Hoërskool Dirkie Uys - Sport

Tennis

Dirkie Uys Tennis

Ons tennisspelers hou van toer. Ons neem elke jaar aan die Agnes Pauw-, Bredasdorp senior-, Gerrie Berner- en Bredasdorp 0.15- toernooie deel.

Verder toer ons elke jaar in Maart na Sun City vir die Menlo Mixit toernooi. Hierdie toernooi is ‘n absolute hoogtepunt. Hier speel ons teen spanne van ander provinsies. Ons toer ook in Oktober met al ons spelers na ander gebiede in die Wes-Kaap. Ons speel in die Weskus-liga met 2 seuns en 2 meisiespanne.

Ons het in 2022, 5 Boland tennisspelers, Hermann Hartung, Alica Bester, Gert van Schalkwyk, Anesce du Toit en Franco Rust opgelewer. Verder het ons ook 16 spelers wat Weskus verteenwoordig het by die Boland Platteland toernooi. Ons het ‘n ongelooflike gees en positiewe gesindheid onder ons tennisspelers en ouers.

Ons hou van sterk kompetisie, maar lê ook baie klem daarop om die tennis te geniet en om soms net te speel omdat dit lekker is. Ons afrigters is  Mnr. Albert van Zyl en Mev. Annemarie Bester.

Krieket

Gholf

Hokkie

Rugby

Swem

Atletiek

Netbal

Tennis

Skaak