Hoërskool Dirkie Uys

Skool Sonder Grense

 
Verantwoordelikheid | Hardwerkenheid | Selfdissipline | Omgee | Respek | Integriteit

Akademie

Ons leerders presteer elke jaar en ons spog met ‘n reeks gemiddelde A’s gedurende die Nasionale matriek eksamens.

Sport

Ons is bevoorrreg om ‘n reeks sportsoorte aan te bied. Individuele- en spansport word deur toegewyde afrigters aangebied.

Kultuur

‘n Wye reeks kultuur aktiwiteite is beskikbaar vir leerders met uiteenlopende belangstellings.

Prestasies

Dirkie Uys is trots op sy leerders en personeel, ons gee graag erkenning aan presteerders.

Verblyf

Beide seuns- en meisieskoshuise is onlangs opgeknap om ‘n huislike gevoel te skep vir ons leerders.

Alumni

Ons Dirkie Uysers is die wye wêreld ingestuur met die nodige lewenskennis, raak deel van die Tiere

Welkom by die Skool Sonder Grense

Hoërskool Dirkie Uys is geleë in Moorreesburg in die hartjie van die Swartland, ongeveer 90km noord van Kaapstad langs die N7. Die skool se gebalanseerde aanslag tot Akademie, Sport en Kultuur vorm die fondasie van hoe leerders voorberei word vir die lewe na skool.

Die personeel van Dirkie Uys dra die belange van ierder en elke leerder op hulle harte om seker te maak dat leerders die aanslae van die volwasse lewe met durf en selfvertroue kan aanpak.

As jy ‘n ouer of ‘n leerder is wat opsoek is na kwaliteit en persoonlike onderrig dan is Hoërskool Dirkie Uys die skool vir jou. Kontak ons vandag en raak deel van die Skool Sonder Grense.

Dirkie Uys is ‘n waarde gedrewe skool. Ons ses waardes nl. verantwoordelikheid, hardwerkenheid, selfdissipline, omgee, respek en integriteit is bymekaar gemaak om vir ons ‘n wenresep te gee.
Alicia Bester, November 2019

Agter die skerms..

Projekte

Die bestuur van Hoërskool Dirkie Uys is voortdurend besig met innoverende projekte om top klas onderrig en geleenthede vir ons leerders te verseker. Ons nooi u uit om deel te raak van die opwindende projekte wat Dirkie Uys verseker sal laat uitstaan.

Dirkie Uys Tiere

Die dorp Moorreesburg is bekend vir sy assosiasie met Tiere na aanleiding van die Tiger Oats handelsmerk. Die Tiger Oats-gebou in Moorreesburg is tot stand gebring in 1902 deur die Cereal Manufacturing Company van Mr Marshall.

Dirkie Uys in ‘n neutedop

Wat is die waardes van Dirkie Uys?

Verantwoordelikheid, hardwerkenheid, selfdissipline, omgee, respek en integriteit.

Waar is Hoërskool Dirkie Uys ?

Hoërskool Dirkie Uys is geleë in Moorreesburg in die Swartland. Dit is ongeveer 90km noord van Kaapstad langs die N7.

Het Dirkie Uys koshuis fasiliteite ?

Ja, daar is twee aparte koshuise. Die seuns- en meisies-koshuise is baie goed ingerig en is onlangs nuut oorgedoen. Permanente inwonende personeel verseker ‘n veilige, huislike atmosfeer.

Bied die skool ‘n vervoer diens ?

Ja, leerders word vervoer vanaf die skool op Vrydae en word weer Sondae gehaal by verskillende bestemmings. Kontak die skool om die roetes uit te vind.

Hoe goed presteer die leerders ?

Dirkie Uys se leerders presteer baie goed en word gereken as een van die top akademiese skole in die Wes-Kaap. Ons het die afgelopie klompie jare ‘n baie goeie slaagsyfer in gr.12 gehad, mer gemiddeld 6 A-gemiddeldes uit ‘n klas van ongeveer 60 leerders, asook baie hoë vakgemiddeldes. 2021 se no.3 in die Wes-Kaap was ook in Hoërskool Dirkie Uys.

Watter sport bied die skool aan ?

Rugby, Hokkie, Netbal, Swem, Tennis, Atletiek, Krieket, Golf en Skaak word aangebied.

Dirkie Uys Leerders
Hoerskool Dirkie Uys Logo

022 433 2253

ontvangs@dirkieuys.co.za

Hoek van Heuwel en Tuinstraat
Moorreesburg, 7310

Hoerskool Dirkie Uys Logo