Hoërskool Dirkie Uys - Sport

Netbal

Dirkie Uys Netbal

Ons speel met 10 spanne teen skole in die Weskus en omliggende streke. 

Mev. Annemarie Bester rig die 0/19- en 0/16-A spanne af. Ons het 5 entoesiastiese afrigters met jare se ondervinding. Ons 0/19A en 0/16A-spanne woon gedurende die April vakansie afrigtingsklinieke by. 

Ons was vanjaar in Mosselbaai by die Arthur Johnson week.  Ons netbal het in 2006,  2010 en 2019 oorsee getoer.  Ons was ook in 2018 met ons netbalspanne na Sun City vir ‘n afrigtingskursus by Dorette Badenhorst. 

Ons neem elke jaar aan die Topskole kompetisie deel.  Ons 0/19-span was gedurende 2022 die Topskole Weskus wenners en het tot in die semi-finaal gevorder by die Wes-Kaap kompetisie.  Ons het ook in 2022, 2 Wes-Kaap netbalspelers,  Nienke Smit en Michran Braaf en ‘n onderwyseres wat as spanbestuurder vir die 0/15 Wes-Kaap span geselekteer was, mev. Elré Schoeman. 

Ons het verder ook 11 Weskusspelers en 3 onderwysers wat aan die Interdistrikstoernooi deelgeneem het.   

Ons bied elke jaar die Weskusproewe en die Wes-Kaap oefenkamp op Moorreesburg aan.  Ons neem jaarliks deel aan die Brackenfell- en Bellville toernooie.  Ons leerders wat wil, kry die kans om by die skool die skeidsregterseksamen te skryf. 

Ons poog om so veel as moontlik wedstryde te speel en om ‘n liefde vir netbal en vir oefen by die spelers te kweek.  Netbal is ons passie.

Krieket

Gholf

Hokkie

Rugby

Swem

Atletiek

Netbal

Tennis

Skaak