Studiewenke:
“Nothing comes from doing nothing”
(William Shakespeare)
“Studeer” beteken om te lees en te ondersoek met die doel
om te leer en te verstaan.
Indien
jy reeds ‘n student is met die regte ingesteldheid, die nodige motivering en ‘n bepaalde doelwit voor oë, kan
jy spring na die algemene wenke. Vir
die res is dit dalk nodig om eers deur die inleiding te werk.
Inleiding:
Hoe
word jy ‘n student met die regte ingesteldheid en die nodige motivering en
wat bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar om jou doelwitte te bereik?
Lees en bedink die volgende en beantwoord die
vrae baie eerlik teenoor jouself.
Regte ingesteldheid:
Weet
jy waarom jy skool toe gaan? Is hierdie daaglikse aksie jou eie keuse of dink
jy dit is maar soos dinge werk of soos jou ouers van jou verwag? Dit is baie belangrik dat jy die noodsaaklikheid
van jou skoolloopbaan besef en dat jy bereid sal wees om die verantwoordelikheid
van die suksesvolle voltooiing daarvan te aanvaar. Dit is die eerste noodsaaklike
stap om die regte ingesteldheid te kweek. Die regte ingesteldheid is dus ‘n
keuse wat jy uitoefen.
Motivering:
Wie
dink jy is verantwoordelik om jou te motiveer om jou skoolwerk te doen? Is
jou gebrek aan die nodige motivering regtig iemand anders (onderwyser of ouers)
se skuld of dalk jou eie? Motivering kom van binne af. Wanneer jy werklik
besluit om verantwoordelikheid vir jou eie sukses te neem, sal jy ook die
nodige motivering om tot aksie oor te gaan ontwikkel. Jy moet egter besef
dit is nie maklik nie en jouself gedurig aan jou besluit herinner.
Doelwitte:
Weet
jy waarheen jy op pad is? Wat gebeur na matriek? Gaan jy verder studeer of
gaan jy werk? Jy is die een wat jou omstandighede die beste ken. Praat met
jou ouers of onderwysers indien jy hulp nodig het om realistiese besluite
oor jou toekoms te neem. Jy kan jou gesindheid regkry, jy kan jouself motiveer
om verantwoordelikheid te neem, maar dit is jou doelwitte wat jou aan die
gang gaan hou wanneer dinge moeilik raak of wanneer jou studies baie moeite
gaan verg.
Indien jy nou bereid is om te erken dat jy self vir jou studies verantwoordelik is, dat jy jouself sal moet motiveer en dat jy, wanneer dinge moeilik raak, moet vashou aan jou droom of doelwit, moet jy dit nou aan iemand gaan vertel – dit kan jou ouers, ‘n onderwyser of ‘n goeie vriend wees. Die persoon kan jou aanmoedig om vol te hou wanneer dinge moeilik raak of nog beter: Die persoon kan deel in jou suksesse.
Algemene studiewenke:
Gr 10 tot 12
Beplanning
en toewyding is noodsaaklik indien jy goeie studiegewoontes wil aanleer.
Hier
is ‘n paar algemene wenke wat kan help:
1.
Sukkel jy om die tyd in die klas te benut? Onthou dan die volgende:
·
Dit is die beste en mees effektiewe tyd van studie elke dag.
Tyd wat hier verkwis word, word nie maklik ingehaal nie.
·
Dit verminder jou verpligte studietyd by die huis en skep geleentheid
vir ander aktiwiteite.
·
Vra as daar enige iets is wat jy nie verstaan nie. Wees verseker
dat jy nie die enigste een met ‘n vraag is nie.
·
Sorg dat jou huiswerk altyd gedoen
is en dat jy sodoende voorbereid is vir die klas.
( Verwys ook na
die Studiewenke vir die klaskamer vir
graad 8 en 9, later in hierdie dokument, spesiaal
verwerk uit Study secrets for Maths and Science & other subjects; Author
John Bransby)
2.
Voel jou akademiese werk
vir jou te veel? Probeer die volgende:
·
Beplan vooruit wanneer jy al jou take en voorbereiding van toetse
gaan doen.
·
Stel vir jou doelwitte, wees gedissiplineerd en hou daarby.
·
Kort jou sosialetyd in totdat jy weer op datum is, maar handhaaf
altyd ‘n balans.
·
Beloon jouself na harde werk met ontspanningstyd.
·
Gebruik ‘n taaklys wat jy kan afmerk soos jy vorder.
3.
Sukkel jy om te konsentreer? Doen die volgende:
·
Verdeel jou studietyd in sessies van 25 tot 40 minute.
·
Fokus daarop dat jy eers net een sessie suksesvol kan voltooi.
Praat jouself aan indien jou gedagtes dwaal. Fokus dus op een sessie op ‘n
slag.
·
Wees rustig indien jy ‘n probleem nie kan oplos nie. Die onderwysers
sal bereid wees om jou te help indien hulle sien dat jy ernstig is met jou studies.
·
Indien jy persoonlike probleme ondervind, probeer dit so gou
moontlik oplos, vra hulp indien nodig.
·
Baie belangrik – kry genoeg rus en oefening. ( onthou: daar
is iets soos “te veel rus”J)
4.
Hindernisse
·
Wanneer jy iets nie verstaan nie, gaan terug na die vorige stap.
Die kans is goed dat daar ‘n konsep of term is wat jy nie heeltemal verstaan
nie.
·
Maak seker dat jy elke liewe woord wat jy hoor of lees, verstaan.
Vra vir iemand of gebruik ‘n woordeboek. Dit is die enigste manier om nuwe
konsepte korrek aan te leer en dit reg te integreer met bestaande kennis.
Indien jy nuwe kennis baie gou vergeet, weet
jy nou waar jou probleem lę.
·
Jy moet jouself doelbewus instel is om te leer en bewustelik
die nuwe kennis integreer met bestaande kennis. Luister dus om regtig te hoor
wat gesę word – en ja, dit verg nogal baie moeite.
Onthou! Iets wat jy kry sonder
moeite is ook nie juis baie werd nie.
Studiewenke vir die
klaskamer gr 8 en 9
Ons fokus hierdie jaar op studiewenke wat jou sal help om die tyd in die
klas elke dag effektief te benut. Hier volg ‘n paar algemene wenke. Indien
julle reeds in gr 8 en 9 hierdie vaardighede en gewoontes aanleer, gaan jy
die VOO-fase met vertroue aanpak.
V Vlug-lees elke hoofstuk reeds voordat die onderwyser
die werk gaan verduidelik in die klas. Dit behoort so 5 na 10 minute te neem.
V Luister altyd aandagtig in die klas. 70 – 80% van leer en verstaan vind in die klas plaas terwyl
die onderwyser die werk verduidelik.
V
Maak seker dat jy elke woord of term van die les of leesstuk goed verstaan. Gebruik die woordelys
in jou handboek of ‘n woordeboek.
V Fokus en konsentreer op elke stap van
die gedeelte wat onderrig word. Moenie toelaat dat jou gedagtes afdwaal nie.
V Neem aktief deel en wees betrokke by die les deur vrae
te vra of te antwoord.
V Maak seker dat jy elke stap soos
wat die onderwyser verduidelik, verstaan.
V Hersien elke dag die werk wat in die klas behandel is. Lees die paar bladsye
aandagtig deur.
V Voltooi al jou werk volledig – poog altyd om self die klaswerk of huiswerk te doen eerder
as om die antwoorde by die onderwyser of maats te kry.
V Maak opsommings van elke afdeling
van die werk.
V Poog om elke dag verskillende tipe vrae te
identifiseer en maak aantekeninge daaroor.
V Vra vir hulp as jy dit benodig Dit is belangrik
om alle werk te verstaan voordat jy aangaan na die volgende afdeling.
N.B. Studiemetodes evaluasie:
(Vertaal
uit Study Secrets for Maths and
Science & other subjects; Author John Bransby)
Studie
vaardighede word verdeel in 9 belangrike katagorieë of komponente nl.:
luistervaardighede,
motivering, organisasievermoë, woordeskat, leer, notas-afneem, geheue, probleemoplossing
en toetsing.
Dit is belangrik
dat ‘n student vaardig is in elk van hierdie komponente, om studies so effektief
moontlik te maak.
Die
doel van die vraelys: lig die sterk en swakpunte van jou studiemetodes uit sodat jy jou
studietyd meer effektief kan benut
deur swakpunte uit te skakel.
Instruksies:
Daar is 45 vrae wat baie eerlik
beantwoord moet word. Moenie die antwoord merk volgens wat jy dink dit behoort
te wees nie.
Omkring die letter wat jou studiegewoonte die beste beskryf.
A = Selde waar
vir my (d.w.s gewoonlik nie waar nie).
B = Soms waar vir my (somstyds tipies van my)
C = Gereeld waar
vir my (gewoonlik waar vir my)
Indien jy iets nie verstaan nie, vra jou onderwyser om te verduidelik.
Hier is twee voorbeeld vrae:
Selde Soms Gereeld
1. In ‘n veelkeuse-vraag skakel ek eers die antwoorde
uit wat ek dink verkeerd
is
A B
C
| nr |
Stelling / Vraag |
Selde |
Soms |
Gereeld |
|
1 |
My onderwysers slaag daarin om hul vak interessant te maak. |
A |
B |
C |
|
2 |
Alhoewel ek goed voorbereid is vir ‘n toets,
is ek steeds senuagtig. |
A |
B |
C |
|
3 |
Ek
onthou die werk wat ek geleer het vir ‘n toets baie moeilik. |
A |
B |
C |
|
4 |
Ek
gebruik die woorde rondom ‘n onbekende woord om af te lei wat die woord
beteken. |
A |
B |
C |
|
5 |
Ek
maak verskonings om nie huiswerk te doen nie. |
A |
B |
C |
|
6 |
Wanneer
ek studeer, konsentreer ek op dit waarmee ek besig is. |
A |
B |
C |
|
7 |
Ek
glo dat probleme opgelos kan word met ‘n geordende metode. |
A |
B |
C |
|
8 |
Wanneer ek ‘n toets beantwoord, begin ek dadelik om vrae
te beantwoord sodat ek nie tyd mors nie. |
A |
B |
C |
|
9 |
Wanneer ek die presiese betekenis van ‘n woord benodig,
gebruik ek ‘n woordeboek |
A |
B |
C |
|
10 |
Wanneer ek luister in die klas, let ek op sleutelwoorde.
|
A |
B |
C |
|
11 |
Ek vind dit moeilik om ‘n toets in die gegewe tyd klaar
te maak. |
A |
B |
C |
|
12 |
By veelvuldige-keusevrae kies ek die eerste een wat reg
lyk. |
A |
B |
C |
|
13 |
Dit is die moeite werd om hard te werk om nuwe idees aan
te leer. |
A |
B |
C |
|
14 |
Wanneer ek na iemand luister, vind ek dit moeilik om die
hoofgedagtes te onderskei. |
A |
B |
C |
|
15 |
Ek dink die metode om skoolverwante probleme op te los,
verskil van die metode om probleme buite die skool op te los. |
A |
B |
C |
|
16 |
Ek hou al my werk op datum. |
A |
B |
C |
|
17 |
Ek verminder die steurnisse in die omgewing waar ek studeer. |
A |
B |
C |
|
18 |
Ek gebruik die hoofstuk-indelings en afdelings se opskrifte
om te help as ek uit die handboek studeer. |
A |
B |
C |
|
19 |
Ek werk hard, al hou ek nie van die vak nie. |
A |
B |
C |
|
20 |
Ek studeer volgens ‘n studierooster. |
A |
B |
C |
|
21 |
Voor ek ‘n opsteltipe vraag beantwoord, skryf ek eers
‘n kort opsomming. |
A |
B |
C |
|
22 |
Wanneer ek notas afneem in die klas, probeer ek alles
wat die onderwyser sę so vinnig as moontlik neerskryf. |
A |
B |
C |
|
23 |
Ek dink dat oplossings vir moeilike vrae meer navorsing
benodig. |
A |
B |
C |
|
24 |
Wanneer ek na ‘n les luister, probeer ek dit vergelyk
met wat ek reeds weet. |
A |
B |
C |
|
25 |
Voordat ek lees, maak ek seker dat ek ‘n vraag in gedagte
het oor waarom ek die gedeelte lees. |
A |
B |
C |
|
26 |
Ek gee moeilik aandag in die klas tydens die les. |
A |
B |
C |
|
27 |
Ek probeer ‘n ander aanslag as die eerste metode van probleemoplossing
nie werk nie. |
A |
B |
C |
|
28 |
Ek het ‘n bepaalde metode van notas afneem. |
A |
B |
C |
|
29 |
Ek probeer altyd ‘n prentjie in my kop vorm wanneer ek
na iemand luister. |
A |
B |
C |
|
30 |
Ek vind die tempo waarteen my onderwysers nuwe werk afhandel
te vinnig. |
A |
B |
C |
|
31 |
Ek vertrou my instinkte vir probleemoplossing wanneer
geordende metodes nie werk nie. |
A |
B |
C |
|
32 |
Wanneer ek ‘n hoofstuk lees, slaan ek tabelle, sketse
en grafieke oor aangesien ander inligting belangriker is. |
A |
B |
C |
|
33 |
Ek verstaan die betekenis van ‘n onbekende woord beter as dit in ‘n sin is. |
A |
B |
C |
|
34 |
Al is ‘n projek vervelig, voltooi ek dit behoorlik. |
A |
B |
C |
|
35 |
Ek sal ‘n woordeboek gebruik aan die einde van ‘n paragraaf
om onbekende woorde op te soek. |
A |
B |
C |
|
36 |
Wanneer ek uit ‘n handboek leer, het ek ‘n stelsel om
die werk deur te gaan, soos bv. om notas neer te skryf en my eie notas
ook deur te gaan. |
A |
B |
C |
|
37 |
Aan die einde van ‘n hoofstuk gaan ek dit weer vlugtig
deur. |
A |
B |
C |
|
38 |
Ek probeer belangrike feite onthou deur dit in my gedagtes
voor te stel en dit te vergelyk met wat ek reeds weet. |
A |
B |
C |
|
39 |
Ek dink goeie notas is ‘n padkaart wat lei na belangrike
idees. |
A |
B |
C |
|
40 |
Ek beskik oor metodes om inligting te memoriseer sodat
ek dit langer kan onthou. |
A |
B |
C |
|
41 |
Ek sal feite wat gememoriseer moet word, in my eie woorde
stel en dit aan myself herhaal. |
A |
B |
C |
|
42 |
Ek luister in die klas maar sal tog gereeld die hoofpunte
van die les mis. |
A |
B |
C |
|
43 |
Ek ondervind probleme om moeilike woorde in wiskunde,
wetenskap, tale of geskiedenis
te verstaan. |
A |
B |
C |
|
44 |
Ek ondervind probleme om feite en idees te onthou. |
A |
B |
C |
|
45 |
Ek leer my klasnotas net wanneer ek voorberei vir ‘n toets
of eksamen. |
A |
B |
C |
Instruksies vir die gebruik van Tabel 1 en Tabel 2:
1.
Die syfer onder die A, B of C in Tabel 1 dui
die punt aan wat vir elke antwoord toegeken word.
2.
Die komponent waarin elk van die vrae val, word
ook aangedui.
3.
In Tabel 2 moet jy vir elk van die komponente
jou puntetelling inskryf.
4.
Let op dat die syfer onder elke lyn die vraagnommer aandui.
5.
As voorbeeld: indien jy in vraag 10 vir C gemerk
het sal jy 5 punte verdien. Die 5 word bokant die 10 in die tweede kolom van
Tabel 2 langs Luistervaardighede geskryf.
6.
Tel vir elke komponent die punte op, dit is
‘n totaal uit 25.
7.
Dit is
‘n aanduiding van jou sterk of swak punte. Hoe hoër die totaal, hoe sterker
is jou studuievaardighede in die komponent.
8.
Indien
jou punt vir enige komponent laag is,, kyk weer na die vrae en besluit wat
jy moet doen om jou studiemetodes te
verbeter.
9.
Enige
van jou onderwysers sal jou ook daarmee kan help.
Tabel 1: Puntetoekenning
| |
|
A |
B |
C |
|
|
|
A |
B |
C |
|
|
|
A |
B |
C |
| 1 |
Motivering |
0 |
2 |
5 |
|
16 |
Organisasie- vermoë |
0 |
2 |
5 |
|
31 |
Probleem- oplossing |
0 |
2 |
5 |
| 2 |
Toets skryf |
5 |
2 |
0 |
17 |
Organisasie- vermoë |
0 |
2 |
5 |
32 |
Handboek- gebruik |
5 |
2 |
0 |
||
| 3 |
Geheue |
5 |
2 |
0 |
18 |
Handboek - gebruik |
0 |
2 |
5 |
33 |
Woordeskat
|
0 |
2 |
5 |
||
| 4 |
Woordeskat |
0 |
2 |
5 |
19 |
Motivering |
0 |
2 |
5 |
34 |
Motivering |
0 |
2 |
5 |
||
| 5 |
Organisasie- vermoë |
5 |
2 |
0 |
20 |
Organisasie- vermoë |
0 |
2 |
5 |
35 |
Woordeskat |
0 |
2 |
5 |
||
| 6 |
Organisasie- vermoë |
0 |
2 |
5 |
21 |
Toets skryf |
0 |
2 |
5 |
36 |
Handboek - gebruik |
0 |
2 |
5 |
||
| 7 |
Probleem- oplossing |
0 |
2 |
5 |
22 |
Notas afneem |
5 |
2 |
0 |
37 |
Handboek gebruik |
0 |
2 |
5 |
||
| 8 |
Toets skryf |
5 |
2 |
0 |
23 |
Probleem - oplossing |
0 |
2 |
5 |
38 |
Geheue |
0 |
2 |
5 |
||
| 9 |
Woordeskat |
0 |
2 |
5 |
24 |
Luister- vaardighede |
0 |
2 |
5 |
39 |
Notas afneem |
0 |
2 |
5 |
||
| 10 |
Luister- vaardighede |
0 |
2 |
5 |
25 |
Handboek- gebruik |
0 |
2 |
5 |
40 |
Geheue |
0 |
2 |
5 |
||
| 11 |
Toets skryf |
5 |
2 |
0 |
26 |
Luister - vaardighede |
5 |
2 |
0 |
41 |
Geheue |
0 |
2 |
5 |
||
| 12 |
Toets skryf |
5 |
2 |
0 |
27 |
Probleem - oplossing |
0 |
2 |
5 |
42 |
Notas afneem |
5 |
2 |
0 |
||
| 13 |
Motivering |
0 |
2 |
5 |
28 |
Notas afneem |
0 |
2 |
5 |
43 |
Woordeskat |
5 |
2 |
0 |
||
| 14 |
Luister- vaardighede |
5 |
2 |
0 |
29 |
Luister - vaardighede |
0 |
2 |
5 |
44 |
Geheue |
5 |
2 |
0 |
||
| 15 |
Probleem- oplossing |
5 |
2 |
0 |
30 |
Motivering |
5 |
2 |
0 |
45 |
Notas afneem |
5 |
2 |
0 |
TABEL 2: Punteberekening
|
Luister-vaardighede |
__ 10 |
+ |
__ 14 |
+ |
__ 24 |
+ |
__ 26 |
+ |
__ 29 |
= |
25 |
| Motivering |
__ 1 |
+ |
__ 13 |
+ |
__ 19 |
+ |
__ 30 |
+ |
__ 34 |
= |
25 |
| Organisasie-
vermoë |
__ 5 |
+ |
__ 6 |
+ |
__ 16 |
+ |
__ 17 |
+ |
__ 20 |
= |
25 |
| Woordeskat |
__ 4 |
+ |
__ 9 |
+ |
__ 33 |
+ |
__ 35 |
+ |
__ 43 |
= |
25 |
| Handboek gebruik |
__ 18 |
+ |
__ 25 |
+ |
__ 32 |
+ |
__ 36 |
+ |
__ 37 |
= |
25 |
| Notas afneem |
__ 22 |
+ |
__ 28 |
+ |
__ 39 |
+ |
__ 42 |
+ |
__ 45 |
= |
25 |
| Geheue |
__ 3 |
+ |