Hoërskool Dirkie Uys - VRL
Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL)
Die VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) vorm die basis van leerderleierskap in Dirkie Uys. Hulle pak jaarlikse projekte aan, soos klaskamernetheid, ken-mekaar, omgee-uitreike en die Gr.8-kamp. Ander vlakke van leierskapsontwikkeling is die Eurokamp in Duitsland, asok die ATKV-, Sondeza- en Die Burger Jeugleierseminare.

Om meer ontwikkeling van leierskap in Dirkie Uys moontlik te maak, het Dirkie Uys nie net 3 lede per graad nie, maar ‘n vergrote VRL wat soos volg saamgestel is:
Graad 8 – 3 lede
Graad 9 – 3 lede
Graad 10 – 4 lede
Graad 11 – 6 lede
Graad 12 – 8 lede
Die kern-VRL wat volgens die Skolewet, 3 per graad is, word uit die vergrote VRL verkies.
Uit die kern VRL word die voorsitter en ondervoorsitter verkies, wat die leerders verteenwoordig op die SBL (Skoolbeheerliggaam). Die voorsitter en ondervoorsitter kan uit enige graad verkies word.
Die 4 hoofleiers word uit die vergrote VRL verkies en kan dieselfde persone wees wat voorsitter en ondervoorsitter is.
Die 4 hoofleiers kan slegs uit graad 11 en 12 verkies word.
Die VRL bestaan uit die volgende leerders vir 2024:
Vir Graad 8
Word 2025 verkies
Vir Graad 9
Mieke Bester
Hanno Brink
Caleb Mentoor
Vir Graad 10
AE Groenewald
Ane Kemp
Armand Meintjes
Liebe van Schalkwyk
Vir Graad 11
Zaybonique Andrews
De-Ilse Bonthuys
Anesce du Toit
Elwin Jacobs
Riaan Olckers
Lumé van Heerden
Vir Graad 12
Anli Bester
Prudence Dietrich
Hadassa Engelbrecht
Jonade Grain
Riaan Pienaar
Elle van Dyk
Milla van Dyk
Gert van Schalkwyk
Karakterbou komitee:
Anesce du Toit (voorsitter)
Riaan Olckers (ondervoorsitter)
Milla van Dyk
Caleb Mentoor
Projekte komitee:
Anli Bester (voorsitter)
Liebe van Schalkwyk (ondervoorsitter)
De-Ilse Bonthuys
Elwin Jacobs
Armand Meintjes
Sosiale komitee:
Lumé van Heerden (Voorsitter)
Prudence Dietrich (Ondervoorsitter)
AE Groenewald
Hanno Brink
Bemarkingskomitee:
Elle van Dyk (voorsitter)
Ané Kemp (ondervoorsitter)
Jonade Grain
Riaan Pienaar
Zaybonique Andrews
Mieke Bester
Boodskap van Hoofseun, Gert van Schalkwyk:
Ek besef die groot eer asook verantwoordelikheid om Dirkie Uys se Hoofseun te wees. Ons leef in ‘n tyd waar die kind koning kraai. Dit het tot gevolg dat leerders enige iets denkbaar vir ons opvoeders toevoeg. Jy kan sóveel “Wolf-Wolf” roep, want ons onderwysers het al doof en bestand geword teen dié soort swak gedrag Dit het min uitwerking. So hiermee daag ek vanjaar my mede Dirkie Uysers uit om ‘n slag ‘n ander invals hoek te gebruik.
Kom ons toon respek, gedra ons… Beginende by my. Ek glo dit kan ‘n verstommende uitwerking hê.
Boodskap van Hoofdogter, Hadassa Engelbrecht
Ek is baie dankbaar en bevoorreg om as hoofdogter verkies te word. Hoofdogter is egter vir my ‘n titel, want dis nie wat my as persoon definieer nie. Ek sal my geloof en waardes orals uitleef, selfs daar waar my titel van geen waarde is nie. My mikpunt vir die termyn wat voorlê is om te dien, te lei ondersteun en te luister.
Die klein skooltjie met sy groot hart het my hart gesteel, want dis waar vriende familie geword het en waar ons saam sterk staan.
Gert van Schalkwyk-Hoofseun
Jonaid Grain-Onderhoofseun
Hadassa Engelbrecht-Hoofdogter
Milla van Dyk-Onderhoofdogter
Dirkie Uys is ‘n skool van netheid, selfdissipline, integriteit en verantwoordelikheid en die Tiere leef dit dag na dag uit.