer vir die bereiding van voedsel.
In Tegnologie Siviel
doen leerders kennis op oor alle aspekte van die boubedryf
deur middel van teorie, prakties en ondersoekende
take. |
|
Mnr
Johan Jacobs
LEERAREA HOOF |
LEWENSWETENSKAP,
FISIESE WETENSKAP
Lewenswetenskap
bestudeer die studie van die lewe met die natuurlike sowel
as die mensgemaakte komponente. Leerders ontwikkel begrip
vir die basiese lewensprosesse en die interafhanklikheid
van die omgewingsfaktore daarop. Wetenskaplike probleemoplossing
sowel as kritiese denke word bevorder. Die vak help om verantwoordelike
burgerskap te ontwikkel en bevorder.
Fisiese wetenskap
ondersoek fisiese en chemiese verskynsels. Dit word gedoen
deur wetenskaplike navraag, toepassing van wetenskaplike
modelle, teorieë en wette ten einde gebeure in die fisiese
omgewing te verduidelik en te voorspel. Ses hoof kennisareas
inspireer die vak. Materie en materiale; stelsels; chemiese
verandering; meganika; golwe, klank en lig en Elektrisiteit
en magnetisme. |
|
|

Mnr.
Louwtjie Smit
LEERAREA
HOOF |
LEWENSORIëNTERING
EN KUNS EN KULTUUR
Lewensoriëntering
(LO) sluit as ‘t ware Jeugweerbaarheid, Godsdiensonderrig, Liggaamlike Opvoeding,
Gesondheidsleer, Burgerskap en Voorligting In.Derhalwe is Persoonlike welstand, Sosiale ontwikkeling,
Burgerskap-opvoeding, Rekreasie
en fisieke aktiwiteit, en Beroepskeuses
die leeruitkomste van ons leerarea.Onderwerpe
wat met die leerders behandel word sluit o.a. in: Selfbeeld, waardes, kommunikasie, besluitneming,
keuses, konflikhantering, groepsdruk,
gemeenskapsbetrokkenheid, dwelmmisbruik, vigs, gesondheid,
fiksheid en oefening, eetgewoontes, sport en spele, studiemetodes
en beroepskeuses.
Kuns en
kultuur (KK) kom tot uiting in die komponente van Kuns, Drama, Musiek
en Dans. Dit toon
hoe mense dinge doen, gebaseer op hul geloofsisteme,
waardes, taal, gewoontes en tradisies.
Dit verryk en bemagtig ons leerders om nasies - met
hul ryk kulturele diversiteit, asook die mooi van die lewe,
te verstaan en te waardeer. |
VERPLIGTEND |

Me
Mariette van Wyk
LEERAREA
HOOF |
SOSIALE
WETENSKAP
Geografie
bestudeer die uitwerkings van patrone en prosesse van hoe
mense lewe Dus die uitwerking van fisies en menslike prosesse
op die omgewing. Dit verwys ook na maniere waarop mense
die omgewing op verskillende skale verander. Geografie is
‘n wetenskap en ingestel is op vaardighede en om die tegnieke,
kennis en begrip en om dit toe te pas. Om oplossings vir
kwessies en uitdaging sin ons omgewing op plaaslike, nasionale,
kontinentale en wêreldwye skaal te vind.
Leerders bestudeer Geskiedenis
deur vrae te stel oor die verlede, inligting uit bronne
te onttrek, evalueer en interpreteer en daardeur die wêreld
van vandag beter te verstaan. |
|
|
Me
Madelene Coetzee
LEERAREA
HOOF |
REKENINGKUNDE,
BEDRYFSTUDIES
Rekeningkunde
is die bestudering van 'n mensgemaakte stelsel wat die basis
vorm van enige finansiële besluite. Die vak bestaan uit
finansiële rekeningunde (dws die verwerking van die finansiële
data van gister), bestuursrekeningkunde (wat met die finansiële
beplanning van môre werk), etiek (dws die ondersoek van
die waarde sisteme in die besighede) en interne kontroles
(dws die beheer oor jou bates en jou laste). Rekeningkunde
is dus 'n vak wat jy sal gebruik ongeag jou beroepskeuse.
In Bedryfstudies
word
daar gekyk na belangrike sakebeginsels en hoe om dit toe
te pas. Leerders word toegerus met die kennis om sakegeleenthede
te identifiseer en dit te omskep in 'n uitvoerbare sakegeleentheid.
Daar word ook gekyk na verskeie uitdagings in die sakewêreld
en hoe om besigheidsprobleme op kreatiewe maniere op te
los. Leerders word dus opgelei om toekomstige entrepreneurs
te word. |
|