Hoërskool Dirkie Uys - VRL

Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL)

Die VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) vorm die basis van leerderleierskap in Dirkie Uys. Hulle pak jaarlikse projekte aan, soos klaskamernetheid, ken-mekaar, omgee-uitreike en die Gr.8-kamp. Ander vlakke van leierskapsontwikkeling is die Eurokamp in Duitsland, asok die ATKV-, Sondeza- en Die Burger Jeugleierseminare.

Om meer ontwikkeling van leierskap in Dirkie Uys moontlik te maak, het Dirkie Uys nie net 3 lede per graad nie, maar ‘n vergrote VRL wat soos volg saamgestel is:

Graad 8 – 3 lede
Graad 9 – 3 lede
Graad 10 – 4 lede
Graad 11 – 6 lede
Graad 12 – 8 lede

Die kern-VRL wat volgens die Skolewet, 3 per graad is, word uit die vergrote VRL verkies.

Uit die kern VRL word die voorsitter en ondervoorsitter verkies, wat die leerders verteenwoordig op die SBL (Skoolbeheerliggaam). Die voorsitter en ondervoorsitter kan uit enige graad verkies word.

Die 4 hoofleiers word uit die vergrote VRL verkies en kan dieselfde persone wees wat voorsitter en ondervoorsitter is.

Die 4 hoofleiers kan slegs uit graad 11 en 12 verkies word.

Die kern VRL bestaan uit die volgende leerders vir 2023:

Vir Graad 8

AE Groenewald
Emily Liebenberg
Armand Meintjes

Vir Graad 9

Anesce du Toit
Riaan Olckers
Lumé van Heerden

Vir Graad 10

Anli Bester
Hadassa Engelbrecht
Elle van Dyk
Gert van Schalkwyk

Vir Graad 11

Veronique Adonis
Aljorade Amon
Karli Brink
Janre Engelbrecht
Zander Truter
Surita Weideman

Vir Graad 12

Alica Bester
Walter Bester
Divan Brink
Nicola Collen
Hermann Hartung
Juan Kitshoff
Zia van Dyk
Jacolize van Niekerk

Karakterbou komitee:

Zia van Dyk (v)
Divan Brink (o/v)
Karli Brink
Anesce du Toit
Riaan Olckers

Projekte komitee:

Walter Bester (v)
Lumé van Heerden (o/v)
Anli Bester
Zander Truter

Sosiale komitee:

Hadassa Engelbrecht (v)
Gert van Schalkwyk (o/v)
Nicola Collen
Jacolize van Niekerk
Aljorade Amon

Bemarkingskomitee:

Surita Weideman (v)
Veronique Adonis (o/v)
Hermann Hartung
Janré Engelbrecht
Elle van Dyk

Boodskap van Juan Kitshoff, hoofseun:

Dit is vir my ‘n groot eer om tot hoofseun verkies te word, aangesien dit al vir jare lank ‘n droom van my is. Ek sal altyd daarna streef om ‘n navolgenswaardige voorbeeld te stel vir my mede-leerders. In hierdie termyn sal ek graag die leerders se respek en trots vir die skool wil bevorder. Dit is ‘n groot voorreg om die skool te kan dien.

Boodskap van Alica Bester, hoofdogter: 

Hierdie geleentheid is een wat ek amper as onwerklik beskou. Ek wil net dankie sê aan die persone wat my vertrou het om die taak aan te pak en ook aan die vorige hoofleiers van Hoërskool Dirkie Uys wat vir my ‘n voorbeeld gestel het deur my skoolloopbaan. Ek wil hierdie jaar ‘n voorbeeld wees in eerlikheid en wil ander leer dat opgee nie die antwoord is nie. Ek hoop om die jaar wat kom saam met HDU te groei en geleenthede te gebruik en te skep vir ander.

 

 

Juan Kitshoff-Hoofseun

Divan Brink-Onderhoofseun

Alica Bester-Hoofdogter

Zia van Dyk-Onderhoofdogter

Dirkie Uys is ‘n skool van netheid, selfdissipline, integriteit en verantwoordelikheid en die Tiere leef dit dag na dag uit.

Renica Smit