Hoërskool Dirkie Uys - Sport

Swem

Dirkie Uys Swem

Afrigting vind by die munisipale swembad plaas. Die swembad is toegerus met spreiligte, wat swemoefeninge makliker maak.

Swem word deur me. Kayla Hobson afgerig. Leerders van Gr.8 tot 12 woon gereeld oefeninge by waar ons aan hulle uithouvermoë en aan die verskeie slae se tegniek werk en die swemmers kry blootstelling deur deel te neem aan verskeie galas.

Privaat-afrigting deur Swartland swemklub gee vir ons swemmers die geleentheid om as deel van die klub aan verskeie addisionele galas in die streek en die Wes-Kaap deel te neem. In die verlede het die skool gereeld swemmers opgelewer wat op provinsiale vlak deelgeneem het.

Vanjaar se swemmers toon groot potensiaal.

Krieket

Gholf

Hokkie

Rugby

Swem

Atletiek

Netbal

Tennis

Skaak