AAN DIE STUUR
KOSHUISE
BRIEWE
Uit die
Hoof se
Kantoor

Top 10

Personeel
Kwartaal-
program
Kontak-
besonderhede
Aanwysings
Skoolkode
NUWE DIRKIE UYSERS
BUITEMUURS
ARGIEF
FOTO'S 2010
 
Uit Die Hoof Se Kantoor

KWARTAALVERSLAG 4/2011

UIT DIE KANTOOR

“Ek wil nooit wees wat ek wil wees nie, want daar is nog altyd iets daar buite oor vir my.”

(Art Linkletter)

 

Dit is met groot dankbaarheid dat hierdie top skool aan die einde van 2011 kan terugkyk na ‘n uiters suksesvolle skooljaar.

In hierdie jaar het elke leerder die geleentheid gehad om “sonder grense” te groei en te ontwikkel.  In die woorde van Linkletter is daar egter altyd nog steeds ‘n hoër heuwel met  ‘n mooier uitsig – iets wat ons nog kan leer – daar is nog altyd meer.

Ons as skool het werklik vanjaar die woorde van die skoollied - moet altyd groei met hand en voet, met hoof en hart, tot ongekende bloei - verwesentlik, inaggenome Linkletter se “waarskuwing”.

Ons neem afskeid van ons matrieks en wens hulle alle sukses toe op hul lewenspad. Mag julle nooit ophou droom nie en onthou die woorde van ons skoollied – laat Moorreesburg op jou trots wees, al is jy lank reeds weg, bly net trou aan ideale, staan vir opgang en vir reg.

Ons neem ook afskeid van me Ilani van Litzenborg en wens haar alle sterkte toe met haar huwelik aan die einde van die jaar. Me Van Litzenborg het haar baie gou onderskei as ‘n onderwyser van formaat met ‘n passie vir die onderwys. Ons salueer jou vir die voetspore wat jy by HS Dirkie Uys los.

My dank aan die personeel vir hul harde werk hierdie jaar – u het geleenthede moontlik gemaak!  Mag u die rus werklik gebruik tot voordeel van uself en u eie menswees.

Enige navrae rakende u kind se akademiese uitslae moet aan die skool gerig word.

Graag wil ek ook die SBL, OOV, borge en al die vriende van HS Dirkie Uys bedank vir hul insette vanjaar. Dankie dat u belangstel in u skool en dat u bly bou – met hand en voet en hoof en hart.

Ek wens u almal ‘n geseënde Kerstyd en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe. Mag u vrede en liefde vind in Jesus Christus, ons Heer en Vader.

Daneil J. Ross
SKOOLHOOF