Hoërskool Dirkie Uys - Sport

Atletiek

Dirkie Uys Atletiek

Dirkie Uys word met atletiek geassosieer en daarmee saam is die kleibaan by Gene Louw regoor die Wes-Kaap bekend.

Ons bied elke jaar aan die einde van Oktober/begin November ‘n baie groot Top 10 atletiekbyeenkoms aan waar tussen 30 en 50 skole deelneem.  Ons is trots om te sê dat die deelname by ons jaarlikse Kleureatletiek bo 90% is en dat ons elke jaar ‘n sterk atletiekspan na die Interskole byeenkoms op Porterville kan stuur.

Ons neem ook aan die Top 10 byeenkomste op George en Bredasdorp deel.  Ons neem in groot getalle aan die jaarlikse Swartlandsone byeenkoms deel en ons bied elke jaar die Wes-Boland atletiekbyeenkoms op Moorreesburg aan.  Die puik organisering van hierdie prestige byeenkoms is ons trots.

Tussen 15 en 20 van ons atlete neem elke jaar aan die Boland byeenkoms deel en van hulle dring ook deur na die Wes-Kaap byeenkoms. In 2022 is Anka Crous opgeneem in die Boland-span en het 7de geëindig tydens die Wes-Kaap byeenkoms in hamergooi. Dit was haar heel eerste seisoen om aan hierdie item deel te neem.

Ons kan met trots sê dat oor die jare het Dirkie Uys ook ‘n hele paar atlete opgelewer wat aan die ASA en Nasionale byeenkomste deelgeneem het.

Krieket

Gholf

Hokkie

Rugby

Swem

Atletiek

Netbal

Tennis

Skaak