
HS DIRKIE
UYS
“HIER BOER ONS MET WENNERS”
OUERHANDLEIDING
VIR
AKADEMIESE
VORDERING
Brief aan u
as ouer
Beste
Ouer/Voog
U is deel van ‘n span wat saam met u
kind, skool en onderwyser na “akademiese sukses” as
eindbestemming moet strewe.
Ek glo dat die suksesresep vir ‘n
wenspan gesetel is in die besef dat al die spanspelers eerstens belangrik is en
tweedens hul verantwoordelikhede en take moet nakom indien die span suksesvol
wil wees.
As een van
die rolspelers nie sy of haar funksie vervul nie – kan die span nie suksesvol
wees nie – kan u kind nie akademiese sukses behaal nie.
Die doel van
hierdie boekie is om u van raad en daad te bedien om u kind as ouer/voog (en ‘n
belangrike rolspeler in die span) by die huis by te staan.
Dit is belangrik om daarop te let dat
die hooftaak van ‘n kind op skool – is
om akademies te vorder – alle ander dinge is bysaak. Die HS Dirkie Uys
se trotse akademiese uitslae posisioneer die skool as een van die topskole in
die Wes-Kaap.
Gebruik die
wenke in hierdie boekie in u gesprekke met u kind. Onthou u is in beheer van u kind se opvoeding
en dit is soms baie belangrik om u voet neer te sit in belang van u kind.
HS Dirkie Uys stel baie hoë
akademiese standaarde aan sy leerders.
Ons glo dat net die beste goed genoeg is vir ons kinders. Ons
leerders moet leer om te deel in hierdie filosofie en denke.
Die volgende is minimum akademiese standaarde vir HS Dirkie Uys:
·
50% in alle toetse
·
Hoër as 50% vir take, aktiwiteite, prakties en projekte
·
100% slaagsyfer in alle vakke vir alle matrieks.
SKOOLHOOF
AKADEMIESE
WENKE VIR OUERS
1. STUDIETYE TUIS
·
Dit is van kardinale belang dat u kind vaste geskeduleerde
studietye het waar hy of sy:
-
Huiswerk moet doen
-
Die werk wat vandag in die klas gedoen is, hersien deur dit deur te lees
-
Moet studeer vir toetse wat elke Dinsdag en Donderdag geskryf
word
-
Voorgeskrewe boeke (Afrikaans en Engels) gelees moet word.
·
U kind het dus ALTYD ELKE
DAG HUISWERK.
2. U KIND SE STUDIEPLEK BY DIE HUIS
·
U kind moet in ‘n stil en georganiseerde plek sy of haar
tuiswerk of studie doen.
·
Gesels dus met u kind om seker te maak sy of haar kamer en
studietafel georganiseerd en netjies is.
·
Kinders mors dikwels baie tyd op soek na notas of omrede
boeke weg is.
·
AKADEMIESE TEIKENS EN TOETSROOSTERS BEHOORT OP SY OF HAAR
LESSENAAR GEPLAK TE WEES. Dit fokus hul
denke op ‘n georganiseerde wyse op hul akademie.
3. STUDIETYE
·
Leerders behoort in die middae na skool vir ongeveer 2 ure en
na aandete vir ‘n verder 2 ure met studie/hersiening/huiswerk besig te wees.
·
Dit is goed om voor die tyd vir toetse te begin leer. Dinsdae se toetsvoorbereiding behoort reeds
die voorafgaande naweek (+- ‘n uur) te begin, terwyl Dinsdae middae (+- ‘n uur)
‘n goeie tyd is om reg te maak vir Donderdag se toets.
·
Hy of sy moet saam met u hul buitemuurse program (sport en
kultuur) beplan.
4. TOETSE
·
Daar is ‘n toetsrooster uitgestuur wat u gerus op die yskas
kan plak. So bly u op hoogte van u kind
se akademiese verpligtinge elke week.
Indien u nie die toetsrooster het nie besoek www.dirkieuys.co.za en kliek op toets/eksamenroosters.
·
Toetse word gewoonlik binne 5 dae na die skrywe daarvan
gemerk. Vra vir die toetsuitslag en TEKEN asseblief die toets. Bespreek ook u kind se toetsuitlae met hom of
haar.
·
U kind MOET sy of haar toetse na die tyd uitwerk om uit hul
foute te leer.
·
ONTHOU as u kind 50% in ‘n
toets behaal beteken dit dat sy of hy 50% van die werk nie geken het nie.
5. AKADEMIESE DOELWITTE/MIKPUNTE/TEIKENS
·
U weet nou wat die skool se minimum akademiese standaarde
is. Hierdie standaarde is met u kind
deur die onderskeie vakonderwysers bespreek.
Teikens vir alle leerareas is ook opgeplak in alle klasse.
·
U kind moet egter vir ELKE vak sy of haar eie teikens
bepaal. U moet dit saam met u kind doen.
As u kind nie gefokus is om na ‘n
bepaalde teiken te beweeg nie – beweeg hulle uiteindelik na GEEN TEIKEN.
·
Maak eerder gebruik van intervalle bv. WG tussen 55% en 60%
as enkele persentasie teikens - dit is makliker om ‘n interval teiken (nie meer
as 5%) te bereik.
6. EKSAMENS
·
Eksamensukses word deur ‘n realistiese hersieningsrooster
bepaal wat WEL uitgevoer word.
·
Die beginsel van “eet die olifant happie vir happie” geld
hier.
·
U moet dus voor eksamens saam met u kind beplan (skriftelik)
hoe en wanneer hersiening begin.
·
U kind moet die hersieningsrooster en eksamenrooster weereens
op sy of haar lessenaar plak.
7. WINTER EN LENTE SKOLE (Grade 10-12)
·
Dit is van kardinale belang dat u kind gedurende vakansies
hierdie hersiening/slypskole (waar van toepassing) sal bywoon.
·
Waardevolle hersiening en insette word by die skole gemaak
wat vir u kind van baie groot belang sal wees.
8. WEEK- EN SOSIALE TYE
·
U kind se hooftaak op skool is om te LEER – alle ander dinge
is bysaak.
·
Maak seker dat u kind nie op ‘n Maandagaand of Woensdagaand
sosiale afsprake het nie.
·
Hierdie twee aande moet kinders by die huis wees besig om
hard vir die volgende dag se toetse te leer.
·
Maak seker u kind is nie tot watter tyd op weeksaande besig
om te mxit of sosiaal by ander kinders te kuier nie.
·
Maak seker daar is ‘n “gaan-slaap-tyd” EN ‘n “inkom-tyd”
·
ONTHOU die beste plek vir
leer is in die klaskamer – dit is hier waar u kind wakker moet wees.
·
Maak verder ALTYD seker u
WEET WAAR u kind is.
9. KLASTYE
·
As u kind afwesig is
verloor hy/sy 6 tot 7 periodes wat baie moeilik ingehaal kan word.
·
Die belangrikste plek om
te leer – is in die klaskamer.
·
U kind moet dit besef en ter alle tye ten volle betrokke en
bewus wees van die akademiese kennis wat in die klas oorgedra word.
·
Daar is nie tyd om tyd
te mors nie.
·
Huiswerk moet nie net gedoen word nie, maar moet behoorlik gedoen word.
·
Dit sal nie toegelaat word dat ‘n leerder op sy of haar arms
tydens klas lê nie. Onderwysers is
professionele opgeleide persone en leerders sal die nodige respek teenoor hulle
betoon.
·
Die probleem word veral Maandae ondervind. As leerders moeg bly dan is daar ‘n rede.
Die oplossing is maklik – hulle moet vroeër gaan slaap.
10. AKADEMIESE VERSUIM
·
Indien leerders nie huiswerktake afgehandel of behoorlik
afgehandel het nie, moet daardie leerder direk na skool bly om hierdie werk in
te haal.
·
U kind kan nie die
volgende dag begin met ‘n akademiese agterstand nie!
·
Hierdie beleid is deur die
Skoolbeheerliggaam goedgekeur en is nie onderhandelbaar nie. Daar is werklik nog enkele
leerders wat die stelsel ignoreer en net wegbly. Hulle verontagsaam ‘n direkte opdrag van
onderwysers en skoolbeleid en daar sal baie ernstig teenoor hulle opgetree
word.
·
Hierdie stelsel is nog ‘n kans wat aan leerders gebied word
om hul akademiese werk op datum te hou.
Laastens het u kind u volgehoue
ondersteuning en belangstelling in sy of haar akademie nodig. Om ouer te wees is nie maklik nie …. maar ‘n geweldige voorreg en plesier!