AAN DIE STUUR
KOSHUISE
BRIEWE
Uit die
Hoof se
Kantoor

Top 10

Personeel
Kwartaal-
program
Kontak-
besonderhede
Aanwysings
Skoolkode
NUWE DIRKIE UYSERS
BUITEMUURS
ARGIEF
FOTO'S 2010
 

SKOOLHOOF BLOG BLADSY

SKOOLHOOFBLOG VIR WEEK EINDIG 21 OKTOBER 2011

“ Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand!”

bemarkingsfotos 012.jpg


Hierdie baie bekende woorde van C. Louis Leipoldt het hierdie pragtige maand in die Swartland ingelei.

Ons matrieks se laaste akademiese dag was Vrydag 14 Oktober en die skool neem afskeid van almal op Vrydag 21 Oktober.  Op Vrydag sal ons ‘n saaldiens hou en daarna verdaag na die NG Kerk vir die tradisionele diens om 10H00.  U as ouers is baie welkom om die laaste saalbyeenkoms en kerkdiens by te woon.

Ons RTT – matriekleerders het reeds op Maandag 17 Oktober en Woensdag 19 Oktober hul eksamen afgelê.  Ons is baie dankbaar dat dié eksamen goed afgeloop het.

Die res van die matrieks sal almal op Maandagoggend 24 Oktober om 9 uur in die NG Kerksaal begin. Leerders moet ten minste 30 minute voor die amptelike skryftyd begin, aanmeld by die opsieners. Maak asseblief seker u kind is betyds.

Ons wens ons matrieks alle sterkte toe met hierdie baie belangrike eksamen. U kind behoort ongeveer 9 ure per dag te studeer vir hierdie eksamen – 3 ure in die oggend, 3 ure in die middag en 3 ure in die aand. Maak seker hulle kry genoeg oefening (stap), eet gesond en kry genoeg slaap.  Maak verder ook asseblief seker dat hulle nie nou betrokke is by enige sosiale byeenkomste nie – nie in die week of oor naweke nie. Hulle fokus moet nou 100% op die eksamen gerig wees.

DUMA het Dinsdagaand ‘n baie geslaagde Gala-konsert aangebied.  My gelukwensing aan meneer Bertus Hanekom en sy dosente, asook al die leerders met hul puik vertonings.

Donderdagaand se prysuitdeling sal weer eens ‘n spoggeleentheid wees en u as ouer word hartlik uitgenooi om dit by te woon. Kom vier die prestige geleentheid saam met u kind en u skool. Die byeenkoms begin om 7nm in die NG Kerksaal.

Môrelig roepingsplig.

Daneil J. Ross

SKOOLHOOF

Skoolhoofblog vir einde Interskole  week 15 – 20 Augustus 2011

Wat verwag die skool van leerders wat aan die Interskole deelneem?

KARAKTER

Karakter is nie net denke nie, maar dit is ook ‘n daad – die WIL om goed te doen wat moet oorgaan in AKSIE!

Denke –  WIL >>>>>>> Daad - AKSIE

Die daad moet ander  inspireer en oortuig om deel te vorm van die span. Die daad is dit is waaruit elke Dirkie Uyser inspirasie en motivering moet put.

Mag elke Dirkie Uyser, op die sportveld, saal, pawiljoen KARAKTER toon deur met TROTS op die veld te draf en met OORGAWE deel te neem.

Dit is nie die grootte van die hond wat die geveg wen nie, maar die grootte van die geveg in die hond wat die oorwinning verseker.  Dit is die hart van ‘n Dirkie Uyser wat ons moet laat aanhou, byhou en voorhou!

Elke leerder vorm ‘n skakel in ‘n onbreekbare ketting wat die Interskole wa deur die drif moet trek.  Die krag van die ketting lê in die individuele krag van elke skakel – dit is waarom ons bekendstaan as die “skool sonder grense” – saam maak dit die ketting onbreekbaar – saam het dit genoeg krag om die taak te verrig en saam verander dit aanhou in ‘n oorwinning!

Mag jy met ‘n ongekende WIL gedryf word en elke oomblik in jouself en jou span glo.

Ek wens elke leerder, span en groep alle sterkte toe – mag Interskole 2011 ‘n groot bydrae lewer tot 135-jaar van uitmuntende Dirkie Uyser wees!

Daneil J. Ross

SKOOLHOOF

SKOOLHOOFBLOG WEEK EINDIG 5 AUGUSTUS

Graag wil ek elke leerder, ouer en personeellid bedank vir hul harde werk hierdie week. Die skool het een van sy groot drome met die Revue vanjaar verwesentlik. Daarmee het ons werklik bewys dat ons ‘n “skool sonder grense is” ‘n Spesiale woord van dank aan me De Wet, Kruger en Henning vir al hul harde werk. Die baie glimlagte op ons kinders se gesigte die twee aande het alles die moeite werd gemaak!

Dan wil ek graag ook die o19B Rugbyspan en die Eerste Netbalspan se wedstryde Donderdagmiddag teen Piketberg uitsonder. Ons manne het die knoop deurgehak met slegs 12 spelers (weens beserings) die laaste tien minute van die wedstryd op die veld. Verder het die Eerste Netbalspan puik netbal gespeel onder baie moeilike weersomstandighede. Hierdie spanne is voorbeelde van wat die “hart” van ‘n Dirkie Uyser werklik beteken! Dankie vir die voorbeeld wat julle vir ander gestel het.

Dit is egter duidelik dat ons nog nie heeltemal reg is vir Interskole vanjaar nie en ons spanne en afrigters sal die komende week baie hard moet werk.

Vir elke ouer en kind wens ons ‘n heerlike langnaweek toe.  Bestee kwaliteit tyd saam met u kind en u gesin.

SKOOLHOOF

EKSAMENBLOGBOODSKAP

Dit is eksamentyd - ‘n tyd waar so baie ouers sukkel om hul kinders aan die leer te kry en aan die leer te hou. 

Ek het ‘n paar groot name uit die verlede se bekendste aanhalings vir u opgesom.  Druk dit uit vir u kind en laat hy of sy dit teen hul kamermuur vir motivering opplak.

PT Barnum:

Wat jy ook al doen, doen dit na die beste van jou vermoë.  Werk daaraan van vroeg tot laat, binne en buite seisoen. Laat geen steen onaangeroerd, en moet dit wat NOU gedoen kan word, nie vir ‘n enkele uur uitstel nie.

Henry Ward Beecher het gesê: 

Grootsheid lê nie in krag nie, maar in die gebruik van daardie krag.

Robert Schuller het gesê:

Hulle wat in skynbaar onmoontlike omstandighede sukses behaal, is hulle wat eenvoudig nie weet hoe om tou op te gooi nie.

George Bernard Shaw:

Sukses beteken nie om nooit ‘n fout te begaan nie, maar om dieselfde fout nie ‘n tweede keer te begaan nie.

Abraham Lincoln het gesê: 

Jy kan môre se verantwoordelikheid nie ontsnap deur hulle vandag te vermy nie.

Generaal Dwight D. Eisenhower:

Oorwinning het nooit ‘n weggeeprys nie! Sukses kom nooit maklik nie en is nooit goedkoop nie!

Lees gerus weer die studiewenke vir ouers op die webtuiste om u te help om u kind te help. Ondersteun en motiveer hulle elke dag – dit is vir hulle baie belangrik om te weet  u is daar en u gee om!

Sterkte met die eksamen – ek glo u kind se insette sal hul uitsette bepaal.

SKOOLHOOF

 SKOOLHOOFBLOG VIR WEEK EINDIG MEI 2011

NET VIR ONS OUERS

f4757f2b91b03cf4740be64e7041c3d8

Ja, hierdie blog is net vir ons ouers!

Ek sluit 5 stukke gereedskap vir ouerskap in  – iets wat ek gekry het van “proud2stand2gether:

Alhoewel alle ouers seker intuïtief bewus is van hul verantwoordelikheid teenoor hul kinders – kom die daaglikse lewensdinge dikwels in die pad van “tyd met my kinders”:

Die volgende is vyf maniere om dié lewensdinge  uit die pad te vee – ter wille van jou kinders:

  1. Bepaal “werk-vrye-tye” in die huis wanneer almal alles neersit en sommer net sit en koffie drink op ‘n koue aand.  Gebruik die tyd om met mekaar te gesels en maak seker die TV is afgeskakel. Steek die kaggel aan, stap buite rond, gaan kyk saam hoeveel millimeter reën geval het, wat in die nuutste tydskrif/koerante staan en hoe dit werklik met almal in die familie gaan?
  2. Indien wat jy besig is om te doen nie lewensbelangrik is nie – sit dit neer en speel met jou kinders – luister as hulle met jou praat en neem deel aan die gesprek. Dit laat jou kinders besef dat  hulle belangrik vir jou is en gee jou die nodige tyd weg van al die alledaagse dinge. Jy kan  laasgenoemde altyd weer môre doen.
  3. Bepaal ‘n uitstappie vir jou familie op die familie kalender – het jy so iets? Indien nie stel jou eie familie kalender saam waar alle belangrike saamdoen-dinge aangeteken kan word. Teken ook jou kind se toets- en eksamendatums hierop aan.  So hou dit almal op hoogte van   anneer jou kind jou nodig het. ‘n Uitstappie na iets wat almal geniet is somtyds broodnodig om die batterye te laai.
  4. Bepaal ook spesiale tyd af met jou man of vrou,   jou beste vriend of vriendin.  Hierdie netwerk van vriende en jou lewensmaat is dikwels die enigste bron van krag in moeilike tye. Maak seker die bron is altyd sterk.
  5. Onthou dat ouer kinders eintlik maar net soveel toesig van jou benodig as ander. Maar seker jy ter alle tye weet waar jou kind is en veral by wie. Jou kind bly onder jou dak – so daar moet altyd ‘n inkom tyd wees.  As jou kind ‘n partytjie bywoon, maak seker daar is ouer toesig en dat jou kind jou altyd kan kontak.

Die maak van tyd vir jouself is ook belangrik. As jou innerlike gesond is, behoort die haalbaarheid van bogenoemde nooit ‘n probleem te wees nie!

SKOOLHOOF

SKOOLHOOFBLOG EINDIG 20 MEI 2011

Onderstaande is ‘n pragtige boodskap van die bekende Bill Gates. Dit sal goed wees as u dit vir u kind gee om te lees.  Ek is oortuig van die feit dat hy of sy baie daarby sal baat!

Dit is hersienings tyd – maak seker u kind toon die nodige karakter in sy of haar hersieningsprogram.

SKOOLHOOF

SOMETHING OUR KIDS/GRANDKIDS--ALL NEED TO UNDERSTAND!!

 ~ Bill Gates ~

This should be posted in every school or kid's bedroom.

Love him or hate him , he sure hits the nail on the head with this!

 

Bill Gates recently gave a speech at a High School about

Eleven (11) things they did not and will not learn in school.


 

He talks about how feel-good, politically correct teachings

Created a generation of kids with no concept of reality and

How this concept set them up for failure in the real world.

 


 Rule 1 : Life is not fair - get used to it!
 
Rule 2 : The world doesn't care about your self-esteem. The world will expect you

to accomplish something BEFORE you feel good about yourself.

 Rule 3 : You will NOT make $60,000 a year right out of high school.

You won't be a vice-president with a car phone until you earn both.

Rule 4 : If you think your teacher is tough, wait till you get a boss 

 Rule 5 : Flipping burgers is not beneath your dignity.

Your Grandparents had a different word for burger flipping:

They called it opportunity.
 Rule 6 : If you mess up, it's not your parents' fault,

So don't whine about your mistakes, learn from them.

 Rule 7 : Before you were born, your parents weren't as boring

As they are now. They got that way from paying your bills,

Cleaning your clothes and listening to you

Talk about how cool you thought you were:  

So before you save the rain forest

From the parasites of your parent's generation,

Try delousing the closet in your own room..
 Rule 8 : Your school may have done away with winners and losers,

But life HAS NOT. In some schools, they have abolished failing grades

And they'll give you as MANY TIMES as you want to get the right answer.

*This doesn't bear the slightest resemblance to ANYTHING in real life. 

Rule 9 : Life is not divided into semesters.

You don't get summers off and very few employers

Are interested in helping you FIND YOURSELF.

*Do that on your own time. 

Rule 10 : Television is NOT real life.

In real life people actually have to leave the coffee shop and go to jobs.

 Rule 11 : Be nice to nerds.

Chances are you'll end up working for one..


 


 

If you can read this... Thank a Teacher.

If you can read this in English... Thank a Soldier!

And for life and everything else you have... Thank God!!


 

Now.... Think about this and smile if you agree and please pass this on...

 

SKOOLHOOFBLOG EINDIG WEEK VAN 13 MEI 2011

“Die wil om sukses te behaal is belangrik, maar nog belangriker is die wil om voor te berei.”

-Bobby Knight-

Die Junie-eksamenrooster is nou beskikbaar en dit is van kardinale belang dat u as ouer sal toesien dat u kind hierdie naweek ‘n hersieningsprogram saamstel en daarby hou.

Soos in my vorige blog genoem moet u saam met u kind besluit oor:

  • hul mikpunte vir elke vak
  • die hersieningsrooster wat nodig is om dié mikpunte te bereik.

Booker T. Washington het geskryf dat “Karakter mag gee” – wel u kind moet nou die nodige karakter toon om te begin hersien en dit sal aan hom of haar die “mag” gee om wel suksesvol in die eksamen te wees. Dominee W.A Nance het geskryf dat mislukking verdeel kan word tussen diegene wat gedink en nooit gedoen het nie, en diegene wat gedoen en nooit gedink het nie.

Eugene F. Ware het gesê dat glorie en sukses alleenlik bereik word as jy die moed het om te begin. Dit is nou die tyd om te begin.

SKOOLHOOF

BLOGBOODSKAP VIR WEEK EINDIG 6 MEI 2011

“Nothing comes from doing nothing”

(William Shakespeare)

My dank aan die personeel vir hul bydrae tot ‘n baie suksesvolle opedag op Donderdag 5 Mei. Dit was goed om so baie ouers van LDU, Riebeek, Durbanville, Langebaanweg en Darling hier te sien!

Werwing is egter nie ‘n een-mens-vertoning nie! Dit is elke onderwyser, ouer en leerder se plig om die skool by te staan in die werf van leerders. Ek wil daarom ‘n beroep op elke ouer doen om ‘n duidelike boodskap na buite oor te dra :

daar is niks wat ‘n ander skool jou kan bied wat HDU nie ook kan nie!-

Inteendeel HDU bied aan sy leerders:

  • ‘n waarde-gedrewe-skool gekoester in plattelandse omgee-dissipline.
  • ‘n staatskool met privaatskool atmosfeer gekoester in Christelike beginsels.
  • ‘n onderwyser-leerder-ratio in grade 8 en 9 van 1 tot 24 en in grade 10-12 van tussen 12 en 22 per onderwyser.
  • Wêreldklas onderrig met wêreldklas tegnologie. Sewe klasse met interaktiewe witborde en tegnologie (insluitend alle syfervakke).
  • Skool sonder grense – individuele uitmuntendheid vir elke leerder in akademie, sport en kultuur.

Laastens wys ek alle ouers daarop dat die Junie-eksamen voor die deur is. Dit is belangrik dat u met u kind gaan sit en:

  • ‘n hersieningsrooster vir die komende eksamen uitwerk.
  • akademiese teikens vir ELKE vak sal bepaal.
  • sal toesien dat u kind wel die selfdissipline aan die dag lê om te hou by hierdie rooster.

U kind daagliks sal aanmoedig en ondersteun.

SKOOLHOOF

SKOOLHOOFBOODSKAP VIR WEEK EINDIG 21 APRIL 2011

Ek wil graag hierdie week se boodskap opdra aan ons personeel en die ouers betrokke by die OOV.  Die afgelope HDU Sportdag se sukses kan werklik opgedra word aan die organisasie en bestuur van ons personeel en die betrokkenheid van die OOV.

Reeds die vorige dag was ons OOV-ouers besig om  onder die bekwame leiding van Elna Faasen voor te berei. Dit was Saterdag goed om te sien hoe ons ouers saamwerk tot voordeel van ons skool en leerders.  Baie dankie vir elkeen se insette en die pragtige bedrag wat geïn is.  Baie dankie dat u die hele dag vir ons skool opgeoffer het.

Aan elke personeellid betrokke by die opedag – afrigters, sportkoördineerders en ons hoof van sport Hanette Groenewald - dankie dat alles so vlot verloop het.  Die dankie-sê-briewe van die skole is bewyse van u goeie werk.

As u as ouer nog nie betrokke is by die OOV nie – is u bydrae Saterdag geweldig gemis. As u betrokke was Saterdag kon van ons ouers wat die hele dag gewerk het ook die geleentheid gekry het om hulle kinders se wedstryde te kon bywoon. Ons OOV-ouers maak tyd vir die skool – en stel ‘n voorbeeld vir die res. Ouers wat die skool wil ondersteun skakel Elna Faasen by MKB of skakel die skool en bied u dienste aan.

Laastens wil ek ‘n dringende versoek rig aan alle ouers om toe te sien dat u kind die komende week wel aandag aan akademie gee. Moedig u kind aan om:

  • Hul voorgeskrewe boeke te lees – indien nodig WEER te lees
  • Hul vaknotas op datum te bring – veral as hulle afwesig was. Plak notas in en maak seker notaboeke is op datum.
  • Handel aktiwiteite en ander huiswerk af.
  • Bespreek akademiese teikens vir elke vak met u kind. Moedig u kind aan om hierdie teikens by sy of haar lessenaar op te plak.
  • Gebruik die tyd om voor te berei vir die volgende toets. Die toetsrooster gaan voort op Dinsdag 3 Mei.
  • Matrieks en ander grade gebruik die tyd om te begin hersien vir die Junie-eksamen.

SKOOLHOOF

SKOOLHOOFBLOG VIR WEEK EINDIG 15 APRIL 2011

“JY KAN SUKSESVOL WEES”

In die derde boodskap oor akademiese ingesteldheid kyk ek na die feit dat ELKE leerder akademies suksesvol KAN wees. In sy PowerPoint beantwoord Keith the volgende vrae vir ouers en leerders:

  1. Wat is die algemene krag wat die meeste van ons dryf?
  2. Hoekom is sommige mense dan meer suksesvol as ander?
  3. Wat maak die verskil?

Kyk hierdie aanbieding saam met u kind. Dit is belangrik om te besef dat hy of sy tot soveel meer in staat is as wat u kind dink hy of sy ooit kan wees!

Kliek hieronder op POWERPOINT en laai die aanbieding af.

POWERPOINT

 

http://tommyswindow.com/images/phocadownload/thumbnails_afrikaans/phocathumbnail-you_can_be_successful_afrikaans.jpg

SKOOLHOOFBLOG VIR WEEK EINDIG 25 MAART 2011

“Jy kan suksesvol wees”

-Keith Phillips-

In die tweede boodskap oor akademiese ingesteldheid het ek hierdie powerpoint van “tommys window” ingesluit. Kliek hieronder op POWERPOINT en laai die aanbieding "Jy kan suksesvol wees" af. Kyk en bespreek dit gerus saam met u kind.

“POWERPOINT”

Gebruik die volgende advies om u kind se akademiese ingesteldheid te verhoog:

  1. Kry u kind meer doelgerig.  Laat hulle doelwitte vir elke vak opstel.   Lg kan deur die loop van die jaar aangepas word.
  2. U kind moet die vrymoedigheid hê om deel te neem aan klasbespreking deur sy of haar mening te lig oor die onderwerp wat  bespreek word.
  3. U kind moet besef dat “die klas” die belangrikste plek van leer is. Let op!
  4. U kind moet besef dat by syfervakke “die klas” die enigste plek van  leer is. Bly vra!
  5. Help u kind om sy of haar middae te beplan.
  6. Werk deur die studiegids vir ouers.

SKOOLHOOF

BLOGBOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF WEEK EINDIG 18 MAART 2011

“Learning takes place through the active behavior of the student:  it is what HE or SHE does that HE or SHE learn, NOT what the teacher does.”

-Ralph W Tyler (1949)-

Die skoolbestuur en onderwysers is tans besig om te kyk na die akademiese ingesteldheid van ons leerders by die skool. Dit is vir ons belangrik om daarop te let dat kinders aktief besig in ‘n klas behoort te wees indien hulle sukses wil bereik.

Te veel leerders is onvoorbereid, doen nie huiswerk of doen dit nie volledig nie, of is tevrede om toetse net net te slaag. Daar is ook leerders wat veral op ‘n Maandag geweldig moeg by die skool aankom en dan op hul arms wil slaap, terwyl onderwysers besig is om klas te gee. Laasgenoemde is ‘n aanklag teen ons waarde van “respek” – respek vir my onderwyser se opleiding en voorbereiding en vir die persoon as opvoeder.

Bestudeer asseblief die inleiding tot die studiewenke vir leerders op die webtuiste hierdie week saam met u kind. 

  • Maak seker u kind het die regte akademiese ingesteldheid, 
  • motivering en
  • het spesifieke prestasie doelwitte vir elke vak. 

HS Dirkie Uys bly ‘n akademiese plus-skoolakademie eerste alle ander dinge is van mindere belang.  Help u kind om sy buitemuurs oordeelkundig te beplan. Dit is belangrik dat elke kind gebalanseerd grootword en deelneem aan skoolaktiwiteite – maar dit mag NOOIT ten koste van sy of haar akademie wees nie. 

 

  • Help hulle dus om elke middag te beplan
  • Dit sluit hul sosiale aktiwiteite in.-

U samewerking en ondersteuning in die verband is vir ons baie belangrik om sukses te behaal. Maak die komende week TYD om dit met u kind te bespreek!

SKOOLHOOF

BLOGBOODSKAP WEEK EINDIG 11 MAART 2011

135-JAAR VAN TIERE TRADISIES

http://www.dirkieuys.co.za/potjiekos/Reddam%20sport%20308.jpg

-Die tiere-embleem en roep uniek aan elke Dirkie Uyser-

Die lui van ‘n skoolklok op ‘n Maandagoggend in 1876 het 135 jaar van tradisies ingelei. Ons vier vanjaar hierdie tradisies en dank alle leerders, onderwysers en ouers wat gedurende die 135-jaar tot die uniekheid van “Dirkie Uyser wees” bygedra het.

TRADISIES:

  • Die aantree elke oggend in die hoofvierkant en die opening deur ons eie leerders.
  • Die tradisionele vlaghysing elke Maandagoggend deur die hoofseun in die hoofvierkant.
  • Die tradisionele saalbyeenkoms elke Maadag. Die matrieks sit voor in die saal en dui so die leiding aan wat hulle aan die res van die skool moet gee. Elke jaar skuif die grade een plek vorentoe.  Die prosedure in die saal met opstaan vir die hoof, indra van vlae en sing van die nasionale volks-  en skoolliedere.
  • Die indra en presentering van die nasionale- en skoolvlae (sedert 2007) deur die vier hoofprefekte.
  • Die koshuistradisies. Daar was vanjaar vir die eerste keer ‘n beker vir deelname tussen die twee koshuise tydens die jaarlikse  kleureatletiek op die spel.  Huis Môrelig Seunskoshuis het die beker gewen.
  • Die tradisionele kleuresportbyeenkoms en swemgala tussen die twee kleure blou en goud. Goud het vanjaar beide die kompetisies gewen.
  • Die ere-rondte wat matrieks aan die einde van die kleuresportbyeenkoms voltooi.
  • Die jaarlikse vlotpretvaart  en brugbouprojek.
  • Die tipiese plattelandse groet en betoon van respek teenoor ons meerderes.
  • Die meneer en mejuffrou Valentynparade en optrede tydens interskole.
  • Die interskole- en groot BRAG-byeenkomste.
  • Die rondstap van dirigente in die ou skoolbaadjie die week voor interskole.
  • Die Engen atletiek- en wintersportdag byeenkomste waaraan meer as 35 skole deelneem.
  • Die tradisionele aandskool wat een keer ‘n jaar plaasvind.
  • Die akademiese-, sport- en kultuurgange in die skool (sedert 2007). Presteerders se foto’s word op die kennisgewingborde in die gange aangebring.
  • Die jaarlikse koor- en ander kultuuraktiwiteite. Die skool bied vanjaar ‘n revue aan om die 135 jaar van onderwys op die dorp te herdenk.
  • Die jaarlikse viering van die boomplanting in die hoofvierkant op 16 Junie.
  • Die jaarlikse ysterman- en vrou kompetisie.
  • Die ereborde in die voorportaal en saal (Gemiddelde A’s, Hoofseun en dogter, Dux leerder, Sportborde).
  • Reunies van oud-leerders.
  • Die skoollied en die slagspreuk “môrelig roepingsplig”
  • Ons skooldrag: baadjie, das,  ere wapens en koorde.
  • Die storie van Dirkie Uys, sy waagmoed en deursettingsvermoë.
  • Ons simbole as kentekens van skooltrots en tradisies:

http://www.dirkieuys.co.za/images/vlag.JPG http://www.dirkieuys.co.za/images/wapen.jpg http://www.dirkieuys.co.za/images/skool%20sonder%20grense.jpg

NUWE TRADISIES:

Die vernoem van die twee vierkante in die skool na Ds. Moorrees  (hoofvierkant) wat onderwys op die dorp begin het en meneer Pauw (saalvierkant) die eerste skoolhoof van die hoërskool.

Tradisies bou karakter en skooltrots - dit maak ons uniek! Kom ons vier en koester hierdie tradisies wat ons in staat gestel het om “elke môrelig ‘n roepingsplig “ te kon maak!

SKOOLHOOF

BLOGBOODSKAP WEEK EINDIG 4 MAART 2011

Lojaliteit teenoor jou skool is ‘n vereiste vir oorlewing, groei en ontwikkeling”

“’n Betrokke ouer is ‘n gelukkige ouer”

(D.J. Ross)

Geagte Ouer/Voog

Graag wil ek hierdie week met u oor twee dinge gesels:

1. ‘n lojale houding teenoor my skool en

2. ondersteuning van my skool.

1. U sou seker in die pers (Rapport van Sondag 27 Februarie en Die Burger van Maandag28 Februarie en Dinsdag 1 Maart) gelees het van die pogings van sekere skole in Gauteng om kinders uit Wes-Kaapse se skole af te rokkel.  Ek moet u as hoof teen hierdie moontlike kontak waarsku.  Die skool verloor reeds jaarliks van sy top akademiese, sport en kultuur leerders aan skole in die Paarl, Wellington of Stellenbosch. Dit plaas onnodige finansiële stres op u as ouer en verminder die inkomstekant van ons begroting aansienlik. Personeelposte word verminder en tydelike personeel kan nie permanent aangestel word nie. Dit beïnvloed verder elke jaar ons akademiese, sport en kultuurprestasies. Hierdie skole ploeg  met HDU se kallers en ouers val hierby in sonder om te besef dat die prestasies wat hul kinders behaal het, toegeskryf kan word aan die skool waar hulle kinders tans is! Dit is ironies om te besef dat hierdie skole net in u kind belangstel as hy of sy presteer.  Hulle het egter niks bygedra tot die prestasie nie! Ek glo werklik dat indien kinders oor die vermoëns en vaardighede beskik EN bereid is om hard te werk, hulle nie sogenaamde bekende skole se name nodig sal kry om vir hulle plekke in provinsiale spanne te verseker nie. Daarvan getuig die prestasies van OB van Rooy (onder-kaptein Boland 018 2010 en tans gekontrakteer by Boland Kavaliers) en Bernard le Roux (Racing Metro Frankryk). Opvoeding bly primêr die verantwoordelikheid van u as ouer. As u kind nie by u huis is nie kan u ongelukkig nie hierdie verantwoordelikheid nakom nie.

2. Die OOV van die skool doen baanbrekerswerk! Hulle het egter te min hande om die werk gedoen te kry. Dit beteken dat die ouers wat wel bereid is om diens te doen die volle dag moet werk. Natuurlik is dit onregverdig en behoort dit nie plaas te vind nie. Die inkomste wat die OOV insamel word tot voordeel van alle kinders in die skool aangewend. Dit is juis diė rede waarom alle ouers betrokke by die OOV behoort te wees. Ek doen ‘n ernstige beroep op u om u dienste aan te bied. As u hierdie boodskap gelees het en tans nog nie by die OOV ingeskakel is nie, skakel Elna Faasen by 0845491694 en bied u dienste aan.

SKOOLHOOF

BLOGBOODSKAP VAN DIE HOOF VIR DIE WEEK GEEÏNDIG
25 FEBRUARIE 2011

“Pak elke dag met geesdrif aan, ‘n mens weet nooit waarheen dit sal lei nie”

Dit is hierdie week die plek en tyd om vir die meerderheid leerders in ons skool dankie te sê:

  • vir die vriendelike gesigte en baie glimlagte,
  • die groet met die hand,
  • die opstaan as volwassenes verbyloop,
  • die dra van skoolklere by sportwedstryde,
  • die nuwe koorlede tot ons spogkoor,
  • die persoonlike netheid,
  • die manier en die trant hoe julle praat en kommunikeer,
  • die getroue bywoning van sportoefeninge,
  • die trots  en lojaliteit wat julle openbaar teenoor ons skool,
  • die beeld wat julle uitdra na buite as ambassadeurs, en
  • die uitleef van die tipiese “Dirkie-Uyser-wees” wat ons almal uniek by hierdie spogskool maak.
         
  • Die goudgeel son en horison simboliseer die oneindigheid sonder grense.
  • Die donkerblou driehoek simboliseer God, ons naaste en onsself en die Christelike grondslag waarop ons skool en onderwys berus.
  • Die groter en kleiner figure in skakerings van blou dui op die leerder en opvoeder, asook die leerder en ouer.
  • Die hande van die figure strek uit na die toekoms en moontlikhede sonder grense wat ons visie treffend uitbeeld.

 

SKOOLHOOF

BLOGBOODSKAP WEEK EINDIG 18 FEBRUARIE 2011

Dr Bruce Wilkinson het gesê: “ verwagtinge is gewortel in die verlede, beïnvloed die hede en het ‘n impak op die toekoms.”

Ons as personeel wil graag net die hoogste verwagtinge van ons leerders koester. Ons wil positiewe jong volwassenes die lewe instuur met positiewe verwagtinge wat ‘n impak op die toekoms sal hê. Saam wil ons as ‘n gemeenskap bou aan ‘n tradisieryke skool waarop elkeen kan trots wees.

 Die woorde van ons skoollied -

Kom voorwaarts, trou, slagvaardig, Ons skool moet altyd groei, Met hand en voet, met hoof en hart, Tot ongekende bloei. Laat Moorreesburg op ons trots wees, Al is ons ook lank reeds weg. Bly net trou aan ideale Staan vir opgang en vir reg.

 

moet vir elke leerder, personeellid en ouer dien as “kompas” om ons lewe te rig op die waardes van integriteit, selfdissipline, respek, omgee, verantwoordelikheid en hardwerkendheid.

Ek sê dankie vir elke leerder, personeellid en ouer wat sorg dat die skoolvlag elke dag met trots wapper!

http://www.dirkieuys.co.za/images/vlag.JPG

 

SKOOLHOOF