Hoërskool Dirkie Uys-Missie
Om ‘n Christelike, positiewe, veilige en gelukkige leeromgewing te skep;
- waar alle leerders sukses, waardes, vriendskap en trots sal ontwikkel;
- waar leerders die diverse talente en kulturele agtergrond van elke leerder sal respekteer;
hul volle potensiaal sal bereik; - en sal strewe om as verantwoordelike jong burgers ‘ n positiewe bydrae tot die groei en ontwikkeling van Suid-Afrika te lewer.

Die logo is ontwerp deur Karin Beukes, ‘n derdejaarstudent in Bedryfskommunikasie en Grafiese Ontwerp aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.
Die goudgeel son en horison simboliseer die oneindigheid sonder grense.
Die donkerblou driehoek simboliseer God, ons naaste en onsself en die Christelike grondslag waarop ons skool en onderwys berus.
Die groter en kleiner figure in skakerings van blou dui op die leerder en opvoeder, asook die leerder en ouer.
Die hande van die figure strek uit na die toekoms en moontlikhede sonder grense wat ons visie treffend uitbeeld.
Raak deel van Dirkie Uys
Waar leerders sukses, waardes, vriendskap en trots ontwikkel.