AAN DIE STUUR
KOSHUISE
BRIEWE

Top 10

ADMINISTRATIEF
Personeel
Kwartaal-
program
Kontak-
besonderhede
Aanwysings
Skoolkode
NUWE DIRKIE UYSERS
KULTUUR
ARGIEF
FOTO'S 2008
 
Nuwe Leerders Inligtingsblad

 

Kliek hier vir 'n aanbieding oor 'n ware Dirkie Uyser

 

Uit die Kantoor

Geagte Ouer/Voog
Dankie dat u Hoërskool Dirkie Uys as opvoedingsinstansie vir u kind oorweeg. Ek is oortuig dat hierdie puik plattelandse skool, wat gehalte opvoeding en onderrig betref, nie maklik oortref kan word nie. 
Dit is die strewe van Hoërskool Dirkie Uys om as ‘n opvoedkundige sentrum van uitnemendheid in die Wes-Kaap bekend te staan.  Die geskiedenis en tradisies van die skool die afgelope 134 jaar dra elke dag by tot die verwesentliking van hierdie doel. Dit is vir ons belangrik om jong volwassenes, wat nie net ‘n bydrae kan lewer tot die ontwikkeling van ons pragtige land nie, maar wat wel ‘n wesentlike verskil kan maak   die samelewing in te stuur.  Dit is ons doel hier by Hoërskool Dirkie Uys om die leiers van môre te kweek.
Die “skool sonder grense” visualiseer die missie om elke leerder in staat te stel om optimaal te funksioneer.  Dit kry ons reg deur elke leerder se intellektuele, ligaamlike en geestelike ontwikkeling optimaal te stimuleer.
Die skool beskik verder oor uitstekende koshuisgeriewe vir seuns en dogters. Dit stel leerders van oral oor die Wes-Kaap in staat om onderrig te ontvang in ‘n plattelandse atmosfeer waar goeie waardes, dissipline en norme deel vorm van die alledaagse lewe.
Graag wil ons u kind uitnooi om in 2011 te kom deel in 135-jaar se uitnemendheid en tradisies. Maak die leuse “môrelig roepingsplig” deel van u lewe.
Vriendelike groete
Daneil J. Ross
SKOOLHOOF

Koshuis oorslaap 2010

OPEDAG 2010

VISIE

MISSIE

 Ons missie is:

 

Ø Om n christelike, positiewe, veilige en gelukkige leeromgewing te skep;

Ø waar alle leerders sukses, waardes, vriendskap en trots sal ontwikkel;

Ø waar leerders die diverse talente en kulturele agtergrond van elke leerder sal respekteer;

Ø hul volle potensiaal sal bereik;

Ø en sal strewe om as verantwoordelike jong burgers n positiewe bydrae tot die groei en ontwikkeling van Suid-Afrika te lewer.

PLATTELANDSE ATMOSFEER

 

Ons is ‘n Afrikaans-medium skool wat glo in dissipline en ‘n gesonde opvoeder-kind verhouding.

Ons fisiese nabyheid aan die koringlande van die Swartland bring ons kinders deur-lopend onder die indruk van wisseling van seisoene en die mens se afhanklikheid van die natuur.

 

‘n Groot persentasie van ons leerders kom van plase af – wat ons skool ‘n unieke karakter gee. Die gewildheid van ons Landsdiensklub bevestig die liefde vir die buitelewe wat daagliks op ons voorstoep is.  

Tog is ons naby genoeg aan Kaapstad (100km) om al die voordele daarvan te geniet.

Wat ‘n absolute voorreg en geleentheid vir u kind om sy of haar Hoërskoolonderrig in ‘n plattelandse atmosfeer en in ‘n puik skoolkoshuis te ondergaan!

Die Hoërskool Dirkie Uys is die skool van EERSTE KEUSE in die Swartland en Weskus!  Maak u kind deel van 134 jaar van trotse tradisies en onderrig! 

 

DIRKIE UYS SE IDEAAL VIR SY LEERDERS

 

1.        ‘n Lewende verhouding met Jesus Christus

2.        ‘n Positiewe selfbeeld as unieke mens.

3.        ‘n Eie opinie met respek vir ander s’n.

4.        Nederigheid en bereidheid tot diens.

5.        In alle opsigte ‘n gelukkige mens.

6.        Selfgedissiplineerdheid.

7.        Iemand met integriteit

8.        Verwesenliking van volle potensiaal

9.        Voorbereiding vir ‘n suksesvolle loopbaan.

10.   Groei tot fisiese, geestelike en sosiale volwassenheid.

HDU AKADEMIE

Ons skool beskik oor die volgende :

 

·       Taalklasse vir graad 8 met ongeveer 20 leerders

·       ‘n oorbruggingskursus vir alle graad 8-leerders wat die gaping tussen LS en HS moet oorbrug

·       ‘n Puik nuwe taallaboratorium (enigste in die Weskus en 1 van min in die provinsie) met o.a. die Eye-read, Stimulus Maksima en die MasterMaths programme.

·       Die RTT-rekenaarsentrum wat aan elke leerder toegang bied tot navorsingsbronne, asook eposgeriewe en internettoegang.

·       ‘n Wireless-LAN skoolomgewing.

·       ‘n Omvattende vakkeuse in die VOO-fase wat verseker dat getalle per vakgroep klein bly.

·       Ten volle toegeruste interaktiewe witborde in die Wiskunde, Wiskundige geletterdheids klasse, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde en Taallaboratorium.

·       Toetsrooster elke Dinsdag en Donderdag.

·       Voeg daarby innoverende, goed opgeleide en ervare personeel wat :

·       Spesiale moeite doen om geletterdheid en syfervaardighede te verbeter in die taallaboratorium sodat u kind gereed is vir die VOO-fase in grade 10 tot 12.

·       Leerders verplig om, veral Engels, te lees met ‘n intensiewe leesprogram

·       Die rekenaarsentrum benut om taal en Wiskunde te bevorder, asook Geografie en Tegnologie Siviel in die VOO-fase

·       Nou betrokke is met die akademie van elke kind

·       en wat ‘n akademiese intervensieprogram gebruik  om leerders te ondersteun en verantwoordelikheid aan te leer

 

Die resultate is

·       ‘n jaarlikse oes van gemiddelde A-simbole in gr 12

  en ook in al die ander grade

·       Gr 12 leerders wat die toptien ranglys haal bv. Vierde in die Provinsie in Engels in 2008.

·       100% matriekslaagsyfer

·       En die belangrikste: dat leerders wat die geleenthede gebruik uitstekend en soms selfs bo verwagting en vermoë presteer.

 

Ons streef daarna om leerders so voor te berei dat hulle ‘n sukses kan maak van verdere studies of dat hulle met selfvertroue die arbeidsmark kan betree.

INDIVIDUELE AANDAG

 

Leerdertal 350. Die Hoërskool Dirkie Uys is ‘n staatskool met privaatskool atmosfeer.

 

Wye vakkeuse 

 Klein genoeg vir individuele aandag

Maksimale ontwikkeling van elke leerder

Wêreldklas tegnologie vir wêreldklas onderrig – niks anders is goed genoeg vir ons kinders.

Kompeterend op alle gebiede

Ekstra klasse

Oueraande

Intieme fisiese geboue-opset

Ons is ‘n groot familie

http://www.dirkieuys.co.za/images/vlag.JPG http://www.dirkieuys.co.za/images/wapen.jpg http://www.dirkieuys.co.za/images/skool%20sonder%20grense.jpg

Minimum Akademiese Standaarde

 

1.                     Ten minste 50% vir elke toets.

2.                     Hoër as 50% vir take, prakties en projekte

3.                     100% slaagsyfer vir ELKE leerarea.

Dis belangrik om te weet dat jy tot soveel meer in staat is as wat jy dink jy ooit kan wees.”
(Anoniem)

UITSTEKEND GEKWALIFISEERDE OPVOEDERS

 

v Top gekwalifiseerde Opvoeders met ondervinding en passie.

v Kundiges op vakgebied

v Hoë gemiddelde aantal jaar ondervinding

v Hoof- en Subeksaminatore – Senior Sertifikaat-eksamen

v Handboekskrywer VOO

v Voorsitters van vakstudiegroepe

v Leiers op vakgebied in ons area

v Woon gereelde indiensopleidingskursusse by

v Jongste tegnologie in klasonderrig beskikbaar

v Christelike beginsels en maatstawwe as onderrig-uitgangspunt.

“Met professionaliteit die toekoms in”

 

HS DIRKIE UYS

“WÊRELDKLAS ONDERRIG VIR WÊRELDKLAS LEERDERS”

Die HS Dirkie Uys beskik oor die volgende akademiese tegnologie:

Lokale

-       RTT-rekenaarsentrum (36 rekenaars)

-       Taallaboratorium /Mediasentrum(26 rekenaars)

-       3 klasse met Interaktiewe Witborde/onderwyserskootrekenaars/dataprojektors

-       Mimio-klaskamers met dataprojektors

-       Rekenaartoegang in beide seuns- en dogterskoshuise.

HDU Taallab  019.jpg HDU mnr  Jacobs 024.jpg

Sagteware

-       Stimulus Maxima Leesprogram – die beste in Suid-Afrika

-       Mindsetskottel en videos in 2 Engelse klasse en Mediasentrum

-       Eye-read vir leesspoed

-       Master-Maths vir inskerping van wiskunde en wiskundige geletterdheid

-       Wireless-LAN skoolomgewing

-       Internet/epos toegang vir leerders

-       PACE-program vir graad 9-leerders (vak/beroepskeuses)

-       Ander vakverwante (tegnologie-siviel en geografie) sagteware.

SKOOLDRAG

 

 

Meisies: 

Somer: Navy platplooi romp (met wit sokkies) OF
Navy langbroek (met donker sokkies)

Wit kortmouhemp

 Navy Dirkie Uys trui OF

 Navy Dirkie Uys oortrektrui 

 Navy / bruin / swart haarbykomstighede

 Net goue / silwer oorringetjie of knopie

 Skoolbaadjie (opsioneel)

 

Winter: Navy platplooi romp (met swart kouse) OF

 Navy langbroek (met donker sokkies)

 Wit langmouhemp

 Das

 Navy Dirkie Uys trui OF

 Navy Dirkie Uys oortrektrui

 Skoolbaadjie (opsioneel)

 Skoolreënbaadjie (opsioneel)

 Skoolserp (slegs saam met baadjie)

 Navy / bruin / swart haarbykomstighede

 Net goue / silwer oorringetjie of knopie

 

 

Seuns: 

Somer: Grys kort- of langbroek (met swart gordel)

Grys sokkies met streep (Geen wit sokkies)

   Wit kortmou hemp

 Navy Dirkie Uys trui OF

 Navy Dirkie Uys oortrektrui

 Skoolbaadjie (opsioneel)

 Skoolserp (slegs saam met baadjie)

 

Winter: Grys langbroek (met swart gordel)

 Grys sokkies met streep (Geen wit sokkies)

 Wit langmouhemp

 Das

 Dirkie Uys trui OF

 Dirkie Uys oortrektrui

 Skoolbaadjie (opsioneel)

 Skoolreënbaadjie (opsioneel)

Die skool se klerewinkel is op Vrydae tussen12:00 en 13:00 oop, asook op aanvraag soos met die skool gereël. Klere word volgens bestelling aangekoop, met 100% deposito by bestelling.  Skoolskoene, wit sokkies, grys broeke en wit hemde kan by enige klerewinkel gekoop word.

WINTER- EN SOMERSPORTE

RUGBY

 

 

Die afgelope 20 jaar het Hoërskool Dirkie Uys 80 provinsiale rugbyspelers opgelewer.  Ses spelers word ook as kapteine van Bolandskolespanne verkies.  In die tydperk lewer die skool drie SA-Skolespelers op waarvan een as onderkaptein van die nasionale span verkies word. Baie van hierdie spelers word na skool in Senior Provinsialespanne opgeneem. Twee van die skool se afrigters het die SA-Skolespan onderskeidelik afgerig en ook op die SA-Skolekeurkomitee vir jare gedien. Die SA O/19 en O/17-spanne onder die afrigterskap van dié leerkragte het die Wêreldbeker vir die O/19’s en O/17’s in Frankryk verower. Die skool se O/19A-span het in 2003 vir die eerste keer in die skool se bestaan na Argentinië getoer en met skitterende vertonings (oorwinnings) terug gekeer.  In 2007 het hul weer ‘n toer na Argentinië onderneem en al hul wedstryde gewen. Die skool werk verder nou   met die bekende Alan Zondach RPC-instituut op Riebeek saam.

 

OB van Rooy 2009 Bolandspeler:

 

 

 

NETBAL

 

Die afgelope 11 jaar het ons 35 Bolandspelers opgelewer, asook 37 spelers wat ‘n provinsiale skeidsregtesgradering verwerf het. Ons O/19-span was die afgelope 6 jaar drie maal aangewys as die beste span in die Wes-Boland. Ons O/19A-span neem gereeld met onderskeiding aan verskeie sportdae deel. Ons ander spanne speel gereeld ligawedstryde en kompeteer goed. Die eerstespan het in 2006 hul eerste oorsese  toer na Maleisië onderneem en met skitterende vertonings teruggekeer. In Maart 2010 onderneem die 019A- en B-spanne ‘n tweede suksesvolle oorsese toer na Maleisië.

 

Bolandnetbalspelers 2009:

TENNIS

    

 

Ons beskik oor 12 bane en Westman Tennisskool rig deur die jaar op Maandae af.  Ons speel met 4 spanne in die liga en baie leerders speel ook sosiaal. ‘n Hele aantal leerders speel jaarliks vir Wes-Boland. In 2008 wen die seuns die liga, terwyl die tweede dogterspan hul liga in 2009 wen. Die eerste dogterspan wen die liga in 2010.

 

Die eerste dogterstennis is vanjaar liga kampioene.

 

 

 

KRIEKET

 

 

Ons spanne gee uitstekende rekenskap van hulself in die Wes-Bolandliga. Die O/19A-span speel in die Superliga en vaar baie goed teen die sterker spanne in die Boland. Dirkie Uys lewer op gereelde grondslag spelers vir die Wes-Boland streekspanne en het gedurende die laaste 7 jaar 11 Bolandspelers opgelewer.  Verskeie van ons spelers en leerders is ook gekwalifiseerde skeidsregters en ‘n eksamen van die Verenigde Krieketraad word jaarliks by die skool afgeneem. Die 015-krieketspan is vanjaar onoorwonne.

 

Bolandspelers in 2009 ontvang hul pette by Bolandpresident.

 

SWEM

Die afgelope 3 seisoene lewer die skool 15 swemmers op wat Boland op onderskeie toernooie verteenwoordig.  Een van die swemmers word vir die WP-span gekies wat aan die SA Nasionale B-kompetisie in Durban deelneem. Daar is ‘n lewendige belangstelling in dié sport, en ±50 swemmers oefen gereeld 4 dae van die week.  53 Rekords is in 2006 tydens die kleurebyeenkoms verbeter. Spreiligte is onlangs by die swembad opgerig.

 

Medaljes deur ons top swemmers vanjaar by Kampioenskappe verower:

 

Vanjaar se Junior en Senior Victor en Victrix Lodorums:

 

 

HOKKIE

HDU bied meisiehokkie al vir 30 jaar aan. By HDU word moeite gedoen sodat meisies op topvlak kan presteer en die gemiddelde spelers op hulle eie vlak die spel kan geniet. Die afrigters se doelwit is dat die spelers sal leer om gesonde lewensbeginsels op en van die veld toe te pas. Die skool se eerste span laat hulself deeglik geld in die Bolandliga. Minihokkie word vanaf 2002 amptelik deur die Laerskool aangebied wat ‘n groei in dié sport se gehalte en standaard sal verseker.  Dirkie Uys het die afgelope 10 jaar gereeld ‘n provinsiale afrigter gelewer. Dirkie Uys het die afgelope 10 jaar 15 Bolandspelers opgelewer. Seunshokkie word deur ‘n top buiteafrigter aangebied.

 

In 2007 het die hokkie ‘n oorsese toer na Engeland en Nederland onderneem.

 

ATLETIEK

 

 

Die kleurbyeenkoms is een van ons skool se hoogtepunte.  Deelname aan die Kleurebyeenkoms in 2010 was 95%. Dit is ‘n geleentheid wat baie goed deur ouers, oudleerlinge en leerders ondersteun word.  Die optog en bekend-stelling van elke span se tema gedurende die aandete is ‘n hoogtepunt.

 

Ons atlete vaar besonder goed op streek en provinsiale vlak.  Die afgelope 10 jaar is 25 atlete vir die Bolandspan gekies. In 1996 en 2001 was die kaptein van die Bolandspan een van HDU se atlete.  Hoërskool Dirkie Uys doen moeite om die dienste van uiters bekwame en toegewyde afrigters te bekom

 

Wes-Boland en Boland Atlete 2010:

 

TWEEKAMP

(SWEM EN HARDLOOP)

 

Ons atlete neem ook vanaf vanjaar aan hierdie baie interessante nommer deel.  Petro Rossouw het Boland vanjaar by die SA-Kampioenskappe verteenwoordig en puik gevaar.

 

SKAAK

Interskole 002

 

Skaakafrigting word op ‘n weeklikse basis deur die loop van die jaar aangebied. Deeglike kwartaalbeplanning word gedoen. Leerders neem deel aan kampioenskappe en kan Bolandkleure vir die sportsoort verwerf.

 

 

Boland Skaakspelers;

  

RITMIESE GIMNASTIEK

 

 

Ritmiese Gimnastiek word sedert 2008 deur ‘n professionele afrigter by die skool aangebied. Daar is heelwat belangstelling, veral onder die juniors.  Die leerlinge het al aan die eerste kompetisie deelgeneem en met groot opwinding hul eerste medaljes huis toe gebring.

 

GHOLF

 

 

Die skool het tans ‘n senior- en beginnerspan wat in die Wes-Bolandliga speel. Wedstryde vind op Maandae plaas. Afrigting vind ook op alternatiewe Maandae  en Vrydae by die Moorreesburgse gholfklub plaas. Spelers word aangemoedig om geaffilieerde klublede te word en gedurende vakansies aan toernooie deel te neem.