Hoërskool Dirkie Uys - Beheerliggaam

Dirkie Uys is bevoorreg om oor ouers te beskik met uiteenlopende ervaring en kundigheid, wat hulle graag met die skool deel! Saam met die skoolbestuur verseker die beheerliggaam die daarstelling van kwaliteit onderrig- en vormingsgeleenthede tot voordeel van elke Tier. Hul hou die Skoolhoof, wat verantwoordelik is vir die daaglikse bestuur van die skool, aanspreeklik vir:

  • Akademiese resultate,
  • leerders se welstand en die
  • deurlopende prestasiebestuur van onderwyspersoneel

Die beheerliggaam besluit op die skool se strategie, doelwitte en beleide en moet ook ‘n duidelike visie en etos bepaal. Verder het die beheerliggaam ‘n finansiële toesigrol om te verseker dat die skool se fondse toepaslik aangewend word.

Die skool se beheerliggaam bestaan uit die volgende lede:
 

  • Mnr. Hein Gunter-Skoolhoof
  • Mnr. Corné Rust- Voorsitter
  • Mev. Madelene Coetzee-Personeelverteenwoordiger
  • Mev. Annemarie Bester-Personeelverteenwoordiger
  • Mnr. Erich Hartung-Geboue en Infrastruktuur
  • Mnr. Gert van Schalkwyk-Sport
  • Mev. Helena Bester-Huis Môrelig
  • Mnr. Jurie van Dyk – Regsadvies
  • Mev. Lizaan Kemp -Tesourier / Finansies
  • Mev. Lizel Visser – Bemarking & Fondsinsamelings
  • Mev. Philna Visser- Sekretaresse en nie-KS verteenwoordiger
  • Me. Alica Bester- Leerderverteenwoordiger
  • Mnr. Juan Kitshoff- Leerderverteenwoordiger

Die klein skool met die GROOT hart, Hoërskool Dirkie Uys is ‘n skool vol gees, trots, waardes en kameraadskap.

Christiaan Bester